Saturday, August 30, 2008

TEMA 5: Ge- “shape” vir diens. Klein Groep

Deeltyd.
Deel met mekaar ‘n “wow” geleentheid waarin jy God beleef het.

Lofprystyd.
Loof die Here oor die feit dat jy nou hier kan wees.

Bespreek die stelling: Diens aan die ander, is diens aan God.

Dit is wat die Bybel ons leer. Ons kan daarom nie sê: ek gaan nie die ander dien nie, want dan sê ek eintlik ook: ek wil God nie dien nie.

Skriftyd.

Lees Ef 2: 10. (Kyk na die konteks waarbinne die teks staan.)

· Wat hoor jy as Paulus skryf: “God het ons gemaak wat ons nou is: In Christus het Hy ons geskep…”
Praat oor die betekenis dat God jou geskep het.
Watter gedagtes kom hieroor by jou op?

Oop vraag. Beklemtoon dat elkeen uniek geskep is, niemand soos jy, een is nie belangriker as die ander een, kroon van die skepping (Ps 8), ons is vir God kosbaar, daarom stuur Hy sy Seun vir ons.

· God het jou geskep met ‘n spesifieke “shape”. Dink oor jou “shape”.

Elkeen het ‘n unieke “shape” soos wat God bepaal het. Een “shape” is nie belangriker as ‘n ander “shape” nie. Bevestig mekaar se “shape” deur vir die ander een te sê wat jy raaksien wat God vir hom/haar gegee het.
Nota: Indien daar tyd is, kan julle na die preek se kort samevatting kyk oor waaruit bestaan “SHAPE”.

· Paulus sê: God het ons geskep vir ‘n bepaalde doel: “om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Wat is hierdie goeie dade?
Oop vraag. Dit is enige iets wat ek aan ‘n ander doen om daarmee Jesus se liefde op ‘n tasbare wyse te leef. Ons kan ook praat van bediening. Bediening is om jou “shape” te gebruik om iemand anders in die Naam van die Here te dien. Wanneer jy jou Godgegewe “shape” gebruik vir diens vervul jy jou roeping.
Hierdie dien, bediening vra iets: die liefde wat Christus vir my het, moet in my daaglikse lewe hande en voete kry.

· Aan wie word hierdie goeie dade gedoen? Lees Matt 25: 37 – 40 om julle hiermee te help. Wees prakties in julle dink hieroor.

Hierdie dien mekaar is so belangrik dat Jesus sê: vir sover jy dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het jy dit aan my gedoen…
Wie is hierdie broers? Die vreemdelinge, die sonder klere, die siekes, die wat honger en dors is, in die tronk.
God wil jou gebruik op ‘n spesifieke plek. Daar waar jy elke dag is: (Voorbeelde, brie uit)
Werkplek: of jy baas of klaas is. Begin jou werkers bedien. Nie soseer met geld nie. Bless hulle met die liefdesgawes van Jesus.
Koopplek: Bedien die kassier met ‘n vriendelike groet op sy/haar naam. Dankie aan die skoonmaker in die mall of gym sodat jy in skoon omgewing kan wees.

Uitdaging: Neem ‘n besluit oor waar jy die week jou “shape” gaan gebruik tot voordeel van iemand anders. Dink spesifiek aan iemand wat nie naby aan jou is nie of met wie jy nie ‘n goeie verhouding het nie.
God wil julle as groep gebruik: As julle nog nie as groep betrokke is nie, begin dink aan moontlikhede. Doen dit in gebed.

Bidtyd.
Dank die Here vir jou unieke “shape”. Stel jou “shape” tot beskiking vir diens aan God. Vra die Heilige Gees om jou sensitief te maak om die diensplekke waar God jou wil gebruik, raak te sien.

Vrede vir jou,
Rikus.

No comments: