Wednesday, August 20, 2008

Dag 17: " A place to belong".

Dag 17: “A place to belong”

19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. 20Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. 21In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ’n heilige tempel vir die Here, 22in wie julle ook saam opgebou word as ’n geestelike huis waarin God woon.
Eff 2:19-22.

Die Bybel in praktyk verklaar die stuk as volg:
2:19–22 Die eenheid van die nuwe mensheid. Met verskillende beelde beklemtoon Paulus dat die nuwe mensheid ’n eenheid is: almal is burgers, almal is lede van die huisgesin, almal maak saam die geestelike huis uit waarin God woon. Gelowiges moet dus besef dat daar nie so iets soos eersteklas en tweedeklas Christene is nie. Alle gelowiges is gelyk, en hulle vorm ’n eenheid soos wat ’n gebou ’n eenheid is.
2:20–21 Ons heg dikwels te veel waarde aan ’n kerkgebou, amper asof dit die “huis van God” is. Die gelowiges is die huis van God, en die gebou is maar net hulle vergaderplek. As ons die vergaderplek ’n mooi plek wil maak, moet ons des te meer moeite daaraan bestee om die “huis van God” (die gelowiges) ’n besondere eenheid en ’n sieraad vir die oog te laat wees. Dit doen ons as ons so leef dat dit duidelik is dat die Here in ons leef.

As lede van God se gesin is elke lid se eie gawes nodig om optimaal te werk:
4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Rom 12:4-5.

12:4–5 Paulus gebruik die menslike liggaam as beeld om vir sy lesers te verduidelik hoe Christene saam moet leef en werk. Die verskillende lede van die liggaam het verskillende funksies, en die liggaam werk net reg as elke lid sy eie funksie goed verrig (vgl 1 Kor 12:12–31; Ef 4:1-16). Bybel in Praktyk.

Hoekom het ons ‘n kerkfamilie nodig:

Dit bewys dat ons ware gelowig is

Die kerkfamilie red ons om selfgesentreerd te wees
16Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie—hoe kan die liefde van God in hom wees? 1 Joh 3:16-17
Die kerkfamilie help ons om ons geestelike spiere te bou
Die kerkfamielie het ons bydrae ook nodig
7Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal 1 Kor 12:7

Die kerkfamielie gee ons ‘n anker plek

As ‘n gesin kan ons God se woord en daad aan die wereld uitdra.
10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Eff 2:10

No comments: