Friday, August 15, 2008

Dag 13 : Aanbidding wat God behaag

30Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Markus 12:30

Soos Ds. Rikus se preek gely het, God verwag van ons 100% toewyding. Kyk ons na Mark. 12:30, hele hart, siel en verstand, 100% commitment, soos die vark om Bacon te gee en nie soos die hoender om eiers te gee vir die ontbyt.

Wat sou die kenmerke van die tipe aanbidding wees, sodat God glimlag:

Ons aanbidding moet akkuraat wees:
23Maar daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. Joh 13:2.

Die bybel inpraktyk verduidelik die stukkie as volg: Mense wat die nuwe lewe ontvang het, aanbid die Vader deur die Gees en in waarheid. ’n Geloofskeuse vir Christus beteken dat iemand se aanbidding van God deur die Heilige Gees gerig word.

Ons aanbidding moet opreg wees:
....Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” 1 Sam 16:7. As ons die vers saamlees met Mark 12:30, vra God van ons opregtheid, ons woorde, werke en gedagtes moet die selfde storielyn hê.

Ons aanbidding moet ook inlyn wees met die mens wat ek is, met my unieke gawes en voorkeure, daardeur kan ek God opreg aanbid.

Ons aanbidding moet nadenkend wees:
Aanbid ek God in ‘n rituel, wat gaan om my gewete te paai, of dink ek na oor my aanbidding tot God.

Ons aabidding moet prakties wees:
En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Rom 12:1

Ons het gesê ons aanbid God in alles wat ons doen, so hoe prakties leef ek dit uit?

Hiermee skakel na die lied van Matt Redman, op Youtube, luister gerus: http://www.youtube.com/watch?v=Tq62ggQKYJY

No comments: