Sunday, October 5, 2008

WOESTYN - GROEP

Deeltyd.
Deel met mekaar die lief en leed van die afgelope week.

Bidtyd.
Loof die Here vir sy ongelooflike liefde vir ons.

Watter beeld kom by jou op as jy die woord woestyn hoor?
Inligting oor woestyne: Droogste woestyn is Atacama woestyn in Chilli: 400 jr laas gereën, Gemiddelde reënval is 0,5 mm per jaar. Warmste woestyn is Daliol woestyn in Ethiopië met ‘n gemiddelde temperatuur van 34,4°C. Grootste woestyn is Antartika 14 miljoen km2. (Ja, ‘n mens kry ook koue woestyne!) Sahara woestyn is grootste warm woestyn met ‘n oppervlakte van 8,6 miljoen km2. Kalahari is 580 000 km2.
Woestyne het eie bekoring, moeilike leefomstandighede.

Lees Eksodus 16.
Voor skriflesing: 10 Plae is verby, Paasfees ingestel (Eks 12), Israeliete het met ‘n ompad weggetrek (Eks 13), Besondere redding by Rietsee (Eks 14), Bitter water by Mara het soet geword (Eks 15),

Wat was die volk se reaksie in die woestyn? (Eks 16: 4)
Een van verset. Hierdie verset is eintlik teen die Here.

Wat is die Here se reaksie op die volk se opstandigheid? (Eks 16: 11 – 12)
Hy voorsien in hulle behoeftes.

Die Here gee bepaalde voorskrifte oor die gebruik van die manna. Kyk Eks 16:19, 22 – 24. Wat maak die volk met die voorskrifte?
Hulle luister nie. Hulle is ongehoorsaam. Ek sien hier iets van ons eie lewenswyse: ons wil voorsorg tref deur ongelooflik hard en lang ure te werk. Wat het van ons vertroue in God se almag geword?

In Eks 16: 35 lees ons dat die Israeliete 40 jaar lank manna geëet het. Wat leer ons hieruit van God?
Die Here sorg op sy eie tyd op ongelooflike maniere betyds aan die behoeftes van sy volk. Elke dag doen Hy dit. Hulle hoef nie daaroor te wonder nie.

Die woestyn-tyd van die Israeliete leer ons dat God nie moed opgee met sy volk ten spyte van hulle ongehoorsaamheid. Die Here sorg op sy eie tyd op ongelooflike maniere betyds aan die behoeftes van sy volk.

Loof die Here vir Sy versorging in jou lewe.

WOESTYN - PREEK 5 OKTOBER 2008

Skriflesing: Eks 16.

Vooraf:
Eks 5 & 6 vertel van Moses en Aaron se 1ste besoek aan die Farao en die ongelukkige verloop daarvan.
Eks 7 – 11 vertel van die 10 plae.
Eks 12 & 13 vertel van Instelling van paasfees. Bevryding: ‘n God wat die onmoontlike doen. Wegtrek met ompad.
Besondere redding by die rietsee. Finaal aan Israel en Egiptenare toon: Die Here is die Almagtige wat wonders , die onmoontlike kan doen.
Volk se terugverlang in die woestyn: die bitter water word soet.

Lees Eks 16.

Woestyne: dorre landstreek met laë reënval en hoë dagtemperature. Kry ook koue woestyne: Antartika.
Droogste: Atacama wostyn in Chilli Gem 0,5 mm per jaar. 400 jaar laas gereën.
Warmste: Daliol in Ethiopië
Grootste: Sahara. 8,6 milj km2. 20 – 100mm reen.
Kalahari: 580 000 km2.

Woestyne het besondere bekoring,
Nie maklike plek om te lewe.

Sahara: 1 dag sonder water, koelte. Kos. Temp @ aand 46°C.
2 - 3,5 l water verloor.
Gaan vroegaand sterf.





In Bybel lees ons dat woestyne: letterlik en figuurlik deel van gelowiges se lewe saam met God is.

In ons teks: Israel in die woestyn. 40 jr daar rondswerf voor hulle beloofde land binnegaan.
Woestyntyd vir Israel was nie maklik nie. Luister na hulle reaksie in Eks 16: 2 - 3:
2. In die woestyn het die hele volk hulle teenoor Moses en Aäron begin verset
3. en gesê: "As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hê om te eet! Nou het julle ons laat wegtrek tot in hierdie woestyn om die hele volk van honger te laat omkom."

1 Tyd van skaarste.
te min kos, water
dae lank: min of selfs niks om tee et, te drink.
Skaarste aan lewensmiddele maak dat mens sê: in woestyn leef jy nie, jy oorleef bloot.

2 Bewuswording van Broosheid / afhanklikheid.

Broosheid: sekerhede en waarborge is tot die min beperk.
Onsekerheid tap jou kragte, emosionele uitmergelend.
Afhanklikheid: Herontdekking van jou afhanklikheid van
ander
natuur
omstandighede.
En natuurlik van God.

3 Woestyntyd = wipplanklewe.

Gedurige wisseling tussen hoop en wanhoop.
Situasie ontwikkle: word slegter en slegter, later kritiek, God gee uitkoms.
Verlig en dankbaar word die uitkoms gevier. In agterkop: wat is volgende?

Toepassing:
Ek en jy leef nie fisies in woestyn nie. Ons kan egter omstandighede beleef as woestyntye:
Onsekerheid van politieke situasie in land Misdaad: verkragting, gewapende roof, moord maak ons opstandig.
Kerk se geprekke rondom kerkeenheid: moedeloosheid, verslaentheid.




Wat NB is: ons kan ons verenselwig met Israel se woestyn belewenisse. Woestyne is leertyd.

1 Woestyn = plek van versorging.
Woetyn is nie net plek van dors nie: Plek waar God in sy almag:
bitter water soet maak.
Geen water water uit rots laat kom.
Woetyn is nie net plek van hongersnood nie: Plek van manna en kwartels.
Vir 40 jr sou Israel nooit hoef te wonder; waar gaan hulle more kos kry nie. God sorg:

Eks 16: 4. Toe het die Here vir Moses gesê: "Let nou mooi op. Ek sal elke keer vir julle kos uit die hemel laat reën. Dan moet die volk elke dag gaan en die dag se voorraad optel. So sal Ek toets of hulle my opdrag wil nakom of nie.
5. As hulle op die sesde dag voorberei wat hulle ingebring het, moet dit dubbel soveel wees as wat hulle elke dag optel."

Wonder van woestyntyd is dat die Here
op sy tyd,
op ongelooflike maniere
betyds aan sy volk voorsien.

2. Woestyn is plek van ontdekking.
Israel leer om dinge op nuwe manier te sien en te waardeer.
Woestyntyd is om ons oë weer oop te maak om die gewone dinge in die lewe te waardeer.
Wanneer laas was jy bly oor jou gesondheid?
Bord kos wat jy het om te eet.
Kraan oopdraai: water?
Heel beste van woestyn: so het Israel ontdek was God.
Nie net hulle self beter leer ken: in die besonder vir God op nuwe manier leer ken.
Besondere manier herontdek: God beweer nie net dat hy die onmootlike kan doen nie. In die woestyn het hulle Hom die onmootlike sien doen.

Toepassing:
Dieselfde God wat ons hier van lees, is ook ons God.
In die woestyntye van jou lewe: onthou: God is daar. Die God wat die onmootlike kan doen is by jou.
Hy versorg jou. Eks 16:35 Die Israeliete het veertig jaar lank manna geëet; hulle het dit geëet totdat hulle bewoonde gebied bereik het, tot hulle by die grens van Kanaän gekom het.





Hy dra jou. Jes 40: 11 Soos ‘n Herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.

Hy trek jou nog nader na Hom toe. On sweet dat God alles ten geode laat meewerk vir die wat Hom liefhet. Rom 8:28.

Jou en my eie lewe bevestig dit.


Hy is ‘n God wat nog kanse gee: Oor die manna was die volgende voorskrifte gegee:
Eks 16: 19. Moses het toe vir hulle gesê: "Niemand mag iets daarvan laat oorskiet tot môre oggend nie."
Wat maak party? Los oor vir die volgende môre.
Oor die Sabbat: Dag voor dit: dubbeld optel en klaar voorberei. Dit het nie sleg geword nie. Tog was daar weer van die Israeliete wat op die Sabbat uit gegaan het om te gaan optel.

Here se reaksie: Vers 28: Die Here sê toe vir Moses: "Hoe lank gaan julle nog weier om my bevele en opdragte te gehoorsaam?
29. Ek het vir julle die sabbat gegee en daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is en niemand mag op die sewende dag sy woonplek verlaat nie."

Die wonder is: Die Here los hulle nie! So ook met ons: hoeveel maal was ons nie al ongehoorsaam aan die Here nie? En elke keer kom sê die Woord: Jou sonde, is vergewe want Jesus het aan die kruis vir jou en my ongehoorsaamheid gesterf.

Slot.
Die woestyn-tyd van die Israeliete leer ons dat God nie moed opgee met sy volk ten spyte van hulle ongehoorsaamheid. Die Here sorg op sy eie tyd op ongelooflike maniere betyds aan die behoeftes van sy volk.

Dit is vandag nog so!
Amen.

Sunday, September 21, 2008

KLEINGROEP - WIE IS EK?

NGK Fichardtkruin Kleingroepmateriaal
Week: 21 – 27 Sept 2008
“Wie is EK?”
Gesels met mekaar oor die afgelope kwartaal. Wat staan vir jou uit in dit wat die Here jou opnuut geleer het? Wat beleef jy is die Here se leiding vir a) jou eie lewe; b) jou kleingroep; en c) ons gemeente? Gee genoeg tyd vir elkeen om te deel en om ook as groep saam hieroor na te dink. Dra wat julle by mekaar en by die Here hoor, in gebed op.
Lees Markus 8:27-9:1
· Gesels ‘n eerste rondte met mekaar oor “wie is Jesus vir my?” Luister na mekaar en probeer verbande sien tussen wat elkeen sê.
Die doel van ié gesprek is aan die een kant om net verwonderd te wees en dit te vier dat die Here Homself op verskeie maniere (met in ag neming v elkeen se eie persoonlikheid en omstandighede) aan mense openbaar. Aan die ander kant is dit belangrik om ‘n goue lyn raak te sien dat Jesus vir mense ‘n werklikheid is!
Uit die teksgedeelte is dit duidelik dat dit hier nie net gaan oor “wie is Jesus” nie, maar ook oor WIE IS EK. Dit lyk vir my dat jou Christologie (hoe jy oor Jesus dink) verraai jou antropologie (hoe jy oor mense dink – in besonder jouself). Sien jy Jesus hoofsaaklik net as die verhewe triomfantelik heerser, gaan jy ook verwag om as Christen ‘triomfantelik te lewe’ (vgl Petrus raas met Jesus, v 31-32). Sien jy Jesus hoofsaaklik na sy mensheid (vgl v 28), kan jy maklik in ‘n hopeloosheid verval.
· Kyk gou na Heb 1 & 2 waar beide Jesus se goddelikheid en menslikheid ter sprake is. Hoe balanseer Heb 2:1-4 dit?
Merk net op dat in Heb 1:1-14 Jesus se goddelikheid beklemtoon word deur te sê dat Hy meer is as die engele. In Heb 2:5-18 word Jesus se menslikheid weer beklemtoon deur te onderstreep dat Hy (2:9) vir ‘n klein tydjie ‘n bietjie minder as die engele gemaak is. Heb 2:1-4 hou die balans tussen dié twee dele deur te beklemtoon a) hou vas aan wat jy geleer het oor Jesus (sy goddelikheid en menslikheid), en b) hou vas aan dit wat jy v Hom beleef het – “tekens en wonders” (d.i. Hy as ‘n werklikheid – sy goddelikheid en menslikheid) in jou lewe.
· Wat sê dit vir jou? Hoe moet jy die balans tref tussen a) die feit dat jy in Jesus die opgestane oorwinnaar is, en b) dat jy soos Jesus ‘n ‘lydende kneg’ moet wees?
Ek reken om by die oorwinning vd leë graf (en dus die opstanding v Jesus) en die krag vd nuwe lewe In Christus (deur die werking vd Heilige Gees) uit te kom, moet jy eers deur die kruis gaan. M.a.w., jy moet eers verstaan wat dit beteken om daagliks aan jouself te sterf, deur “die wêreld” verwerp te word, ontuis in “die wêreld” te voel, en ander te dien ten spyte daarvan dat ek nie selfs nie erken word nie, voor jy regtig kan smag na die volheid wat Christus belowe het – vir die lewe wat kom, maar ook vir hiérdié lewe nou. 9:2 dui vir my in dié rigting: die koninkryk v God kom met krag daar waar ek en jy tsv alles wat stukkend, seer en nie reg is nie, en te midde van dit alles met hoop en verwagting leef – ons geestesoë gevestig op Jesus! (vgl Heb 12:1-3).
· In die lig van die vorige opmerking, wat sal dit vandag prakties vir my en jou beteken om (v 34) onsself te verloën, ons kruis op te neem, en Hom te volg?
Raak hier baie prakties. Dink altyd met die antwoord van só ‘n vraag eerste n.a.v Hd 1:8 (se Jerusalem, Judea, Samaria, tot die uiterstes vd wêreld) aan jou onmiddellike kring – d.i. jou huis en familie. Dink dan verder wat hoe jy dit sal doen in jou daaglikse beroep, jou deelwees v SA en ook jou plek as persoon op hierdie planeet. Luister lekker na mekaar ruil idees en insigte uit. HIER MOET DIE WOORD PRAKTIES WORD EN IETS WAT EK KAN GAAN DOEN – ANDERS HELP DIT NIKS…
Sluit af met gebed en vra die Here om jou te help om Jesus waarlik te volg, nie net in sy oorwinning oor die dood en die graf nie, maar ook in die volle implikasies van kruisdra.

PREEK : 21/09/2008 : WIE IS EK?

“Wie is EK?”
Markus 8:27-9:2

INTRO
** Een vd lekker goed in my bediening hier – om te vra in byna elke persoonlike gesprek (of dit nou doopkategese, huwelikskategese, krisis hantering, reg maak vir belydenisaflegging, ens): Wie is Jesus vir jou?...
En dan is dit lekker om te luister / te hoor – uiteenlopende antwoorde / invalshoeke van mense. Maar die EEN DING waarvoor ek elke keer geluister het en gesoek het, was ‘n teken dat Jesus ‘n werklikheid in jou lewe moet wees! (“real”)… Dat – maak nie saak hoeveel leemtes en eensydige verstaan daar dalk v Jesus is nie – dit gaan daaroor dat ‘n lewende persoonlike verhouding met Hom het!
TEKS – Jesus al ‘n hele tyd saam met sy dissipels – Hulle het ook ‘n persoonlike verhouding met Hom gehad. Hulle het tot op hierdie stadium al heelwat saam beleef en ervaar –positiewe & negatiewe ervarings [vgl 8:21, Verstaan julle dan nog nie?]
En nou vra Jesus hulle – al kom hulle al so lang pad saam - Wie sê julle is Ek?... Want dit gaan om veel meer as net wat hulle van Hom verstaan en glo… Dit gaan ook ten diepste wie hulle self is… want Hoe jy Jesus verstaan, bepaal hoe jy jouself verstaan!
TEMA daarom dubbelsinnig: Wie is EK? – 1) Jesus, maar ook 2) ekself…

Hoe ek oor MYSELF dink…
Baie van ons kom uit ‘n kerklike agtergrond (so geleer in kategese, huis en skool) – Ons is verlore sondaars… Ons verdien niks… Ons is eintlik op pad hel toe – SLEGS deur Jesus se genade gered, en dus geredde sondaars. Is natuurlik waar!
MAAR – die afleiding wat ons toe gemaak het en waarvlgs baie van ons geleef het en ons verhouding met die Here hanteer: Ons is NIKS… Ons beteken NIKS… God het eintlik regtig geen rede om ons enigsins lief te hê nie… daar is NIKS in ons wat dit regverdig nie… En dan moet ons eintlik maar met geboë hoofde en krom ruê sonder glimlag en swaarmoedig deur hierdie lewe gaan…
Maar dit is natuurlik nie waar nie! Kyk maar na die gedeeltes in die Bybel oor God se liefde vir ons as mense – na die oorwinning in Xtus wat ons s’n is!... Die krag vd HG in ons lewens! Genadiglik het baie gelowiges DIT begryp en lewe opgewonde lewens!
Ongelukkig het die pendulum nou na ander kant toe oor geswaai. Só opgeneem en meegevoer met wat ek en jy in Christus is, word die kruis en die volle betekenis daarvan ongelukkig té maklik agtertoe geskuif…
Maar DIE KRUIS – en welliswaar die leë kruis! – is dit waaroor dit gaan! Saam met Paulus wil ek uitroep: Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde (1 Kor 2:2)
Kruis – beteken lyding, smart en dood... En dis nie altyd lekker om lyding en dood besig te wees nie... Nie vir ons nie, en ook nie vir dissipels van ons TEKS nie.

Die verkeerde verstaan v Jesus
TEKS – v 31ev... staan bekend as die 1ste lydensaankondiging (daar is 3). Klaarblyklik het Jesus nou vir die 1ste keer duidelik en reguit vir sy dissipels kom sê DIT wat Hy eintlik kom doen het: lyding – verwerping – sterwe – 3 dae later opstaan...
Maar hulle wou dit nie hoor nie. Lyding en sterwe was nie vir hulle aangename begrippe nie... Dit was nie waarom hulle vir Jesus gevolg het nie! Hulle het eerder die hoop gehad dat Hy soos ‘n Dawid van ouds ‘n magtige koning in Jersusalem sou word en al Israel se vyande sou verjaag! Hoe kan Hy dan nou sê dat Hy moet gaan staan en gemartel, verwerp en doodgemaak word??!... Miskien verstaan Hyself nie so mooi nie?... En daarom vat Petrus Hom opsy om “Hom reg te help”... net weer te fokus... Hom net weer te help om die regte perspektief te kry... om die “ware missie en doelwitte” te verstaan... Die verkeerde verstaan van Jesus...
Dis nou vir my en jou maklik om ons koppe vir Petrus te skud... “Ai ai, Petrus...”. Maar Petrus as leier vd dissipels tree eintlik namens hulle almal op.. Nie net namens hulle nie – hy staan ook as simbool / as tipe vd volgelinge van die Here Jesus deur alle eeu heen... Dis ook ek en jy wat baie keer (onbewustelik?) as’t ware vir Jesus wil “reghelp”...
Here, jy moet nou hierdie gemors in my lewe kom uitsorteer [maak nie saak dat ek en jy dit self veroorsaak het nie...]...Here, verander bietjie dinge in ons land, in ons wêreld... Here, vat die misdadigers en skelms vas! Dryf hulle uit! Vernietig hulle! Maak dat ons weer in vrede en gemak en veiligheid kan lewe! - soos ons gewoond was in “die goeie ou dae”... Here, laat ons ryk, gesond en suksesvol wees!...
Hoe dan nou? Hoekom doen U dit nie?... Dit moet mos!?...
Dis opvallend dat die dissipels net soos ons met dieselfde goed geworstel het. By beide Jesus se 2de en 3de lydensaankondigings (vgl Mk 9:30ev met 33-37 & Mk 10:32ev met 35-45) stoei hulle steeds met hulle verstaan van Jesus... Steeds is dit hulle wat eer en heerlikheid en mag en sukses wil hê as volgelinge van Jesus... Die kruis en lyding en dood staan hulle nie aan nie...
Ja, hulle het al die regte goed gesê. Hulle het bely dat Jesus die MESSIAS (die Hebreeuse woord vir “gesalfde” wat ons ook as ‘Christus’ – Grieks – ken). En dis reg! Maar dis een ding om iets te bely. Dis ‘n ander ding om dit wat jy bely só te glo, dat jy dit lewe.
[** Dink maar aan die bekende Apostoliese Geloofsbelydenis waarmee ons vanoggend se dien begin het. Ons glo dit! Maar leef ons dit?...]
Teenoor die algemene mening dat Jesus net ‘n besonderse profeet wees (v 28), bely die dissipels (en dus die kerk) dat Jesus die MESSIAS / die CHRISTUS is! – en dus die Seun van God wat sy lewe moes kom gee vir ‘n sondige wêreld! Maar in praktyk soek ons ook eintlik maar niks meer as ‘n besonderse begaafde mens wat vir ons voorspoed en veiligheid en sukses sal gee nie... En Jesus sê NEE!... Wyk van My Satan!
Hoor jy die geweldige sterk woorde? – “satan” = teenstander... Hoor jy hoe onverbiddelik Jesus daaroor is?... Hoor jy hoe Hy sonder om te skroom vir sy dissipels en dus ook vir my en jou – sy volgelinge, sy geliefdes, sy eie Kerk wat Hy ten duurste met sy kosbare bloed gekoop het, sê: NEE! Moenie My teenstaan nie!...
Om aan Jesus te behoort / om sy volgeling (dissipel, kerk) te wees, gaan daaroor om v 34, jouself te verloën, jou kruis op te neem, en Hom te volg. Of soos Die Boodskap vertaling dit stel: Dit is soos om jou eie kruis na jou dood toe te dra as Ek [Jesus] dit van jou vra. Dit is soos om jou eie doodsvonnis te teken.
Dit gaan oor KRUISDRA...
Kruisdra
En KRUISDRA is defenitief nie die alg siening as sou ons “kruise” die ongerief, kwale of alledaagse krisisse (hoe swaar en moeilik ookal) van elk dag wees nie. Nee, KRUISDRA is swaarkry en verwerping ter wille van Christus.
En daarmee word nou nie bedoel ‘n soort sadistiese masochisme nie – waar mens doelbewus daarna soek en jy jou genot put om swartgallig en onplesierig in hierdie wêreld te wees nie. Die klem moet dus nie val op lyding nie, maar op die totaal radiale committed gehoorsaamheid en navolging van Jesus. Dit is KRUISDRA.
Jy sien, Jesus het – ofskoon Hy as die 2de Persoon in die goddelike Drie-enigheid – al die eer en heerlikheid en aanbidding waardig is, Hom in die woorde van Filp 2:7 Homself kom verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem – lett: “Homself van Homself kom leegmaak” – en mense kom dien. Met onvoorwaardelike liefde en compassion, in sy eie weerloosheid, het Jesus uitgereik na alle mense... ongeag wie en wat hulle was. Selfs al verwerp hulle Hom. Selfs al gee hulle Hom geen erkening of aanmoediging nie – gooi wat Hy doen en sê in sy gesig terug. Selfs al bespot en martel hulle Hom, het sy liefde en omgee nooit opgehou nie. [Vgl Luk 23:34 toe Hy daar sterwend aan die kruis hang, Vader, vergeef hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie...]
Hoe meer ek en jy besef dat DIT is WIE en WAT Jesus is, hoe beter sal ons ook vorder op hiérdié pad om dié kruis op te neem en Hom hiérin te volg.
Dit beteken dat ek en jy ook soos Jesus onsself daagliks van ons self – ons eie voorveronderstellinge / behoeftes na gemak en emosionele veiligheid.. behoeftes na ‘geestelike sukses’ en dit wat ons wil hê... hoe ons wil hê die lewe en ons lewe moet uitwerk... Ons moet ons deur sy genade en die krag van die Heilige Gees in ons, daarvan losmaak / leegmaak. Ons sal onsself daagliks moet gaan vra dat die Here vir ons geleenthede moet wys waar ons in ons eie swakheid en kwesbaarheid spreekwoordelik “ander se voete kan gaan was” – selfs sonder enige erkening of positiewe reaksie... selfs al word dit in ons gesigte teruggegooi... Met Jesus het hulle net só gemaak. Dit is KRUISDRA. Dit is wat dit beteken om Jesus regtig te volg en sy kerk te wees!
En ofskoon dit verskriklik swaar en erg lyk en kan wees, het dit die allerbeste waarde omdat dit my werklik vry maak en my in ‘n persoonlik verhouding aan Jesus Christus verbind! Dan is die “koninkryk van God” – daar waar Hy regeer en heers, nie net besig om in my en jou wêreld te midde van smart en sonde te kom nie, maar om ook IN ONS waar te word!

SLOT
Die Here kom vra vanoggend vir my en jou: Wie is EK?... 1) Gaan oor WIE en WAT Jesus vir jou is... Maar dis ook ‘n vraag wat ek en jy vir onsself moet vra: Wie is ek?.. Wie is ek as volgeling van Jesus?...
Kom ons antwoord Hom saam met die volgende verbintenis:
Here, U is die Een wat U bestaan op Godgelyke wyse nie beskou het as iets waaraan U Uself moes vasklem nie.
Here, het Uself kom leegmaak van Uself om in U weerloosheid sondige mense soos ek te kom DIEN, en ons van onsself te bevry!
Sodat in u Naam elkeen wat in die hemel en op die aarde is, die knie sal buig, en elke tong sal erken: U is die Here!
Here, deur u krag en deur u genade wil ek U kom eer en aanbid.
Maar Here, ek wil daagliks ook myself verloën, u kruis opneem, en U in weerloosheid volg deur te DIEN - maak nie saak wat dit my kos nie.
Want Here, ek is U s’n, en u koninkryk is besig om met krag in my aan te breek!
Amen.

Saturday, September 13, 2008

40 DAE : WAT 'n FEES : KLEINGROEP

Tema: 40 dae: wat ‘n fees!

Deeltyd.
Deel met mekaar die vreugde wat jy tydens vanoggend se erediens beleef het.

Lofprystyd.
Loof die Here vir dit wat jy beleef het.

Terugdinktyd.
Deel met mekaar wat die afgelope 40 dae in die temas vir jou uitgestaan het:

Wat op aarde doen ek hier? Kol 1: 16
Ek laat God glimlag!

Aanbidding.
“…Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is…” Rom 12:1
Ek is deel van God se gesin.

As gesinslede gee ons vir mekaar om.
“Julle is nie meer ver van God af nie, maar… lede van die huisgesin van God.” Ef 2:19
Ek word soos Christus!
Groei in verhouding na geestelike volwassenheid.
“…Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe…” 2 Kor 3:18
Ek is ge”shape” vir diens.
Dien mekaar.
“In Christus het God ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het”. Ef 2:10
God stuur my!

Vertel van God.
“…ek het my aan almal diensbaar gestel om soveel as moontlik mense vir Christus te wen.” 1 Kor 9:19
Getuienistyd.
Wat het die 40 dae vir jou beteken?

Danktyd.
Dank die Here vir dit wat Hy in mense se lewens / jou eie lewe gedoen het.

Thursday, September 11, 2008

Dag 40 : Leef met ‘n doel

36En volgens die besluit van God het Dawid tog gesterwe nadat hy die mense van sy tyd gedien het. Hy is by sy voorvaders begrawe, en sy liggaam het vergaan. Hand 13:36


Ons kom aan die einde van die 40 dae, ons het gekyk na die temas:
Ons laat God glimlag. Dien God.
Ons is deel van God se gesin.
Ons word soos Christus.
Ons is “Ge-Shape” vir diens.
Ons word gestuur...

God het my en jou geskep om bostaande doelwitte in ons lewe uit te leef.

Dit los my met ’n paar vrae:
Wat is die fokus punt van my lewe, het ek dit neergeskryf?
Wat gaan God in my hart sien, wat gaan die mense sien? Gaan my lewe ’n lewe van integriteit wees?
Wat gaan my oomblik vir oomblik se aksies wees, om nader aan my doel te kom?
Gaan ek stil word, om te luister wat God se plan vir my lewe is?

Wednesday, September 10, 2008

Dag 39 : Balanseer jou lewe

15Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Ef 5:15.

Volgens Rick Warren het God vyf doelstellings vir ons lewens, soos bespreek die afgelope 38 dae.
Ons laat God glimlag. Dien God.
Ons is deel van God se gesin.
Ons word soos Christus.
Ons is “Ge-Shape” vir diens.
Ons word gestuur...

Hoe hou ek my lewe is balans, om bostaande die middelpunt en fokus van my lewe te maak:
Deur goeie geestelike vriend(e), of kleingroepie.
Selfondersoek.
Skryf my geestelike ervarings neer.
Deel my kennis met ander.