Wednesday, August 20, 2008

Dag 16 : Wat die meeste saak maak

Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie,baat dit my niks. 1 Kor 13:3

Die Bybel in praktyk som die gedeelte 1 Kor 13:1-14 as volg op:
13:1–13 Paulus bewys in hoofstuk 12 dat die Korintiërs tot ’n groot mate liefdeloos is deur sogenaamde “hoër” of “beter” gawes na te streef. In hierdie hoofstuk verduidelik hy vir hulle wat ware liefde as die “grootste gawe” eintlik beteken en in hoofstuk 14 sê hy hoe die liefde prakties toegepas moet word. Die liefde is belangriker as al die geestelike gawes in die kerk. Selfs nie ’n sterk geloof of die vermoë om wonders te doen, kan waarlik vrugte afwerp as dit nie met liefde gepaard gaan nie. Die liefde in ons lewens maak dat ons dade en gawes God verheerlik. Dit is wel so dat mense verskillende gawes ontvang, maar álmal kan en moet die liefde hê. Dié liefde moet egter nie verwar word met ons alledaagse toegeneentheid of gevoel vir mekaar nie. Dit is eerder die sigbaarword van die hemel op aarde deur die werk van die Heilige Gees.

Liefde vorm vir ons die kern van menswees:

• Sonder die liefde is die lewe eintlik waardeloos:
37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” Mat 22:37-40.

Die eerste gebod verwys dat ons God met ons totale wese moet liefhê.

In die tweede gebod: Wat word bedoel met naaste? Die konkordansie vertolk dit as volg:
…according to Christ, any other man irrespective of race or religion with whom we live or whom we chance to meet.

Onder die gedeelte is daar ‘n paar vrae wat by my opkom:
• Kan ek ander liefhê as ek nie myself liefhet nie?
• Ek kan myself net liefhê as ek God se doel vir my onvoorwaardelik aanvaar?
• Hierdie liefde van my moet gegrond wees in die God se groot genade en nie my arogansie?

Die liefde hou vir EWIG:
3En nou:geloof, hoop en liefde bly,hierdie drie.En die grootste hiervan is die liefde! 1 Kor 13:3

Die Bybel in Praktyk verklaar die gedeelte as volg:
13:13 Teen die agtergrond van die sedelike verval in Korinte het die woord “liefde” ’n verwarrende term geword waaraan talle betekenisse geheg is. Mense is vandag nog verward oor dié woord. Ware Christelike liefde is seker die omvattendste menslike eienskap wat daar is. Dit het tot gevolg dat ’n mens onselfsugtige naastediens verrig; dit is dus die bewys dat jy opreg omgee. “Geloof” is die vashou aan God en vorm die fondament en kern van ons bestaan; “hoop” dui op die gelowige gesindheid en verwagting, en “liefde” op die daadwerklike optrede. As ’n mens geloof en hoop het, is jy ook toegerus om waarlik lief te hê, want dan verstaan jy hoe God liefgehad het. Die liefde beskryf trouens hoe God teenoor die mens is (1 Joh 4:8).

Die bybel verklaar verwys dat die gedeelte verwys ...” In die “volledige” toestand sal geloof, hoop en liefde bly staan...verder word verwys dat hierdie die gawes is wat die kerk moet uitleef. So en ons is die kerk.

• Ons sal volgens ons liefde beoordeel word:
40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ Mat 25:40

Die Bybel in Praktyk vertolk die gedeelte as volg:
25:40 Daar word nie dikwels oor die identiteit van die “broers” ge-praat nie. Party mense glo dat dit na die Jode verwys, ander weer dat dit na alle Christene verwys, en ander dat dit verwys na alle mense wat swaarkry. Hierdie meningsverskil herinner ’n mens aan die wetgeleerde wat by Jesus wou weet wie sy naaste is (Luk 10:29). Dit gaan nie in hierdie gelykenis oor wie hier ter sprake is nie, maar oor wat gedoen moet word; dat ons moet werk en dien waar dit ook al nodig is. Hierdie gelykenis sê dat ons almal moet liefhê en ons naaste moet dien net waar ons kan. Daardie soort liefde verheerlik God, want dit weerspieël ook ons liefde vir Hom.

As ons almal 24 uur ‘n dag het, wat bestaan uit oomblikke. Hoe gebruik ons die oomblikke om God en ons naaste liefte hê? Is al die aksies wat ons in die oomblikke neem vol liefde?

Die lewe is ‘n reis, maar ons moet doelbewis so ons oomblikke gebruik om dat ons by die regte eindbestemming uitkom!

1 comment:

Wollie said...

Ek deel net my gedagte in die verband en dink, my "broers" is die wat die wil van my Vader doen, want ons is 'n familie in Christus.

Mat 12:50 Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.

Gal 6:10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.