Thursday, August 21, 2008

Dag 18 : Ervaar die lewe saam

Ek het ander mense in my lewe nodig!!!

2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. Gal 6:2.

Ons as mense is nie bedoel om alleen deur die lewe te gaan. Soos Wilde Honde die beste jagters van alle diere is omdat hulle as ‘n span saam werk, so moet ons as ‘n span optree om Jesus te laat glimlag as deel van God se gesin.

15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Kol 3:15.

Ons kry ook die volgende versekering in God se woord dat waar ons as God se gesin veragder ons Sy teenwoordigheid sal ervaar:
20want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Mat 18:20.

Dit is egter nodig dat ons gefokus as ’n gesin in gemeenskap, as gesin met God verkeer:

Met ware gemeenskap ervaar mens egtheid:
7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 1 Joh 7-8.

Met ware gemeenskap ervaar mens gemeenskaplikheid:
12Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne. Rom 1:12

In ware gemeenskap ervaar mense meelewendheid: “Empatie”.
As gesin moet ons die volgende onthou en uitleef: “People do not mind what you know, but how much you care”.
12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Kol 3: 12-14.

In ware gemeenskap ervaar mense genade:
7En wat julle betref, het ons ’n vaste verwagting. Ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het. 2 kor 2:7

No comments: