Friday, August 15, 2008

Dag 14 : Waneer God afsydig lyk

Binne hierdie hoofstuk is daar die paradoks van ken ek God net as dit goed gaan, of ken ek dalk net vir God as die aanslae van die lewe my tuister, toets tye. Die teendeel kan wees dat my geloof verdiep in taai tye.

Maar laat ek terugkom na die dagstuk. Bennie Mostert verwys na die tye as Woestyn tye. Waneer dit voel God is nerens en ek is in ‘n vakuum, net ek en “die werêld”. Bennie Mostert vertel dat die tye was dan spesifiek in sy lewe, tye van groei / grootword in die geloof.

Hoe Job sy woestyn tye beleef en oorleef het is vir my ‘n pragtige voorbeeld, en die volgende teks beskryf dit so treffend:
21“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit.
Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”
22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.Job 1:20-21.

Wat moet ons dan doen as ons sulke tye beleef:
Ons moet God vertel hoe ons voel.
Ons moet konsentreer op wie God is en op Sy beloftes: (Kom ons kyk wat Job aan vasgehou het.)
Dat Hy liefderyk en sorgsaam is
12U het my die lewe gegee en my met liefde versorg,
met sorg het U oor my gewaak. Job 10:12
Dat Hy tot alles in staat is
2“Nou weet ek dat U tot alles in staat is
en dat U kan uitvoer wat U besluit.Job 42:2
Dat Hy my omstandighede ken
10Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.
Job 23:10
Dat Hy in beheer is
13Het iemand die aarde aan God toevertrou? Het iemand Hom
oor die hele wêreld aangestel? Job 34:13
Dat Hy ‘n plan vir my lewe het
14Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen, wat sy planne met my ook al is.
Job 23:14.
Dat Hy my sal red
25Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!
Job 19:25
Ons moet vertrou dat God sy beloftes nakom.

Ons moet onthou wat God reeds vir ons gedoen het.

No comments: