Sunday, August 10, 2008

Dag 9: Wat laat God glimlag ? Smile 2

God glimlag wanneer ons hom volledig liefhet:
6want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers. Hosea 6:6. Ons moet onthou God het ons gemaak vir ‘n doel, Hy het ons lief en wil hê ons moet hom ook liefhê.
37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Mat 22:37-39.

God glimlag wanneer ons Hom ten volle vertrou:
6As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. Hebr:11:6

11maar Hy stel prys op dié wat Hom dien,
dié wat hulle hoop vestig op sy trou. Ps.147:11

God glimlag as ons hom prys en dank: Ons geniet wat God vir ons doen, en waneer ons God prys en dank daarvoor, behaag dit Hom.
16Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar:
U het my vry gemaak. 17Ek wil U loof met ’n dankoffer,
ek wil die Naam van die Here aanroep Psalm 116:17

15Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. 16Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is. Hebr 15-16.

God glimlag as ons ons vermoëns gebruik:
15Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond.
18Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer, vir dié wat op sy mag vertrou
Psalm 37:15/18

I believe God made me for a purpose, but he also made me fast. And when I run I feel His pleasure. Eric Liddell, Olympic athlete.


Vandag los my met die volgende vrae:
Op watter tereine in my lewe kan ek God meer vertrou?
Is my liefde volmaak? Gemeet aan Mat 22:37-39
Is ek dankbaar, ook vir die klein dingetjies in my lewe?
Gebruik ek my gawes tot eer van God?
Lewe ek in alles ten volle?

2 comments:

Anonymous said...

Dis lekker om te weet dat ek God deur gewone dinge soos werk, sport of sommer net mooi verhoudinge kan dien!

Anonymous said...

Ek stem.