Sunday, August 24, 2008

Dag 22: Ek is geskep om soos Christus te word.

18Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.
2 Kor 3:18

Die Bybel in Praktyk verklaar die vers as volg:
3:17–18 Die heerlikheid wat die Gees aan die gelowige gee, is nog beter as dít wat Moses beleef het, en duur ook langer. As gevolg van dié heerlikheid van God wat deur ons as gelowiges raakgesien word nadat die Heilige Gees die sluier gelig het, word ons al hoe meer soos Christus. Dit is ’n proses wat geleidelik plaasvind (vgl Rom 8:29; Gal 4:19; Fil 3:21; 1 Joh 3:2). Hoe meer ons van sy heerlikheid sien, hoe meer sal ons soos Hy word. Dit is die werk van die Gees.

Ons is besig met ‘n lewe om God te laat glimlag, ons het ook geleer dat lewe gefokus op die ewige en om God te verheerlik in alles wat ons doen;

16Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. 17Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. 1 Kor 4:16-18.

Steven Covey verwys in sy boek “Seven Habits of highly effective People” na die volgende: All people have the following human endowmens, Self-awareness (Know what is morally right, based on universal principals), Imagination (We can be creative) and lastly a independent will.

Ek sou saamstem met bostaande, dit laat my dan met groot nederigheid, deur by die punt te kom date k God alleenlik sal kan laat glimlag en werk na ’n ewigelewe as ek myself oorgee en ’n Geesbeheerde lewe lei. ’n Pad wat strek vanaf om geestelike baba wat oortyd groei, met volharding in die geloof.

Soos ’n dag of twee bespreek is hierdie karakter werk. Dit laat my dink aan wat Louis Malherbe jare terug gesê het, dit is nie wat ek nuut leer uit die woord, maar dit wat ek moet afleer van ’n werêlse bestaan...

Die riglyne ten opsigte van die karakter werk word beskryf in:
Die saligsprekings van Jesus; Mat 5:1-12 (Baie goeie opsomming in Die Bybel in Praktyk)
Vrug van die Gees; Gal 5: 22-25
22Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, 23nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. 24Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.
Paulus se hoofstuk oor die liefde: 1 Kor 13
Die Bybel in Praktyk gee ’n bondige opsomming van die gedeelte as volg:
13:1–13 Paulus bewys in hoofstuk 12 dat die Korintiërs tot ’n groot mate liefdeloos is deur sogenaamde “hoër” of “beter” gawes na te streef. In hierdie hoofstuk verduidelik hy vir hulle wat ware liefde as die “grootste gawe” eintlik beteken en in hoofstuk 14 sê hy hoe die liefde prakties toegepas moet word. Die liefde is belangriker as al die geestelike gawes in die kerk. Selfs nie ’n sterk geloof of die vermoë om wonders te doen, kan waarlik vrugte afwerp as dit nie met liefde gepaard gaan nie. Die liefde in ons lewens maak dat ons dade en gawes God verheerlik. Dit is wel so dat mense verskillende gawes ontvang, maar álmal kan en moet die liefde hê. Dié liefde moet egter nie verwar word met ons alledaagse toegeneentheid of gevoel vir mekaar nie. Dit is eerder die sigbaarword van die hemel op aarde deur die werk van die Heilige Gees.
Petrus gee die kenmerke van ’n produktiewe lewe; 2 Pet 1:5-9
5En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, 6die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, 7die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.
8As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. 9Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.

Wat is dan die belangrike stappe om die reis aantepak:
è Ons moet met die Heilige Gees se werk saamwerk.
22Hou dan op om te lewe soos julle vroeër gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. [Breek weg van die ou manier van lewe] 23Julle gees en gedagtes moet nuut word;[Vernuwe ons gedagtes en ons hart] 24lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.[Neem die karakter van Jesus aan]

è God gebruik sy Woord, mense en omstandighede om ons te vorm.
o God se Woord is die handleiding, Mense ondersteun ons en omstandighede gee ons ‘n oefen plek.

è Dis ’n lang stadige groeiproses om soos Christus te word.
Jare terug het ek ’n preek raak gelees, waar die dominee die groei in die Christelike geloof verlyk is tussen ’n akkerboom en ’n pampen. Die akerboom groei statig, weerstaan storm, droogtes en die elemente van die natuur, maar dit vorm die boom se vertoon, “karakter” en die basis vir lang groei lewe. Die pampoen is ook blootgestel, maar groei vinnig en een seisoen later is dit nie meer dae. Ek wil eerder ’n akkerboom wees.

No comments: