Monday, August 4, 2008

Dag 3 Wat is die dryfkrag in jou lewe?

Teks:
Ek het gesien dat al die moeite wat mense doen vir sukses uit onderlinge afguns kom.
Prediker 4:4.

Hoofgedagtes:
Word jy gedryf deur?
Skuldgevoelens:
Beheer ons emosies oor die verlede ons lewens. God het ons reeds vergewe as ons dit toelaat, hoekom dan ons self elke dag kruisig oor die verlede?
Wrewel en woede: Het ons ander vergewe, of is ons besig om gif te drink en te hoop ander sterwe? Wie is ons om te oordeel?
Materialisme: Is alles wat ons het nie in elkgeval God se bates wat hy aan ons toevertrou het nie? Is ons huise, wonings? Gebruik ons dit wat God aan ons toevertrou het om hom te verheerlik?
Vrees: Ek lees die anderdag dat vrees slegs kan bestaan as dit oor ons EGO gaan. Iets om oor na te dink.
Behoefte aan goedkeuring: Ek glo dat ons nie baie ver kan kom om almal te “please” nie. Tweedens moet ons leer om te kan nee sê.

Wat is die voordele van ’n doelgerigte lewe?
As jy weet wat jou doel is, het jou lewe sin:
As ons weet wat die eindpunt is, al moet ons soms van ompaaie gebruik maak, in die daaglikse gejaag, bly ons op die eindpunt gefokus.
“Ek weet wat Ek vir julle beplan...voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”Jeremia 29:11
Jou lewe is veel eenvoudiger as jy jou doel ken:
Ons weet dan waarop om te fokus, en vir wat ons nee moet sê.
13Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
15Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink—God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
Filippense 3:12-15 Nuwe Vertaling
Jou lewe het ’n fokus as jy jou doel ken: “It’s better to be blind & have vision – than to be able to see & have none.”, is die bekende woorde van Hein Wagner.
Met fokus kom motivering en energie : Laat ons toe dat God ons opgebruik, dat ons ons enieke gawes uitlewe om Hom te verheerlik? Die volgende woorde is ’n pragtige beskrywing vir my:
This is the true joy in life, the being used for a purpose recognized by yourself as a mighty one; the being thoroughly worn out before you are thrown on the scrap heap; the being a force of Nature instead of a feverish selfish little clod of ailments and grievances complaining that the world will not devote itself to making you happy.
George Bernard Shaw, Man and Superman, Epistle DedicatoryIrish dramatist & socialist (1856 - 1950)

Fokus op die doel, berei ons vir ewigheid voor: Die vraag is seker noodwendig, is ons daaglikse aksies gefokus op ons aardse bestaan, of ons ewigheids bestaan? Het ons Jesus as ons saligmaker en anker aanvaar?

No comments: