Saturday, August 2, 2008

Dag 1: Dink oor my doel na

Vers om te onthou:

Kolossense 1
16God het deur Hom alles geskep
wat in die hemel en op die aarde is:
alles wat gesien kan word
en alles wat nie gesien kan word nie,
konings, heersers,
maghebbers, gesagvoerders.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.

Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.) . Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Cape Town, South Africa

Die verduideliking van die teks soos omskryf in, "Die bybel in praktyk";

1:16 Volgens die dwaling is die tasbare wêreld boos en daarom kon God nie die wêreld geskape het nie. Hierdie gedagte word deur Paulus verwerp en hy beklemtoon dat God deur Christus sowel die geestelike as die tasbare wêreld geskape het. Christus word hier pertinent as die preëksistente (dié Een wat vóór alles al bestaan het) Christus voorgestel wanneer Hy as die “Eerste” aangedui word. Daarmee word nie bedoel dat Christus eerste geskape is en dus eerste in die ry van die geskapenes staan nie, maar dit dui op die besondere posisie wat Hy beklee in die skepping, soos sal blyk in die volgende verse. Iets dergeliks word oor die Wysheid gesê in Spreuke 8:22. Dit gaan hier nie oor kronologiese volgorde nie, maar oor rangorde. Hierdie titel vir Christus is uitdrukking van sy prioriteit én soewereiniteit.

Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. 1997, c1993. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) . Christelike Uitgewersmaatskappy: Vereeniging

Slotsom : Dit gaan nie oor my nie?

Vraag : Hoe hou ek my lewe te alle tye op God gefokus?
Hoe hanteer ek dinge wat my fokus van God wegneem?
Hoe hanteer ek mense wat my fokus van God wegneem?
Hoe hanteer ek gedagtes wat my fokus van God wegneem?

3 comments:

ART OF LIVING said...

Die besef wat by my opkom, is nie die wonder wat God vir my gaan ontsluit oor die volgende 40 dae, maar wel dit wat ek moet afleer.

Daarvoor bid ek vir genade en leiding van die Gees.

Soos als in die lewe, wat is ek bereid om doen en te verander.

Dan ten opsigte van die vraag hoe kan ek my herhinner dat alles is oor God en vir God. Die bloed wat Sy Seun moes vergiet vir my sonde, die tog wat hy met die kruis gehad het. Is my anker.

Wollie said...

Ek wil jou aanraai om 'n paar verse voor en na Kol. 1 v 16, te lees. Alles sienlik en onsienlik is in Hom (Christus se liggaam wat die gemeente is)geskape. Ek dink jy gebruik hierdie deel in Kol. in 'n verkeerde konteks en jy behoort dus nie na ander te verwys, om te sê hulle dwaal.

Anonymous said...

Ek lees die gedeelte as deel van 'n Gesin in Christus. Die vrae verwys ook vir my na persoonlike introspeksie?

En nie 'n aantuiging teen iemand?