Monday, August 11, 2008

Dag 10: Die Hart van aanbidding : Smile 3

12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Romeine 6:12-13.

Hierdie gedeelte sluit aan by dag 9, Om te vra stel ek my 100% indiens van God omdat ek ’n hart van blydskap het, omdat ek uit genade gered is?

En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Romeine 12:1

Is dit wat ek doen elke oomblik aanneemlik vir God? (Lewe ek met oorgawe vir God?)

Ek kan God vertrou want Hy het my lief.
Eerstens het God Sy eie Seun gesteur om te sterf vir ons sonde:
8Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Romeine 5:8

Verder gee God vir ons die belofte, deur genade van die ewige lewe:
17Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. 18Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. 19So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. 1Tim 17-19.

Ek het beperkings, ek is egter ’n werktuig in God se hande.
Let God and let go; die stigter van Campus Crusader for Christ Bill Bright het in ‘n radio onderhoud die volgende woorde gehad toe hy al diep in sy tagtigs was, toe die omproeper hom vra wat bid hy elke dag: Ek bid dat die Gees my lei dat die nuwe Bill Bright deur die dag gaan en nie die ou Bill Bright.
Wat is totale oorgawe aan God?
Die woorde van Jesus in Getsemane is totale oorgawe:
36Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”

Die vraag wat ek myself afvra word ek werklik STIL voor God om te hoor wat Sy stem wil spreek.



Die seeninge van oorgawe.
Vrede
21“Onderwerp jou aan God,dan sal jy in vrede leef,en so sal jy voorspoed hê. Job 22:21

Vryheid
Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. 18Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen. Rom 6:17-18.

God se mag in ons lewens
13Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar ’n man voor hom met ’n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s’n?”
14“Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.”
Josua het diep gebuig en vir die man gesê: “Wat wil u aan my, u dienaar, sê?”
15Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is ’n gewyde plek.”
Josua het dit gedoen. Jos 5:13-15

Die beste manier om te leef, eerder gestel dit is die enigste manier.

Op die vraag hoekom het die Here Dr. Bill Bright so ryklik deur sy lewe geseen, het hy geantwoord: “As jong man het ek ’n kontrak met God gesluit. Ek het letterlik uitgeskryf en my naam onderaan geteken. Daar het gestaan:’Van vandag af is ek ’n slaaf van Jesus Christus.’”

Onderstaande link na ’n onderhoud met Bill Bright:
http://www.cbn.com/SpiritualLife/churchandministry/Bill_Bright_A_Slave_For_Christ.aspx

Wat is my commitment?

Jesus sê: 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, 24want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.
25“Wat help dit ’n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? 26Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele. 27Ek sê vir julle die waarheid: Daar is party van dié wat hier staan wat beslis nie sal sterf voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.” Luk 9:23-27.

No comments: