Tuesday, August 26, 2008

Dag 23: So groei ons…

2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Rom 12:2

Soos dissipels die besluit geneem het om Jesus te volg op Sy uitnodiging van: “Volg my..., Is die vraag vir elke mens ook, is jy bereid om die sondige wereld wat ook wereld lekker kan wees agter te los en te begin werk aan ‘n lewe van groei wat aan jou en my die belofte van Hemelse geluk en vrede bied.

Petrus waarsku ons dat ons oomblike op aarde ewigheidswaarde het in 2 Petrus 3:11:
11Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe.

Gedagtes om na te dink uit die hoofstuk:

God se rol en my rol:
12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Fill 2:12-13

Die Bybel in praktyk vertolk dit as volg:
2:12 Paulus is nou nie meer daar om die Filippense te herinner wat reg is nie, en daarom is dit des te belangriker dat hulle aan die Woord van God gehoorsaam moet wees. Wanneer mens se geestelike leiers nie teenwoordig is nie, moet mens dubbel versigtig wees om reg te lewe. ’n Mens moet dan juis te meer jou aandag voluit op Christus rig, sodat jy nie op ’n dwaalspoor gebring word nie. Jou hele lewe moet wys dat jy ’n verloste is.
2:13 God laat jou nie aan jouself oor in jou poging om so te leef soos Hy dit wil hê nie. Deur sy Gees maak God jou gewillig om jou lewe in te rig soos wat Hy dit wil hê, en deur dieselfde Gees stel Hy jou ook in staat om dit reg te kry.


Ons gedagtes vs. God se planne:
Maak ek tyd om na God se stem te luister? Leer ek uit sy woord? Groei ek op ‘n geestelike groei kurwe of ek ek in ‘n gemaksone?

12Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. 13Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer.
So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. 14Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. 15Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. 16Daar staan geskrywe:
“Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus. 1 Kor 12-16

Ek haal die notas uit Die bybel in praktyk graag aan oor die gedeelte:
2:13 Paulus praat met gesag, want sy woorde is dié van die Heilige Gees. In ’n sekere sin is elke gelowige in staat om die Skrif te verstaan as die Heilige Gees dit aan ons verduidelik. Hier sien ons egter hoedat Paulus op ’n unieke wyse onder die leiding van die Heilige Gees geskryf het en deur Hom geïnspireer is. Die Heilige Gees verduidelik aan die gelowige ’n nuwe raamwerk of abc waarbinne hy/sy leef en werk.
2:14–15 ’n Mens wat toondoof is, is nie in staat om goeie musiek ten volle te waardeer nie. Net so is elkeen wat die Here verwerp, ook nie in staat om sy wonderlike boodskap te waardeer nie. Kommunikasie is nie in so ’n geval moontlik nie, want so iemand kan nie hoor wat die Here vir hom sê nie. Iemand moet eers op die golflengte van die Gees wees om God werklik te kan hoor. In rekenaartaal: kommunikasie is slegs moontlik wanneer daar tussen gebruiker en rekenaar ’n taal of kodering bestaan.
2:14 Nie-Christene verstaan niks omtrent God nie en hulle kan ook nie begryp dat sy Gees in die harte van gelowiges woon nie. Ons moenie verwag dat ongelowige mense begrip sal hê vir ons besluit om Christus te volg of dit sal goedkeur nie, want vir hulle lyk dit heeltemal na onsin.
2:15–16 Gelowiges het Gees-insig omdat dit aan hulle gegee is deur die Gees. In Jesaja 40:13 wat Paulus aanhaal, word die almag van God juis beklemtoon. God weet wat Hy moet doen al verstaan die mens dit nie. Om Christen te wees, beteken dat jy die Gees ontvang het.

Dan los dit my seker met die vraag?
Wat moet ek ophou doen om die Gees se lyding beter in my lewe te ervaar? Wat maak geraas dat ek nie hoor?

No comments: