Saturday, August 23, 2008

Dag 21: Beskerm jou kerk

Kan die “gesin van God” nie met ‘n orkes vergelyk word nie:

http://www.youtube.com/watch?v=Z3j0BWG6n_8&feature=related

Benjamin Zander, verwys na die simfonie as “Sounding Together”.

Hoe maak ons dan seker soos die orkes gebruik ons almal se gawes om God te laat Glimlag en ook Sy gesin te beskerm?

3Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
4Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. 5Daar is net één Here, één geloof, één doop, 6één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon. Eff 4:3-6.

In Die Bybel in Praktyk word die gedeelte as volg vertolk:
4:3 Om eenheid te bewerkstellig is een van die heel belangrikste take van die Heilige Gees. Ons word opgeroep om die eenheid wat Hy gesmee het, te handhaaf. Lees die aantekeninge by Johannes 3:6, Handelinge 1:5 en Efesiërs 1:14 vir meer inligting oor die persoon en werk van die Heilige Gees.
4:4–6 Hoekom die eenheid gehandhaaf moet word. In hierdie verse word dit duidelik waarom die eenheid gehandhaaf moet word, naamlik omdat ons as gelowiges een is in al die opsigte wat hier genoem word. In ons verhoudings met mekaar moet ons blyke gee van hierdie eenheid.
4:6 God is oor ons almal: Hy beheer die heelal. Hy werk deur almal: Hy gebruik elke gelowige om sy werk te doen. Hy woon in almal: Hy is nie verder van party as van ander nie, maar woon in elke gelowige. As jy toelaat dat gelowiges verdeeld raak, misken jy die waarheid van hierdie vers.

Uit die dagstuk is daar ‘n paar riglyne naamlik:
è Fokus op wat ons gemeen het en nie die verskille.
è Wees realisties met jou verwagtinge. Ons is net almal mense.
è Moedig eerder aan as om te kritiseer.
è Moenie skinder of na skinder stories luister nie.
è Besleg konflik volgens God se riglyne.
è Ondersteun die leierskap van Fichardt Kruin.

19Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder.
Rom 14:19.

No comments: