Thursday, August 14, 2008

PREEK : EK LAAT GOD GLIMLAG

NGK Fichardtkruin 10 Augustus 2008
“Ek laat God glimlag!”
Romeine 12:1-2
Ons TEKS kom uit Romeine 12:1-2... [LEES NIE DADELIK NIE]
En die TEMA...

TEMA is: Ek laat God glimlag!

Soos die hansworse se bedoeling / fokus is om mense te laat glimlag / lag – SO is ons doel om God gelukkig te maak / “om God te laat glimlag”.

Verlede Sondag – inleiding tot die 40 DAE – “Wat op aarde doen ek hier? Begin nadink oor my doel as mens. Hoekom het die Here my gemaak? Hoekom is ek hier?

Teksvers was Kol 1:16, Alles is deur Hom en vir Hom gemaak. En daarom leef ek en jy nie vir onsself nie, maar vir Hom. Gaan die vlgde paar weke na ‘n duideliker omskrywing hiervan kyk – 5 punte.

Vandag dan...

“Ek laat God glimlag!”... M.a.w. Ek maak God gelukkig.

HOE??...
SKRIFLESING...

LET OP:
“Gee julleself”...
“Gee julleself... As offers..”
“op grond van die groot onferming van God” – Hier verwys Paulus na dit wat hy in die vorige 11 hfst’e v Romeine oor God se onvoorwaardelike genade geskryf het... ‘n Genade wat Paulus aan die einde v Rom 11 in ‘n lofprysing teenoor God laat uitbars!

‘n GENADE wat – wanneer mens iets daarvan begryp / dit deel van jou word – jy nie anders kan as om jouself vir God te gee nie!

Kyk na hoe die Boodskap vert dit vertaal...
Lees vers eers... Klem op “omdat julle begryp hoe baie God vir julle omgee”...

Ons het laasweek gehoor dat God het vir my en jou “vir Homself gemaak”... Hy het ons gemaak / geskep omdat Hy ons wou hê! En wanneer die mens (dis nou ek en jy!) alles met sy sonde en ongehoorsaamheid kom opmors, dan los God ons nie sommer net nie! Daarvoor brand sy liefde te sterk (Hos 12). Hy kom gee Homself - hy kom OFFER as’t ware Homself! - in die persoon van sy Seun, Jesus Christus! – sodat ons kan lewe!

Al wat ons kan doen – NEE, die logiese (vgl hier “dis presies waaroor godsdiens gaan”) is om onsself weer aan Hom terug te gee – onsself te offer!

“lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”...
• Aanneemlik – NIE op my voorwaardes nie – maar soos God dit wil hê
• Offers kos!

Die agtergrond hiervan is natuurlik die offerkultus in oud-Israel, en sekerlik die sg. “dankoffer”. Die dier is lewendig by die tempel aangebring waar dit dan seremonieel aan die Here gewy is (as ‘n dank vir alles wat die Here gedoen het)... Dit is geslag, geoffer, en alles moes geëet word. Vlgs Levitikus moes die dier by só ‘n offer sonder enige liggaamsgebreke wees... Net die heel beste was goed genoeg.

Maar dit het natuurlik nie altyd so gebeur nie... Het gemaklik geraak... In ‘n gemaksone vasgeval... Mal 1: lam en siek diere; priesters wie se harte nie in hulle werk was nie...God maak ten sterkste beswaar!

Ook ons: ons toewyding aan God raak baie maklik leeg... Vertoon... Skynheilig... Gaan nie meer om God nie... Of soos Rick Warren sê: “die offerdier wat maar elke nou en dan van die altaar wil afkruip!”)

DAAROM: NIE ‘n eenmalige gebeure (“gee aan God”) – maar ‘n lewenslange proses; daagliks maar weer en weer die keuse maak... Om as’t ware die beheer v jou lewe oor te gee aan God

Ek weet nie jou nie, maar dit klink vir my redelik erg moeilik... Baie inspanning??? Moet ek dan super-spiritual staan en word?... Ek sal dit nooit op dees aarde kan doen nie!... Sal nie goed genoeg wees nie...

Maar jy weet, die wonder van God is, dat Hy vir jou en my liefhet net soos ons is! Hy kom en stel nie eers ‘n sekere standaard waaraan ons moet voldoen nie... Hy hou ons nie met valk-oë dop om te sien waar en wanneer ons te kort skiet nie.... Hy het ons lief met ‘n perfekte liefde en stel Hom daarop in om ons te geniet!... Om vreugde uit ons te put!... Om saam met ons bly te wees!

[CLICK] , Sefanja 3:17, Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou!

Die Bybel praat nie verniet van God se liefde vir ons as sy “Vader-liefde” nie. Ps 103:13-14, Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof... Hy verstaan as ons keer op keer met dieselfde ding sukkel... Hy jaag ons nie weg nie... Hy kyk in liefde na ons!

Soos ‘n kindjie weet dat sy pa & ma hom liefhet – en weet dat hulle net die beste vir hom wil sal wil hê, en hulle daarom VERTROU... Net so moet ons ook vir God kan vertrou... As ek myself ten volle aan Hom gee – as “’n lewende en heilige offer wat vir Hom aanneemlik is”... sal Hy my nie skade aandoen nie – Hy wil trouens NET DIE BESTE vir my hê!

Dink aan ‘n liefdevolle ouer wat in sy kind se lewe inspeel, waarhede en wyshede en vaardighede oordra – basies besig is om hom te leer, hom anders te laat dink, hom te vorm... DIT kan slegs gebeur as hulle tyd saam deurbring! – Dis die sleutel!

Soek ons liefdevolle Vader ook tyd saam met ons om ons te vorm.

Vers 2.... Sit jy met die KONTRAS: “sondige wêreld” en “God” – beide wat die vermoë het MY en JOU DENKE te verander. Watter een gaan oorwin? Dié een by wie jy die meeste tyd deurbring! Hoe meer jy met verkeerde goed gaan spandeer (vul jou denke, jou hart... Neem jou wil oor)... Vs tyd by God spandeer: die Bybel, community, omring deur Xten vriende, stiltetyd en gebedstye...

Soos jy Hom beter en beter leer ken... Groter vertroue en voel veilig... Is Hy besig om jou denke te verander... Word jou denke byna outomaties al hoe meer ‘God se denke’!!... Weet jy wat vir Hom “goed, aanneemlik en volmaak is”.

Lukas 10:38ev - Martha & Maria – Martha rondgeskarrel het, het Maria aan die voete van Jesus gaan sit en net eenvoudig “gaan wees”.

Is presies waaroor dit gaan: NIE oor ‘n klomp geestelike dissiplines wat dan nou kwansuis moet gaan staan en doen nie (ofskoon dit glad nie verkeerd is nie en baie waarde het!) – EERDER om net te wees!

Anders as hansworse wat hulleself moet inspan om mense te laat lag... Moet ons ons juis nie inspan met allerhande goeters om God te laat glimlag nie. Ons moet bloot eenvoudig net “wees”... Net jouself wees – net wees die unieke wonderlike ‘JY’ wat God baie spesiaal gemaak het!
Soos ‘n kindjie by sy ma en pa...

Lewenstyl – 24 / 7 – 1 Kor 10:31 / Kol 3:23 / Ef 5:10... Oomblik na oomblik van God bewus! – werk, speel, slaap, eet, ens....

** Eric Liddel (“Chariots of Fire”) – 1906 Olimpiese Spele in Parys... “Ek maak God gelukkig deur te hardloop” – EK LAAT GOD GLIMLAG DEUR NET DIT TE WEES VIR WAT HY GEMAAK HET”

DIT is aanbidding! Dit is waarvoor ons hier is!
Amen.
(Ds De la Harpe le Roux)

No comments: