Saturday, August 9, 2008

Dag 8: Smile 1

Dien en aabid in my paradigma het min of meer dieselfde konteks. Die HAT beskryf aanbid as volg: As God vereer word. Hierdie was toe ek die boek die eerste keer gelees het waarskynlik die grootste openbaring.

Om aanbidding nie net te sien as waneer ek besig is God te “worship”, hetsy in my stiltetyd of tydens die erediens nie maar in alles wat ek doen.

Met eens is alles wat ek doen in ’n ander konteks want of ek is besig om God te dien of anders gestel is ek besig om God te laat glimlag in wat ek doen of nie?

Die psalm digter stel dit as volg:
11maar Hy stel prys op dié wat Hom dien,
dié wat hulle hoop vestig op sy trou. Ps.147:11

Die woorde wat my tref uit die gedeelte is die laaste paar woorde, ...die wat hulle hoop vestig op sy trou, weereens moet ek bereid wees om te “let go”....

*****


31Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God
1 Kor 10:31

23Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Kol 3:25.

God moet só volkome deel word van ons lewens, dat al-les wat ons doen, tot sy verheerliking sal strek.

Die vraag of Hy verheerlik sal word deur dít wat ek wil doen, moet altyd vir my ’n riglyn wees.

Ek vra myself af hoe ek Hom deur my lewe en optrede kan verheerlik.

Wat Sal Jesus Doen?

No comments: