Sunday, August 3, 2008

Dag 2: Jy is geen ongeluk...

Teks:
So sê die Here wat jou gemaak het, Hy wat jou gevorm het in die moederskoot...
Jesaja 44:2

Hoofgedagtes:
Hoe ons lyk, ons geboorte en ons lewe op aarde, is reeds voor ons geboorte deur God bepaal. Ps 139: 15-16
God is Liefde en ons is deur sy liefde geskep. 1 Joh 4:8
God het ons geskep vir ’n doel, so ons lewe het werklike sin.
Ons moet egter God as verwysings punt gebruik. Romeine 12:3 in die engelse weergawe beskryf dit vir my pragtig: “The only accurate way to understand ourselves is by what God is and by what he does for us.” The Message.

Die volgende is die verklaring in; Die bybel in Praktyk:
Hierdie vermaning kom met nadruk kragtens die genade wat aan Paulus gegee is (vgl. dieselfde term in 6), dit wil sê op grond van sy apostelskap en alles wat dit inhou. Hy praat hier as die charismatikus by uitnemendheid, die man aan wie baie genadegawes gegee is. Sy opdrag word eers negatief (3b) en dan positief (3c) gestel. Dit gaan daarom dat God aan elke gelowige bepaalde geestelike vermoëns toebedeel het. Die uitdrukking maat van geloof dui op die grense wat kragtens hul spesifieke aard en bedoeling aan hierdie geestelike vermoëns gestel is. Die Christen moet beskeie en dankbaar binne die maat van hierdie vermoëns optree, en nie onbeskeie aansprake maak nie. Die enigsins polemiese toon wat Paulus aanslaan, wek die indruk dat daar van die Romeinse gelowiges was wat buite hierdie maat getree het. [1]

So gefokus op God en nie die self nie.

Sluit of met die gedig van Russel Kelfer wat mens opsigself met ’n paar gedagtes tot nadenke laat:

You are who you are for a reason.
You're part of an intricate plan.
You're a precious and perfect unique design,
Called God's special woman or man.

You look like you look for a reason.
Our God made no mistake.
He knit you together within the womb,
You're just what he wanted to make.

The parents you had were the ones he chose,
And no matter how you may feel,
They were custom designed with God's plan in mind,
And they bear the Master's seal.

No, that trauma you faced was not easy.
And God wept that it hurt you so;
But it was allowed to shape your heart
So that into his likeness you'd grow.

You are who you are for a reason,
You've been formed by the Master's rod.
You are who you are, beloved,
Because there is a God!

No comments: