Saturday, August 23, 2008

TEMA 4: Ek word soos Christus!

(Dag 22 - 28 uit Doelgerigte lewe.)

God is meer geïnteresseerd in wie jy is as in wat jy doen. Nie net het Hy jou na sy beeld gemaak nie (Gen 1:27), maar gee Hy sy Seun Jesus Christus om dié beeld wat deur sonde vernietig is, te herstel. Sy Gees is op hiérdié oomblik aan die werk (2 Kor 4:16) om my en jou te verander om al hoe meer soos Christus te word!
§Deel met mekaar dit wat jy die afgelope tyd beleef in jou fokus op die Woord, of die nadink oor Rick Warren se Doelgerigte Lewe, of die saamwees in die kleingroep.
§Lees 2 Kor 3:1-18 en dink saam na oor die volgende vrae en opmerkings:
ú Die ‘sluier wat van ons gesigte af weggeneem is’ (v 14, 16, 18) impliseer dat ons nou iets verstaan wat ons voorheen nie verstaan het nie. Wat is dit? Wat is dit spesifiek in jou lewe? (vgl Ef 1:17ev)
ú Die woord ‘heerlikheid’ kom nie minder nie as 12 keer in hierdie gedeelte voor! Hoekom? Wat beteken dit om die heerlikheid van die Here te weerspieël (v 18)?
ú Watter ‘hoop’ (v 12) skep hiérdié gedeelte by jou? Wat is die ‘vrymoedigheid’ wat dit jou gee?
§Rick Warren verwys in sy boek na 3 sake wat die Here gebruik om jou en my deur sy Gees te laat groei om al meer soos Christus te word. Gesels oor hoe dit prakties in jou lewe werk, of behoort te werk.
Die Woord (vgl 2 Tim 3:1, Ps 119:11, Spr 22:17-18, Jh 8:31-32)
Swaarkry en krisisse (Rom 8:28, 31ev)
Versoekings (1 Kor 10:14, 2 Kor 5:10, Jak 4:6-8)
§Om meer soos Christus te word is ‘n groeiproses wat jou hele lewe gaan deur. Lees Filp 1:6
Shalom!
De la Harpe

No comments: