Saturday, August 30, 2008

Dag 24 : Deur waarheid geskep….

4Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Mat 4:4.

32Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. Hand 20:32


Om te groei in die geloof moet ons lewens gevul word deur die woord. God se woord bring die volgende verandering in ons lewe: Skep lewe en geloof, Ons verander om meer soos Jesus te word, Die woord gee aan ons ‘n stewige fondasie teen die aanslae van die duiwel, Bring nuwe gedagtes mee en bring ‘n ewige lewe voort.
12Sy bevel verontagsaam ek nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes. Job 23:12

105U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ps. 119:105.

Verder is God se woord ons geestelike voedsel.

Die volgende drie beginsels geld om getrou aan God se woord te bly in ons daaglikse lewe:
Ons moet Sy gesag aanvaar; God se woord , moet die kompas van ons lewens wees:
16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. 2 Tim 3:16.

Ons moet die waarheid aanneem; Ons moet God se woord met ‘n oop gesindheid en ‘n hart wat ontvanklik is lees.
Dis belangrik dat on gereeld die woord bestudeur
. 19Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe. Deut 17:19
Dat on vrae vra soos ons lees en neerskryf wat ons verstaan en leer uit die woord.
Ons moet die woord memoriseer.
Ons moet nadink en mediteer oor die woord.
97Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by. Psalm 119:97,

Ons moet die beginsels toepas.
22Nadat God hom van sy amp onthef het, het Hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai ’n man na my hart gevind. Hy sal al my opdragte uitvoer. Hand 13:22

7As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. 8My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” Joh 15: 7-8.

17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” Joh 13:17

Wat hou my terug...
Om gereeld God se woord te lees, te oordink en in gebed te oordink?
Om te leef volgens God se woord?

31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Joh 8:31-32

No comments: