Monday, September 1, 2008

Dag 29 – 31 “Geshape om God te dien”

Paulus stel dit dat ons geskep is om God te verheerlik deur goeie dade :

10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Eff 2:10

Johannes som sy lewe se werke as volg op:
4Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. Johannes 17:4.

Dit word gestel soos volg deur Rick Warren gestel, Ons is;
Geskep om God te dien, Eff 2:10
Ons is gered om God te dien, 2 Tim 1:9
Ons is geroep om God te dien, Eff 4:4-14
Ons word beveel om God te dien, Mat 20:28.

Job stel dit in Job 10:8, U hande het my gevorm, my gemaak. Dit wil sê ons is almal uniek soos ons vingerafdrukke om ons unieke gawes vir God in die werêld te kom uitleef....

Rick Warren gebruik die volgende akroniem om te verduidelik hoe God na ons kyk en ons toerus as hy ons ’n opdrag gee: (SHAPE)

Sielgawes “Spiritual Gifts”
7Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. 8Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ’n woord van wysheid te praat, aan ’n ander ’n woord van kennis deur dieselfde Gees; .... 11Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil.
1 Kor 12:7-11

Weer eens is die gawe deur die Gees aan ons gegee, om God te laat glimlag deur hoe ons dit gebruik om God te dien.

Hart, verwys na ons drome, ambisies en emosies. Ons harte openbaar wie ons werklik is... as niemand kyk nie, dit wat net God sien.
34“Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Mat 12:34.
Doen ek die dinge in my lewe, wat die passie in my los maak?
Wat is dit wat ek graag wil doen, en dit so sal doen dat God sal glimlag?
As ek dink, as ek besig is met wat, is ek op my effektiefste?
Doen ek wat ander mense in my lewe wou hê ek moet doen, of doen ek dit wat ek wil?
Waaroor droom ek?

Aanleg “Abilities”
Ons natuurlike aanleg kom van God.
Ek kan my aanleg gebruik om God te laat glimlag.
God wil hê ek moet my aanleg gebruik om ander te help tot Sy eer. (Servant Leadership.)

Persoonlikheid, elkeen van ons is uniek met ons eie nikke en grille. Maar elkeen van die persoonlikhede is nodig om spesifieke werke tot eer van God uittevoer.

Ervaring, wat se ervaring vorm deel van my menswees, wat ek kan aanwend om God te laat glimlag, ander te help en te ondersteun?

4In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, 2 Kor 1:4

My eie gedagtes:

Om ten volle in harmonie te lewe moet hierdie komponente mekaar komplimenteer in my lewe, dan sal ek ten volle kan lewe tot eer van God. Maar dit gaan kos dat ek God se woord lees, oordink en tweedens bid en stilword dat ek kan hoor wat God vir my wil sê.

No comments: