Sunday, September 7, 2008

Dag 36: Vir sending geskep

19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” Mat 28:19-20

Ons bediening is ons diens aan gelowiges en ons sending is ons dien aan ongelowiges.
25waarvan ek ’n dienaar geword het volgens die opdrag wat God my gegee het om sy woord ten volle aan julle bekend te maak. Kol 1:25

Die belangrikheid van ons sending:
Ons sending sit Jesus se sending op aarde voort. Mat 28:19-20
Ons sending is voorreg.
Deur ons sending werk ons saam met God en ons verteenwoordig Hom op aarde.
As medewerkers van God doen ons ’n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie. 2 Kor 6:1
Die grootste geskenk aan ander is om hulle te vertel hoe hulle die ewige lewe kan verkry.
Ons sending is van ewige belang.
4So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie. Joh 9:4
Ons sending gee betekenis aan ons lewe.
24Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig. Hand 20:24
Ons sending van die wereld.

. 14En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” Mat 24:14

No comments: