Saturday, September 6, 2008

Dag 34: Dink ek soos ‘n “Servant leader”?

Dink aan ander en nie aan myself?
4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Fil 2:4

Dink ek met ’n gesindheid, dat alles net aan my toevertrou is ?
Is ek ’n Koningkrykbouer of Weeldebouer?

Dink ek aan my werk en nie wat ander doen nie?
4Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel? Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie. Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg. Rom 14:4

Dienaars grond hulle identiteit in God.
18Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word. 2 Kor 10:18

Dienaars beskou hulle bediening as ’n geleentheid en nie as ’n plig nie.
2Dien die Here met blydskap!... Ps 100:2


5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Fil 2:5

No comments: