Monday, September 8, 2008

Dag 37 : Deel jou lewensboodskap

7So het julle ’n voorbeeld geword vir al die gelowiges in Masedonië en in Agaje. 8Van julle af is die woord van die Here in Masedonië en in Agaje verkondig, en oral het die mense gehoor van julle geloof in God, sodat dit nie vir ons nodig is om nog iets daaroor te sê nie. 1 Tes 1:8

1:7–8 Die inspanning van hulle liefde. As jy God se liefde ervaar het, word jy bereid om hard te werk om daardie liefde in jou lewe sigbaar te laat word. Só word jy ’n voorbeeld vir ander gelowiges, en weerklink die woord van die Here uit jou woorde en dade. Om ’n voorbeeld te wees, verg harde werk, dit verg die inspanning van jou liefde. Namate jy dit regkry om hard te werk ter wille van ander, en jy só God se liefde laat blyk, kry jy al groter sekerheid oor jou eie uitverkiesing. Jou liefde dien as’t ware as ’n bewys dat God jou sy kind gemaak het. Die Bybel in Praktyk.

Ons het die volgende lewensboodskap om met ander te deel:
Ons getuienis: Hoe God ons gered het, hoe Hy elke dag in ons lewens werk en wondere verig, ook Sy groot genade.
Ons lewenslesse: Die lesse wat ons langs ons lewenspad geleer het; Mislukkings, gebrek aan..., pyn, hartseer, geduld, siekte, teleurstellings ens.
Ons Godelike passie.
Die Blye Boodskap van verlossing.


15In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ’n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ’n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe 1 Pet 3:15.

No comments: