Sunday, October 5, 2008

WOESTYN - GROEP

Deeltyd.
Deel met mekaar die lief en leed van die afgelope week.

Bidtyd.
Loof die Here vir sy ongelooflike liefde vir ons.

Watter beeld kom by jou op as jy die woord woestyn hoor?
Inligting oor woestyne: Droogste woestyn is Atacama woestyn in Chilli: 400 jr laas gereën, Gemiddelde reënval is 0,5 mm per jaar. Warmste woestyn is Daliol woestyn in Ethiopië met ‘n gemiddelde temperatuur van 34,4°C. Grootste woestyn is Antartika 14 miljoen km2. (Ja, ‘n mens kry ook koue woestyne!) Sahara woestyn is grootste warm woestyn met ‘n oppervlakte van 8,6 miljoen km2. Kalahari is 580 000 km2.
Woestyne het eie bekoring, moeilike leefomstandighede.

Lees Eksodus 16.
Voor skriflesing: 10 Plae is verby, Paasfees ingestel (Eks 12), Israeliete het met ‘n ompad weggetrek (Eks 13), Besondere redding by Rietsee (Eks 14), Bitter water by Mara het soet geword (Eks 15),

Wat was die volk se reaksie in die woestyn? (Eks 16: 4)
Een van verset. Hierdie verset is eintlik teen die Here.

Wat is die Here se reaksie op die volk se opstandigheid? (Eks 16: 11 – 12)
Hy voorsien in hulle behoeftes.

Die Here gee bepaalde voorskrifte oor die gebruik van die manna. Kyk Eks 16:19, 22 – 24. Wat maak die volk met die voorskrifte?
Hulle luister nie. Hulle is ongehoorsaam. Ek sien hier iets van ons eie lewenswyse: ons wil voorsorg tref deur ongelooflik hard en lang ure te werk. Wat het van ons vertroue in God se almag geword?

In Eks 16: 35 lees ons dat die Israeliete 40 jaar lank manna geëet het. Wat leer ons hieruit van God?
Die Here sorg op sy eie tyd op ongelooflike maniere betyds aan die behoeftes van sy volk. Elke dag doen Hy dit. Hulle hoef nie daaroor te wonder nie.

Die woestyn-tyd van die Israeliete leer ons dat God nie moed opgee met sy volk ten spyte van hulle ongehoorsaamheid. Die Here sorg op sy eie tyd op ongelooflike maniere betyds aan die behoeftes van sy volk.

Loof die Here vir Sy versorging in jou lewe.

No comments: