Inleiding:
Wat op aarde maak jy hier?
Jy en ek is hier om ‘n verskil te maak. Ons is op hierdie aarde met ‘n bepaalde doel: nie net om die hulpbronne op te gebruik nie. Ons mag nie net suurstofdiewe wees nie, want dit is nie waarom God ons op hierdie aarde geplaas het nie. God het ons geskep met ‘n bepaalde doel. God het aan elkeen van ons ‘n bepaalde unieke SHAPE gegee om ‘n positiewe verskil te maak in hierdie wêreld. Ons is geSHAPE vir diens.
Teks:
Ef 2:10: God het julle gemaak wat julle nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Ons is God se handewerk. God het ons in ‘n bepaalde shape geshape.
Hierdie shape bestaan uit verskillende boustene. Ons gaan na 5 kyk:
1 Ge”shape”.
Sielsgawes = besondere genadegawes.
God gee aan elke kind van Hom deur die HG bepaalde gawes. 1 Kor 12: 11
4. Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee.
Paulus praat van: 'n woord van wysheid te praat,
'n woord van kennis deur dieselfde Gees; genadegawes van gesondmaking
krag om wonders te doen,
gawe om te profeteer,
Vers 11: Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
Duidelik: God gee die gawes soos wat Hy besluit.
Waarom gee God dit?
Sodat ons God kan dien deur ander te dien. 1 Kor 12:7 Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Kan dit nie vir myself hou nie.
Hart = passie
Woord hart het in Bybel die betekenis van begeertes, belangstellings, ambisies, drome, emosies. Daarmee word bedoel jou hart bepaal waarom jy die dinge sê wat jy sê; en
doen wat jy doen en hoe jy voel. Ons praat hier van wat is jou passie: sommige goed gryp jou aan, ander laat jou koud. Gaan oor jou belangstellings. Gaan leef jou passie.
Aanleg = vermoëns waarmee jy gebore word.
God het ons elkeen met sy uniekhede gevorm. Party van ons het ‘n aanleg / vermoë om met ons hande te werk, ander met syfers, ander met fisika, diere, mense ens. Jy is ‘n pakket van ongelooflike vermoëns, ‘n verstommende skepping van God.
God wil dat wat jy ookal doen, jy alles tot eer van die Here moet doen.
Persoonlikheid =
God het ons met verskillende persoonlikhede geskep: ekstroverte, introverte, denkers, gevoelsmense, drywers, beplanners ens. Daar is geen regte of verkeerde persoonlikheid nie. Petrus se persoonlikheid was anders as die van Paulus en Paulus was weer anders as Moses. God gebruik hulle met hulle persoonlikhede.
Wat belangrik is: ken jou persoonlikheid en gebruik dit in God se diens.
Ervaring =
Ervarings, dit wat met jou gebeur, vorm jou menswees. Die meeste van die goed wat met jou gebeur het, was nie omdat jy dit beplan het nie maar omdat dit gebeur het. Luister hoe praat Paulus daaroor: 2 Kor 1: 4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,
Elkeen van ons het ‘n unieke shape.
Niemand se shape is beter as iemand anders se shape nie. 1 Kor 12:5. “Daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee,”
Daar is plek in die gemeente vir elkeen se shape. Daar is plek in die omgewing daar buite vir elke shape. Ontdek jou eie shape: dit wat jy kan doen en waarvan jy hou, en kry die diensplek waar jy pas.
Onthou jy is geshape vir diens.
‘n Kerkwoord wat ons gebruik is bediening.
2 Diens.
My diens, my bediening is aan God:
Ons dien God deur ander te dien.
Jesus is hierin die voorbeeld by uitnemendheid.
Wanneer Paulus in Fil 2:3 oor die diens-gesindheid van gelowiges in die wêreld praat sê hy:
Vers 3: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.
Jesus gee Homself as dienaar. Dit is wat Hy ook wil hê dat ons moet wees: dienaars vir mekaar. Die voetewas van Sy dissipels in Joh 13 kom illustreer juis dit: dien mekaar. Dien die ander een. En geen daad is te klein of te eenvoudig nie. Geen daad is benewe die stand van die gelowige! Trouens die gelowige gaan doen juis wat ander mense nie bereid is om te doen nie.
Jy is dienaar van God deur te bedien.
Bediening: is om jou shape te gebruik om iemand anders in die Naam van die Here te dien. Wanneer jy jou Godgegewe shape gebruik vir diens vervul jy jou roeping.
Hierdie dien, bediening vra iets: die liefde wat Christus vir my het, moet in my daaglikse lewe hande en voete kry.
God wil jou gebruik op ‘n spesifieke plek. Daar waar jy elke dag is:
Werkplek: of jy baas of klaas is. Begin jou werkers bedien. Nie soseer met geld nie. Bless hulle met die liefdesgawes van Jesus.
Koopplek: Bedien die kassier met ‘n vriendelike groet op sy/haar naam. Dankie aan die skoonmaker in die mall of gym sodat jy in skoon omgewing kan wees.
Hierdie dien mekaar, dien die ander is so belangrik dat Jesus sê: vir sover jy dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het jy dit aan my gedoen… Matt 25
Wie is hierdie broers: die vreemdelinge, die sonder klere, die siekes, die wat honger en dors is, in die tronk is.
Uitdaging: begin jy met iets. Raak betrokke. Doen al die goeie dinge wat jy kan op al die moontlike maniere op al die moontlike plekke op al die moontlike tye so lank as wat jy lewe.
Dan gaan daar iets gebeur. As ons nie begin dien nie gaan daar niks gebeur nie.
Matt 9: 13. Dit help nie julle broei mekaar warm in die kerk en hou mooi eredienste nie. Nee, ek wil eerder hê julle moet mense help wat julle hulp regtig nodig het. Watter mense is dit? Die mense in die mall van die lewe. In die kerk en in die gemeente is ons saam om gepreach en veral geteach te word SODAT ons daar buite kan gaan bedien.
Jy is geshape vir diens.
Te veel sit in die kerk om bedien te word. Ek soek ‘n kerk wat my behoeftes bevredig en my seen
Kinders van die Here wat hulle roeping ontdek het vra nie: Wie gaan my behoeftes bevredig nie. Nee hulle vra: Wie se behoeftes kan ek bevredig?
Uitdaging: aan elke gelowige, aan elke kleingroep: bybelstudiegroep, wyk, of wie ookal: God vra van jou: gebruik jou shape om ‘n verskil te maak. Maak dit ‘n Gebedsaak. Vra: Here, waar wil U hê moet ek dien? Ek kan jou verseker: God het ‘n plek vir elkeen van ons.
Amen.
Belydenis:
Ds: Wat op aarde maak jy hier?
Almal: Ek is hier om God te dien.
Ds: Baie keer is ons net gefokus op ons eie behoeftes. Dan leef ons met ‘n gesindheid van: Ek wil bedien word.
Almal: Here, vergewe ons waar ons op ons trone van die eie-ek sit.
Sing Ps 130: 2 as skuldbelydenis.
Ds: In Jesus is jou sonde vergewe.
Alaml: Heilige Gees, ek is deur U geshape vir diens.
Here, wys my waar U my wil gebruik.
Hier is ek, gebruik my.
Amen.
Gebed:
Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na. Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke. Daar is nie wegkomkans nie, waar ek vat plaas ek 'n teken van my identiteit. "Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat.. Hartafdrukke van regverdigheid en deernis, van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling. Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en van opregte betrokkenheid. Mag my hart 'n ander hart aanraak en 'n afdruk van u liefde laat." Amen.
Lofoffer. Slotlied: Lied 308: 1 – 5 beurtsang.
Seën:
God wat jou geshape het gaan jou genadig wees, die liefde van die Vader gaan by jou wees en die HG gaan jou gebruik as ‘n seen (blessing) vir die wêreld Amen.
Sunday, August 31, 2008
Saturday, August 30, 2008
TEMA 5: Ge- “shape” vir diens. Klein Groep
Deeltyd.
Deel met mekaar ‘n “wow” geleentheid waarin jy God beleef het.
Lofprystyd.
Loof die Here oor die feit dat jy nou hier kan wees.
Bespreek die stelling: Diens aan die ander, is diens aan God.
Dit is wat die Bybel ons leer. Ons kan daarom nie sê: ek gaan nie die ander dien nie, want dan sê ek eintlik ook: ek wil God nie dien nie.
Skriftyd.
Lees Ef 2: 10. (Kyk na die konteks waarbinne die teks staan.)
· Wat hoor jy as Paulus skryf: “God het ons gemaak wat ons nou is: In Christus het Hy ons geskep…”
Praat oor die betekenis dat God jou geskep het.
Watter gedagtes kom hieroor by jou op?
Oop vraag. Beklemtoon dat elkeen uniek geskep is, niemand soos jy, een is nie belangriker as die ander een, kroon van die skepping (Ps 8), ons is vir God kosbaar, daarom stuur Hy sy Seun vir ons.
· God het jou geskep met ‘n spesifieke “shape”. Dink oor jou “shape”.
Elkeen het ‘n unieke “shape” soos wat God bepaal het. Een “shape” is nie belangriker as ‘n ander “shape” nie. Bevestig mekaar se “shape” deur vir die ander een te sê wat jy raaksien wat God vir hom/haar gegee het.
Nota: Indien daar tyd is, kan julle na die preek se kort samevatting kyk oor waaruit bestaan “SHAPE”.
· Paulus sê: God het ons geskep vir ‘n bepaalde doel: “om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”
Wat is hierdie goeie dade?
Oop vraag. Dit is enige iets wat ek aan ‘n ander doen om daarmee Jesus se liefde op ‘n tasbare wyse te leef. Ons kan ook praat van bediening. Bediening is om jou “shape” te gebruik om iemand anders in die Naam van die Here te dien. Wanneer jy jou Godgegewe “shape” gebruik vir diens vervul jy jou roeping.
Hierdie dien, bediening vra iets: die liefde wat Christus vir my het, moet in my daaglikse lewe hande en voete kry.
· Aan wie word hierdie goeie dade gedoen? Lees Matt 25: 37 – 40 om julle hiermee te help. Wees prakties in julle dink hieroor.
Hierdie dien mekaar is so belangrik dat Jesus sê: vir sover jy dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het jy dit aan my gedoen…
Wie is hierdie broers? Die vreemdelinge, die sonder klere, die siekes, die wat honger en dors is, in die tronk.
God wil jou gebruik op ‘n spesifieke plek. Daar waar jy elke dag is: (Voorbeelde, brie uit)
Werkplek: of jy baas of klaas is. Begin jou werkers bedien. Nie soseer met geld nie. Bless hulle met die liefdesgawes van Jesus.
Koopplek: Bedien die kassier met ‘n vriendelike groet op sy/haar naam. Dankie aan die skoonmaker in die mall of gym sodat jy in skoon omgewing kan wees.
Uitdaging: Neem ‘n besluit oor waar jy die week jou “shape” gaan gebruik tot voordeel van iemand anders. Dink spesifiek aan iemand wat nie naby aan jou is nie of met wie jy nie ‘n goeie verhouding het nie.
God wil julle as groep gebruik: As julle nog nie as groep betrokke is nie, begin dink aan moontlikhede. Doen dit in gebed.
Bidtyd.
Dank die Here vir jou unieke “shape”. Stel jou “shape” tot beskiking vir diens aan God. Vra die Heilige Gees om jou sensitief te maak om die diensplekke waar God jou wil gebruik, raak te sien.
Vrede vir jou,
Rikus.

Dag 28 : Dit kos tyd
Om ‘n goeie atleet te wees kos oefening. Om goed in jou beroep te wees kos sekere inspaning en “oefening”, sowel as toepasing. Oor die afgelope drie weke het ons stil gestaan by: Ons moet God aanbid, laat glimlag”, Ons is deel van God se gesin en die week, Hoe word ons meer meer soos Jesus.
Ek kom tot die gevolgtrekking dat al is ek deur genade gered, is dit vir my ’n wonderlike voorreg om God te dien in alles wat ek doen, ook deel van ’n God se gesin te wees en dan die week se boodskap om as kind in die Vader se hand te kan groei.
Die realiteit is soos ek my motor gereeld moet brandstof moet volmaak, moet ek ook tyd maak om aan Sy voete te sit, God se woord te oordink en in gebed met Jesus te wees. Anders gaan ek op “Empty” hardloop wat alles dan te vergeefs gaan wees.
Die volgende gedeelte uit Esra het vir my waarde en dien vir my as ’n riglyn:
10Esra het hom gewy aan die wet van die Here. Hy wou dit in die praktyk toepas en Israel elke voorskrif en bepaling leer. Esra 7:10
Hy het hom gewy aan die Here.
Hy wou dit in die praktyk toepas, leef.
Hy wou dit aan ander leer.

Dag 26 & 27 : Groei deur versoeking
By Dag 22 het ons stil gestaan en gekyk na hoe my karakter moet lyk as ek meer soos Jesus wil word. Ons het ook gesien oor die afgelope paar dae dat ons groei in die geloof deur “toetse”, nou gaan ons stilstaan en kyk na die impak van versoekings op ons lewe...
12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
13Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. 14Maar ’n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. 15Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.
16Moenie julleself mislei nie, my liewe broers. 17Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie. 18Omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring, sodat ons, om dit so te stel, eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het. Jakobus 1: 12-18
Die Bybel in praktyk verklaar die gedeelte as volg :
1:12 Die oorwinningsprys vir die een wat standvastig bly. Na die onderbreking oor die tekortkoming van wysheid (1:5–8) en rykdom (1:9-11), hervat Jakobus sy gedagtes oor die feit dat mens se geloof getoets word. Die beeld waarmee hy hier werk, is dié van iemand wat aan ’n atletiekwedloop deelneem. Die deelnemer moet tot by die wenpaal verby aanhou hardloop om die oorwinningsprys te ontvang. Vir die gelowige is dit die lewe, die ewige lewe. Gelukkig hang dit nie van ons af of ons sal kan volhard nie, want “omdat dit sy wil was, het God ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring” (1:18). Jy kan dus met vertroue aan jou lewenswedloop deelneem, in die wete dat jy die wenpaal sal bereik en die oorwinningsprys sal ontvang.
1:12 Daar is ’n groot verskil tussen beproewings en versoekings. Versoekings het nie ten doel om die egtheid van jou geloof te toets nie of jou volhardingsvermoë te oefen soos die geval met beproewings is nie. Versoekings is ’n verleidingspoging, ’n poging om jou op die gly-baan te laat sit wat jou in die hel gaan uitspoeg.
1:13–15 Waar versoekings vandaan kom. Die gelowiges sou mak-lik die gedagtesprong kon maak om te sê dat dit God is wat al die teëspoed en swaarkry oor hulle bring, en daarom spel Jakobus nou duidelik uit waar versoekings vandaan kom. Eers stel hy duidelik dat mens nie die skuld vir God moet gee nie (1:13). ’n Mens sou verwag dat hy die skuld vir die duiwel gaan gee. Hy doen dit egter nie, maar wys met sy vinger reguit na die gelowige, na jou. As jy verlei word is dit jóú skuld! Dit is jyself wat aan jou begeertes toegee. Moenie jou probeer verontskuldig deur die skuld vir die duiwel (en dus vir God), of vir enigiemand anders te gee nie.
1:14–16 Jakobus skets hier jou begeertes as ’n persoon, as ’n slegte vrou wat jou seksueel uitlok. Die beeld laat blyk dat ’n versoeking uit drie fases bestaan: (1) Jy wil ’n verkeerde ding doen, maar jy het nog nie die besluit geneem om dit te doen nie; die slegte vrou (jou begeerte) lok jou uit en wil jou bed toe sleep. (2) Die oomblik wat jy die besluit neem om die verkeerde ding te doen, het jy saam met die slegte vrou (jou begeerte) in die bed geklim, en deur die seksuele gemeenskap het sy bevrug geraak en die babatjie wat gebore word (jou verkeerde daad of woorde), is sonde. (3) Die babatjie (sonde) dra self klaar ’n embrio in hom rond, naamlik die ewige dood. As jy die babatjie (jou sonde) nie klein nek omdraai nie, gaan die embrio ontwikkel en as hy eers gebore is, is dit te laat. Dan is daar nie meer omdraaikans nie. Jou eie begeertes is dus soos ’n slegte vrou wat alles in haar vermoë doen om die ma te word van ’n “sonde”- babatjie. Wees bedag op haar, leer haar goed ken, en moenie aan haar slinkse uitlokkings toegee nie.
As daar nou sondes in jou lewe is, stop onmiddellik daarmee, voordat hulle aan die dood geboorte gee. (Vgl Matt 4:1–11, 1 Kor 10:13 en 2 Tim 2:22 vir meer omtrent die wyse waarop ’n mens aan versoeking ontkom.)
1:16–18 God se rol in die gelowige se lewe. In 1:13 het Jakobus gesê wat God nie doen nie, en nou verduidelik hy watter rol God wel in die lewe van die gelowige speel. Hierdie verse laat duidelik blyk dat God nie ’n kwaadwillige is wat net op die uitkyk is om jou te versoek nie. Inteendeel, Hy gee alles wat nodig is om onder beproewing te volhard, en om versoekings te weerstaan.
1:17 Lig is dikwels simbool van goedheid, terwyl donkerte simbool van die bose is (vgl ook Ps 27:1; Jes 60:19–22; Joh 1:1-14).
1:17 Baie mense dink dat hulle lewens deur die stand van die hemel-ligte (sterre) bepaal word. Hierdie vers laat blyk dat geen gelowige ooit sodanige standpunt kan hê nie, want ons Here het die einste hemelligte geskep. Dit is net Hy wat jou lewensgang bepaal, en nie sterre nie.
1:18 In hierdie woorde lê daar groot troos. God het jou sy kind gemaak, en daarom kan jy met vertroue onder beproewing volhard en versoekings weerstaan. God se besluit, sy wil, gee jou die sekerheid, want Hy verander nie.
Hoe word ons deur satan versoek:
Begeerte word geidentifiseer satan in ons, “Ons gedates”: Mark 7:21-23
Twyfel word geskep deur satan, “Is dit werklik sonde?”, Hebr 3:12
Die sonde word verdoesel, satan is tog die vader van die leen, Joh 8:44
Onthou gedagtes word gedrag.
Hoe oorwin ons versoekings:
Ons staan sterk in Christus en sal nie geintimideer word, 1 Kor 10:13
Herken jou versoekings patroon. Ons moet bewus wees wat ons swak punte is en tweedens risiko areas vermy so ver as moontlik. 1 Pet 5:8
Vra altyd God se hulp. Hebr 4:16
22Vermy die begeertes wat ’n jongmens in gevaar bring, en streef na opregtheid, geloof, liefde en vrede, saam met almal wat uit ’n rein hart die Here aanroep.2 Tim 2:22
Hoe verslaan ons versoekings:
3Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan. 1 Kor 10:13
Fokus op iets anders – As ons nie daaraan dink sal dit weggaan, Ps.119:37
Ons moet ’n ondersteunings groep, vriend of vriende hê.
Weerstaan die duiwel, hy is reeds oorwin,
7Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.
Jakobus 4:7
Gebruik die skrif as jou rots en vaste hoop.
Ons moet ons kwesbaarheid besef. Spreuke 14:16

Dag 25 : Deur probleme omskep
Ons het reeds gesels as dit soms moeilik gaan in ons lewe, hoe ons die toetse hanteer. Kom ons gaan kyk vandag na Rom 8: 28-29.
28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. 29Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.
Watter probleme in my lewe het my die meeste in Christus laat groei?

Dag 24 : Deur waarheid geskep….
4Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” Mat 4:4.
32Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het. Hand 20:32
Om te groei in die geloof moet ons lewens gevul word deur die woord. God se woord bring die volgende verandering in ons lewe: Skep lewe en geloof, Ons verander om meer soos Jesus te word, Die woord gee aan ons ‘n stewige fondasie teen die aanslae van die duiwel, Bring nuwe gedagtes mee en bring ‘n ewige lewe voort.
12Sy bevel verontagsaam ek nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes. Job 23:12
105U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Ps. 119:105.
Verder is God se woord ons geestelike voedsel.
Die volgende drie beginsels geld om getrou aan God se woord te bly in ons daaglikse lewe:
Ons moet Sy gesag aanvaar; God se woord , moet die kompas van ons lewens wees:
16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk. 2 Tim 3:16.
Ons moet die waarheid aanneem; Ons moet God se woord met ‘n oop gesindheid en ‘n hart wat ontvanklik is lees.
Dis belangrik dat on gereeld die woord bestudeur
. 19Hy moet die afskrif by hom hou en sy lewe lank moet hy dit gereeld lees sodat hy kan leer om die Here sy God te dien deur gehoorsaam te wees aan alles in hierdie wet en om volgens al hierdie voorskrifte te lewe. Deut 17:19
Dat on vrae vra soos ons lees en neerskryf wat ons verstaan en leer uit die woord.
Ons moet die woord memoriseer.
Ons moet nadink en mediteer oor die woord.
97Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by. Psalm 119:97,
Ons moet die beginsels toepas.
22Nadat God hom van sy amp onthef het, het Hy Dawid as koning oor hulle aangestel. Van hom het God gesê: ‘Ek het in Dawid seun van Isai ’n man na my hart gevind. Hy sal al my opdragte uitvoer. Hand 13:22
7As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. 8My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” Joh 15: 7-8.
17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.” Joh 13:17
Wat hou my terug...
Om gereeld God se woord te lees, te oordink en in gebed te oordink?
Om te leef volgens God se woord?
31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Joh 8:31-32

Tuesday, August 26, 2008
Dag 23: So groei ons…
2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Rom 12:2
Soos dissipels die besluit geneem het om Jesus te volg op Sy uitnodiging van: “Volg my..., Is die vraag vir elke mens ook, is jy bereid om die sondige wereld wat ook wereld lekker kan wees agter te los en te begin werk aan ‘n lewe van groei wat aan jou en my die belofte van Hemelse geluk en vrede bied.
Petrus waarsku ons dat ons oomblike op aarde ewigheidswaarde het in 2 Petrus 3:11:
11Aangesien al hierdie dinge so aan hulle einde gaan kom, moet julle des te meer vroom en aan God toegewy lewe.
Gedagtes om na te dink uit die hoofstuk:
God se rol en my rol:
12My geliefdes, julle was altyd gehoorsaam wanneer ek by julle was. Des te meer moet julle gehoorsaam wees nou dat ek nie daar is nie. Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, 13want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. Fill 2:12-13
Die Bybel in praktyk vertolk dit as volg:
2:12 Paulus is nou nie meer daar om die Filippense te herinner wat reg is nie, en daarom is dit des te belangriker dat hulle aan die Woord van God gehoorsaam moet wees. Wanneer mens se geestelike leiers nie teenwoordig is nie, moet mens dubbel versigtig wees om reg te lewe. ’n Mens moet dan juis te meer jou aandag voluit op Christus rig, sodat jy nie op ’n dwaalspoor gebring word nie. Jou hele lewe moet wys dat jy ’n verloste is.
2:13 God laat jou nie aan jouself oor in jou poging om so te leef soos Hy dit wil hê nie. Deur sy Gees maak God jou gewillig om jou lewe in te rig soos wat Hy dit wil hê, en deur dieselfde Gees stel Hy jou ook in staat om dit reg te kry.
Ons gedagtes vs. God se planne:
Maak ek tyd om na God se stem te luister? Leer ek uit sy woord? Groei ek op ‘n geestelike groei kurwe of ek ek in ‘n gemaksone?
12Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het. 13Dit verkondig ons ook, nie met geleerde woorde wat die menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer.
So verklaar ons geestelike dinge aan mense wat die Gees het. 14Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vir hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word. 15Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie. 16Daar staan geskrywe:
“Wie ken die gedagtes van die Here? Wie sal hom raad gee?” Maar ons, ons het die Gees van Christus. 1 Kor 12-16
Ek haal die notas uit Die bybel in praktyk graag aan oor die gedeelte:
2:13 Paulus praat met gesag, want sy woorde is dié van die Heilige Gees. In ’n sekere sin is elke gelowige in staat om die Skrif te verstaan as die Heilige Gees dit aan ons verduidelik. Hier sien ons egter hoedat Paulus op ’n unieke wyse onder die leiding van die Heilige Gees geskryf het en deur Hom geïnspireer is. Die Heilige Gees verduidelik aan die gelowige ’n nuwe raamwerk of abc waarbinne hy/sy leef en werk.
2:14–15 ’n Mens wat toondoof is, is nie in staat om goeie musiek ten volle te waardeer nie. Net so is elkeen wat die Here verwerp, ook nie in staat om sy wonderlike boodskap te waardeer nie. Kommunikasie is nie in so ’n geval moontlik nie, want so iemand kan nie hoor wat die Here vir hom sê nie. Iemand moet eers op die golflengte van die Gees wees om God werklik te kan hoor. In rekenaartaal: kommunikasie is slegs moontlik wanneer daar tussen gebruiker en rekenaar ’n taal of kodering bestaan.
2:14 Nie-Christene verstaan niks omtrent God nie en hulle kan ook nie begryp dat sy Gees in die harte van gelowiges woon nie. Ons moenie verwag dat ongelowige mense begrip sal hê vir ons besluit om Christus te volg of dit sal goedkeur nie, want vir hulle lyk dit heeltemal na onsin.
2:15–16 Gelowiges het Gees-insig omdat dit aan hulle gegee is deur die Gees. In Jesaja 40:13 wat Paulus aanhaal, word die almag van God juis beklemtoon. God weet wat Hy moet doen al verstaan die mens dit nie. Om Christen te wees, beteken dat jy die Gees ontvang het.
Dan los dit my seker met die vraag?
Wat moet ek ophou doen om die Gees se lyding beter in my lewe te ervaar? Wat maak geraas dat ek nie hoor?

Subscribe to:
Posts (Atom)