Saturday, September 6, 2008

TEMA 6: God stuur my!

TEMA 6: God stuur my!
(Dag 36 - 40 uit Doelgerigte lewe.)

In Joh 20:21 sê Jesus aan sy dissipels na sy opstanding, “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook”. Daarom tree ons in die woorde van 2 Kor 5:20 as gesante van Christus op. Die sending wat Jesus op aarde gehad het, is nou ons sending! Ek en jy is gestuurdes van God!

· Gedurende die 40 DAE van DOELGERIGTE LEWE het ons geleer van God se 5 doelwitte met ons lewens op aarde. Hy het my gemaak om ‘n lid van sy familie te wees; om ‘n model van sy karakter te wees; om sy glorie te vergroot; om ‘n bediener van sy genade te wees; en om ‘n boodskapper van sy Blye Boodskap aan ander mense te wees. Gesels met mekaar oor die belangrikheid van die 5de doelwit in die lig daarvan dat dit al een is wat NET OP DIE AARDE kan geskied.
Die klem moet hier val dat ofskoon die ander 4 doelwitte net só belangrik is, hulle almal oploop na die 5de doelwit as die hoogtepunt van “wat op aarde doen ek hier?” – dws my doel hier op aarde.

Lees 1 Kor 9:16-27 en gesels oor die vlgde opmerkings:
· Beteken die gedeelte dat Paulus nou glad nie meer ‘n Jood is nie? Waarin vind Paulus sy ware identiteit? (vgl ook Filp 3:4-11)
Paulus hou defenitief nie op om ‘n Jood, of Hebreeus-sprekende te wees wat in die Joodse wet geskool is nie. Ek sou selfs so ver gaan as om te sê dat dié sake sekerlik nog vir hom kosbaar was. Die punt is: dié goed bepaal nie eens naastenby wie hy werklik is nie – dws sy ware identiteit. Hy is ‘n deur God-gestuurde, en het die vryheid om gemaklik heen en weer tussen sy ander indentiteitsmerkers (d.i. sy Joodsheid, ens) te beweeg sonder dat dit hom bind. Hy word net gebind deur sy indentiteit in Christus as ‘n gestuurde.

· Gesels met mekaar oor wat Paulus bedoel as hy in vers 21 sê dat hy “onder die wet van Christus” staan.
Om “onder die Joodse wet” te wees, beteken om absoluut daardeur gebonde te wees. Dit en dit alleen bepaal jou lewe. In teenstelling daarmee is om “onder die wet van Christus” te wees, om Christus te gehoorsaam en wat Hy gedoen en geleer het, na te volg. Waar die Joodse wet onderdrukking, afskeiding en vermyding van die wat anders is tot gevolg het, maak die navolging van Christus mens juis vry om oop te wees vir ander en by hulle betrokke te raak.
· Wat beteken het die frase, “love them till they ask you why” vir die hele begrip van ‘n gestuurde deur God? (vgl 1 Pet 3:15-16)
Om vir mense tromp op te gaan staan en “preek” om hulle “harte vir die Here te gee” gaan waarskynlik nie baie sukses hê nie. Mens sou eerder vanuit die liefdesgebod (vgl Jh 13:35) op só wyse met mense moet omgaan dat hulle die waarheid van wie Jesus is in jou lewe sien en jy só die reg kry om met hulle oor Jesus te praat.
· Gesels saam aan die hand van Hd 1:8 oor die implikasies van ‘n gestuurde van God wees.
Getuie / gestuurde in Jerusalem: hier waar jy woon en elke dag beweeg – en dus mense en situasies met wie jy fisies in aanraking kom. In Judea: die groter area van jou stad / provinsie – waar jy nie so gereeld kom nie – nie met almal fisies in aanraking kom nie. In Samaria: in die groter SA (ook Afrika?) waarvan jy dalk heelwat weet wat aangaan – maar waar jy nie self mee fisies kontak het nie. Die uiteindes van die wêreld: presies soos dit sê. DINK AAN PRAKTIESE MANIERE WAT JULLE GROEP KAN DOEN OM GESTUURDES IN AL HIERDIE KONTEKSTE TE WEES.

Verbind julleself daaraan om bewustelik en prakties as God se gestuurdes in hiérdié wêreld te gaan leef.

Shalom!
De la Harpe

Dag 35: God se krag in my swakheid?

4want al is Hy gekruisig in die swakheid van ’n mens, Hy leef uit die krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe. Dit sal julle sien. 2 Kor 13:4


Ek moet moet “swak” wees, die eie ek afsterwe, sodat God deur my kan werk...

Ek deel graag die volgende gedeelte uit Bill Hybels en Ken Blanchard se boek, “Leadership by the book”:
Leadership Credo
1. I admit that on more than one occasion I have allowed my ego needs and drive for earthly success to impact my role as a leader.
2. I've come to believe that God can transform my leadership motives, thoughts, and actions.
3. I've made a decision to turn my leadership efforts over to God, and to become an apprentice of Jesus.
4. I make a daily inventory of my leadership motives, thoughts, and behaviors that are inconsistent with servant leadership.
5. I admit to God, to myself, and to my significant others the exact nature of my leadership gaps—when I behave in ways that do not make Jesus proud.
6. I am entirely ready to have God remove all character defects that have created gaps in my leadership.
7. I humbly ask God to remove my shortcomings and to strengthen me against the temptations of recognition.
8. I'm making a list of people whom I may have harmed by my ego driven leadership, and I am willing to make amends to them all.
9. I make direct amends to each person whenever possible, unless doing so would injure them or others.
10. I continue to take personal inventory regarding my leadership role, and when I am wrong, I promptly admit it.
11. By engaging the disciplines of solitude, prayer, and study of the Scripture, I seek to align my servant leadership efforts with what Jesus modeled, and too constantly seek ways to be a servant first and a leader second with the people I encounter in my leadership responsibilities.
12. Having had a "heart attack" regarding the principles of servant leadership, I have tried to carry this message to other leaders, and to practice them in all my affairs.

Leadership by the book: Bill Hybels

Dag 34: Dink ek soos ‘n “Servant leader”?

Dink aan ander en nie aan myself?
4Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Fil 2:4

Dink ek met ’n gesindheid, dat alles net aan my toevertrou is ?
Is ek ’n Koningkrykbouer of Weeldebouer?

Dink ek aan my werk en nie wat ander doen nie?
4Wie is jy om oor iemand anders se bediende te oordeel? Sy eie werkgewer sal oordeel of hy goed doen of nie. Maar hy sal goed doen; daarvoor sal die Here sorg. Rom 14:4

Dienaars grond hulle identiteit in God.
18Die man wat die proef deurstaan het, is nie die een wat homself prys nie, maar die een wat deur die Here geprys word. 2 Kor 10:18

Dienaars beskou hulle bediening as ’n geleentheid en nie as ’n plig nie.
2Dien die Here met blydskap!... Ps 100:2


5Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Fil 2:5

Dag 33: Wat ware dienaars doen

IS EK ‘n “SERVANT LEADER”?

Stel ek myself vir diens beskikbaar?
4’n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. 2 Tim 2:4

Is ek altyd op die uitkyk waar ek kan help?
10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges. Gal 6:10

Gebruik ek my “SHAPE” ten beste van God en Sy gesin?
4Wie die wind bly dophou, saai nie,wie na die wolke bly kyk, oes nie. Pred 11:4

Doen ek alles wat ek doen met oorgawe?
23Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie
Kol 3:23
Is ek altyd getrou aan wat ek se en doen?
Psalm 12.
Doen ek bostaande met nederigheid?
3As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself. 4Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van ’n ander te vergelyk Gal 6:3-4.


WAAR IS MY ONTWIKKELINGS AREAS?

Dag 32 : Gebruik wat God jou gegee het.

“Wat jy is, is God se geskenk aan jou; wat jy met jouself doen, is jou geskenk aan God”
Deense spreekwoord

15Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ’n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ’n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig. 2 Tim 2:15

Hoe kan ek die beste gebruik maak van wat God my gegee het, my SHAPE?

Monday, September 1, 2008

Dag 29 – 31 “Geshape om God te dien”

Paulus stel dit dat ons geskep is om God te verheerlik deur goeie dade :

10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Eff 2:10

Johannes som sy lewe se werke as volg op:
4Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. Johannes 17:4.

Dit word gestel soos volg deur Rick Warren gestel, Ons is;
Geskep om God te dien, Eff 2:10
Ons is gered om God te dien, 2 Tim 1:9
Ons is geroep om God te dien, Eff 4:4-14
Ons word beveel om God te dien, Mat 20:28.

Job stel dit in Job 10:8, U hande het my gevorm, my gemaak. Dit wil sê ons is almal uniek soos ons vingerafdrukke om ons unieke gawes vir God in die werêld te kom uitleef....

Rick Warren gebruik die volgende akroniem om te verduidelik hoe God na ons kyk en ons toerus as hy ons ’n opdrag gee: (SHAPE)

Sielgawes “Spiritual Gifts”
7Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. 8Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ’n woord van wysheid te praat, aan ’n ander ’n woord van kennis deur dieselfde Gees; .... 11Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ’n gawe uitdeel soos Hy wil.
1 Kor 12:7-11

Weer eens is die gawe deur die Gees aan ons gegee, om God te laat glimlag deur hoe ons dit gebruik om God te dien.

Hart, verwys na ons drome, ambisies en emosies. Ons harte openbaar wie ons werklik is... as niemand kyk nie, dit wat net God sien.
34“Julle slange! Hoe kan julle wat sleg is, iets goeds sê? Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Mat 12:34.
Doen ek die dinge in my lewe, wat die passie in my los maak?
Wat is dit wat ek graag wil doen, en dit so sal doen dat God sal glimlag?
As ek dink, as ek besig is met wat, is ek op my effektiefste?
Doen ek wat ander mense in my lewe wou hê ek moet doen, of doen ek dit wat ek wil?
Waaroor droom ek?

Aanleg “Abilities”
Ons natuurlike aanleg kom van God.
Ek kan my aanleg gebruik om God te laat glimlag.
God wil hê ek moet my aanleg gebruik om ander te help tot Sy eer. (Servant Leadership.)

Persoonlikheid, elkeen van ons is uniek met ons eie nikke en grille. Maar elkeen van die persoonlikhede is nodig om spesifieke werke tot eer van God uittevoer.

Ervaring, wat se ervaring vorm deel van my menswees, wat ek kan aanwend om God te laat glimlag, ander te help en te ondersteun?

4In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, 2 Kor 1:4

My eie gedagtes:

Om ten volle in harmonie te lewe moet hierdie komponente mekaar komplimenteer in my lewe, dan sal ek ten volle kan lewe tot eer van God. Maar dit gaan kos dat ek God se woord lees, oordink en tweedens bid en stilword dat ek kan hoor wat God vir my wil sê.

Sunday, August 31, 2008

Ge"shape" Preek

Inleiding:
Wat op aarde maak jy hier?
Jy en ek is hier om ‘n verskil te maak. Ons is op hierdie aarde met ‘n bepaalde doel: nie net om die hulpbronne op te gebruik nie. Ons mag nie net suurstofdiewe wees nie, want dit is nie waarom God ons op hierdie aarde geplaas het nie. God het ons geskep met ‘n bepaalde doel. God het aan elkeen van ons ‘n bepaalde unieke SHAPE gegee om ‘n positiewe verskil te maak in hierdie wêreld. Ons is geSHAPE vir diens.
Teks:
Ef 2:10: God het julle gemaak wat julle nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

Ons is God se handewerk. God het ons in ‘n bepaalde shape geshape.
Hierdie shape bestaan uit verskillende boustene. Ons gaan na 5 kyk:

1 Ge”shape”.

Sielsgawes = besondere genadegawes.
God gee aan elke kind van Hom deur die HG bepaalde gawes. 1 Kor 12: 11
4. Daar is 'n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee.
Paulus praat van: 'n woord van wysheid te praat,
'n woord van kennis deur dieselfde Gees; genadegawes van gesondmaking
krag om wonders te doen,
gawe om te profeteer,
Vers 11: Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil.
Duidelik: God gee die gawes soos wat Hy besluit.

Waarom gee God dit?
Sodat ons God kan dien deur ander te dien. 1 Kor 12:7 Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Kan dit nie vir myself hou nie.

Hart = passie
Woord hart het in Bybel die betekenis van begeertes, belangstellings, ambisies, drome, emosies. Daarmee word bedoel jou hart bepaal waarom jy die dinge sê wat jy sê; en
doen wat jy doen en hoe jy voel. Ons praat hier van wat is jou passie: sommige goed gryp jou aan, ander laat jou koud. Gaan oor jou belangstellings. Gaan leef jou passie.




Aanleg = vermoëns waarmee jy gebore word.
God het ons elkeen met sy uniekhede gevorm. Party van ons het ‘n aanleg / vermoë om met ons hande te werk, ander met syfers, ander met fisika, diere, mense ens. Jy is ‘n pakket van ongelooflike vermoëns, ‘n verstommende skepping van God.
God wil dat wat jy ookal doen, jy alles tot eer van die Here moet doen.

Persoonlikheid =
God het ons met verskillende persoonlikhede geskep: ekstroverte, introverte, denkers, gevoelsmense, drywers, beplanners ens. Daar is geen regte of verkeerde persoonlikheid nie. Petrus se persoonlikheid was anders as die van Paulus en Paulus was weer anders as Moses. God gebruik hulle met hulle persoonlikhede.

Wat belangrik is: ken jou persoonlikheid en gebruik dit in God se diens.

Ervaring =
Ervarings, dit wat met jou gebeur, vorm jou menswees. Die meeste van die goed wat met jou gebeur het, was nie omdat jy dit beplan het nie maar omdat dit gebeur het. Luister hoe praat Paulus daaroor: 2 Kor 1: 4 In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig,

Elkeen van ons het ‘n unieke shape.
Niemand se shape is beter as iemand anders se shape nie. 1 Kor 12:5. “Daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee,”
Daar is plek in die gemeente vir elkeen se shape. Daar is plek in die omgewing daar buite vir elke shape. Ontdek jou eie shape: dit wat jy kan doen en waarvan jy hou, en kry die diensplek waar jy pas.

Onthou jy is geshape vir diens.
‘n Kerkwoord wat ons gebruik is bediening.

2 Diens.
My diens, my bediening is aan God:
Ons dien God deur ander te dien.
Jesus is hierin die voorbeeld by uitnemendheid.
Wanneer Paulus in Fil 2:3 oor die diens-gesindheid van gelowiges in die wêreld praat sê hy:
Vers 3: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan die van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

Jesus gee Homself as dienaar. Dit is wat Hy ook wil hê dat ons moet wees: dienaars vir mekaar. Die voetewas van Sy dissipels in Joh 13 kom illustreer juis dit: dien mekaar. Dien die ander een. En geen daad is te klein of te eenvoudig nie. Geen daad is benewe die stand van die gelowige! Trouens die gelowige gaan doen juis wat ander mense nie bereid is om te doen nie.

Jy is dienaar van God deur te bedien.

Bediening: is om jou shape te gebruik om iemand anders in die Naam van die Here te dien. Wanneer jy jou Godgegewe shape gebruik vir diens vervul jy jou roeping.
Hierdie dien, bediening vra iets: die liefde wat Christus vir my het, moet in my daaglikse lewe hande en voete kry.
God wil jou gebruik op ‘n spesifieke plek. Daar waar jy elke dag is:
Werkplek: of jy baas of klaas is. Begin jou werkers bedien. Nie soseer met geld nie. Bless hulle met die liefdesgawes van Jesus.
Koopplek: Bedien die kassier met ‘n vriendelike groet op sy/haar naam. Dankie aan die skoonmaker in die mall of gym sodat jy in skoon omgewing kan wees.

Hierdie dien mekaar, dien die ander is so belangrik dat Jesus sê: vir sover jy dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het jy dit aan my gedoen… Matt 25
Wie is hierdie broers: die vreemdelinge, die sonder klere, die siekes, die wat honger en dors is, in die tronk is.

Uitdaging: begin jy met iets. Raak betrokke. Doen al die goeie dinge wat jy kan op al die moontlike maniere op al die moontlike plekke op al die moontlike tye so lank as wat jy lewe.
Dan gaan daar iets gebeur. As ons nie begin dien nie gaan daar niks gebeur nie.
Matt 9: 13. Dit help nie julle broei mekaar warm in die kerk en hou mooi eredienste nie. Nee, ek wil eerder hê julle moet mense help wat julle hulp regtig nodig het. Watter mense is dit? Die mense in die mall van die lewe. In die kerk en in die gemeente is ons saam om gepreach en veral geteach te word SODAT ons daar buite kan gaan bedien.
Jy is geshape vir diens.
Te veel sit in die kerk om bedien te word. Ek soek ‘n kerk wat my behoeftes bevredig en my seen
Kinders van die Here wat hulle roeping ontdek het vra nie: Wie gaan my behoeftes bevredig nie. Nee hulle vra: Wie se behoeftes kan ek bevredig?

Uitdaging: aan elke gelowige, aan elke kleingroep: bybelstudiegroep, wyk, of wie ookal: God vra van jou: gebruik jou shape om ‘n verskil te maak. Maak dit ‘n Gebedsaak. Vra: Here, waar wil U hê moet ek dien? Ek kan jou verseker: God het ‘n plek vir elkeen van ons.
Amen.


Belydenis:
Ds: Wat op aarde maak jy hier?
Almal: Ek is hier om God te dien.

Ds: Baie keer is ons net gefokus op ons eie behoeftes. Dan leef ons met ‘n gesindheid van: Ek wil bedien word.
Almal: Here, vergewe ons waar ons op ons trone van die eie-ek sit.

Sing Ps 130: 2 as skuldbelydenis.

Ds: In Jesus is jou sonde vergewe.

Alaml: Heilige Gees, ek is deur U geshape vir diens.
Here, wys my waar U my wil gebruik.
Hier is ek, gebruik my.
Amen.

Gebed:
Here, oral waar ek gaan laat ek vingerafdrukke na. Op die hande wat ek aanraak, op borde, mure en boeke. Daar is nie wegkomkans nie, waar ek vat plaas ek 'n teken van my identiteit. "Help my Here, om vandag waar ek ookal gaan hartafdrukke na te laat.. Hartafdrukke van regverdigheid en deernis, van begrip en liefde, van barmhartigheid en belangstelling. Hartafdrukke van hartlike vriendelikheid en van opregte betrokkenheid. Mag my hart 'n ander hart aanraak en 'n afdruk van u liefde laat." Amen.

Lofoffer. Slotlied: Lied 308: 1 – 5 beurtsang.
Seën:
God wat jou geshape het gaan jou genadig wees, die liefde van die Vader gaan by jou wees en die HG gaan jou gebruik as ‘n seen (blessing) vir die wêreld Amen.