TEMA 4: Ek word soos Christus!
(Dag 22 - 28 uit Doelgerigte lewe.)
God is meer geïnteresseerd in wie jy is as in wat jy doen. Nie net het Hy jou na sy beeld gemaak nie (Gen 1:27), maar gee Hy sy Seun Jesus Christus om dié beeld wat deur sonde vernietig is, te herstel. Sy Gees is op hiérdié oomblik aan die werk (2 Kor 4:16) om my en jou te verander om al hoe meer soos Christus te word!
· Deel met mekaar dit wat jy die afgelope tyd beleef in jou fokus op die Woord, of die nadink oor Rick Warren se Doelgerigte Lewe, of die saamwees in die kleingroep.
· Lees 2 Kor 3:1-18 en dink saam na oor die volgende vrae en opmerkings:
o Die ‘sluier wat van ons gesigte af weggeneem is’ (v 14, 16, 18) impliseer dat ons nou iets verstaan wat ons voorheen nie verstaan het nie. Wat is dit? Wat is dit spesifiek in jou lewe? (vgl Ef 1:17ev)
Dit gaan hier daaroor dat dit die Heilige Gees is wat ons geestesoë (Ef 1:17ev) kom oopmaak het, of soos die Dordtse Leerreëls (een van ons kerk se belydenisskrifte) dit stel: “...dring Hy [die HG] deur tot die binneste dele vd mens, open Hy die geslote hart; versag Hy wat hard is en besny Hy wat onbesnede is. In die wil stort Hy nuwe eienskappe in en maak die wil, wat dood was, lewend... Hy beweeg en versterk die wil sodat dit goeie vrugte kan dra” (hfst 3&4:11). Dis die Gees wat ons in die diepere waarhede inlei.
o Die woord ‘heerlikheid’ kom nie minder nie as 12 keer in hierdie gedeelte voor! Hoekom? Wat beteken dit om die heerlikheid van die Here te weerspieël (v 18)?
Dink hier aan die beeld v ‘n spieël wat die lig weergee van die groter lig (bv die son) wat daarop val. Maar eintlik is ons meer as ‘n spieël in die sin dat, anders as Moses se gesig wat geblink het na sy ontmoeting met God, ons nou “die lig van God” binne ons het (dink bv aan ‘n gaslamp wat aangesteek word en self brand). Weerspieël moet jou ook laat dink aan ons as Beeld v God (vgl Matt 5:16).
o Watter ‘hoop’ (v 12) skep hiérdié gedeelte by jou? Wat is die ‘vrymoedigheid’ wat dit jou gee?
Filp 1:6 – God wat die goeie werk in my begin het, sal dit voltooi! Dié nuwe / verandering / transformasie / heiligmaking wat Hy in my doen, is ALLES ‘n werk van die Gees! Daarom kan ek Hom vertrou! En kan ek in ‘n voortdurende verwagting leef dat God sal doen wat Hy beloof het!
· Rick Warren verwys in sy boek na 3 sake wat die Here gebruik om jou en my deur sy Gees te laat groei om al meer soos Christus te word. Gesels oor hoe dit prakties in jou lewe werk, of behoort te werk.
o Die Woord (vgl 2 Tim 3:1, Ps 119:11, Spr 22:17-18, Jh 8:31-32)
o Swaarkry en krisisse (Rom 8:28, 31ev)
o Versoekings (1 Kor 10:14, 2 Kor 5:10, Jak 4:6-8)
· Om meer soos Christus te word is ‘n groeiproses wat jou hele lewe gaan duur. Lees Filp 1:6 as gebed.
Shalom!
De la Harpe
Sunday, August 24, 2008
Saturday, August 23, 2008
TEMA 4: Ek word soos Christus!
(Dag 22 - 28 uit Doelgerigte lewe.)
God is meer geïnteresseerd in wie jy is as in wat jy doen. Nie net het Hy jou na sy beeld gemaak nie (Gen 1:27), maar gee Hy sy Seun Jesus Christus om dié beeld wat deur sonde vernietig is, te herstel. Sy Gees is op hiérdié oomblik aan die werk (2 Kor 4:16) om my en jou te verander om al hoe meer soos Christus te word!
§Deel met mekaar dit wat jy die afgelope tyd beleef in jou fokus op die Woord, of die nadink oor Rick Warren se Doelgerigte Lewe, of die saamwees in die kleingroep.
§Lees 2 Kor 3:1-18 en dink saam na oor die volgende vrae en opmerkings:
ú Die ‘sluier wat van ons gesigte af weggeneem is’ (v 14, 16, 18) impliseer dat ons nou iets verstaan wat ons voorheen nie verstaan het nie. Wat is dit? Wat is dit spesifiek in jou lewe? (vgl Ef 1:17ev)
ú Die woord ‘heerlikheid’ kom nie minder nie as 12 keer in hierdie gedeelte voor! Hoekom? Wat beteken dit om die heerlikheid van die Here te weerspieël (v 18)?
ú Watter ‘hoop’ (v 12) skep hiérdié gedeelte by jou? Wat is die ‘vrymoedigheid’ wat dit jou gee?
§Rick Warren verwys in sy boek na 3 sake wat die Here gebruik om jou en my deur sy Gees te laat groei om al meer soos Christus te word. Gesels oor hoe dit prakties in jou lewe werk, of behoort te werk.
Die Woord (vgl 2 Tim 3:1, Ps 119:11, Spr 22:17-18, Jh 8:31-32)
Swaarkry en krisisse (Rom 8:28, 31ev)
Versoekings (1 Kor 10:14, 2 Kor 5:10, Jak 4:6-8)
§Om meer soos Christus te word is ‘n groeiproses wat jou hele lewe gaan deur. Lees Filp 1:6

Dag 21: Beskerm jou kerk
Kan die “gesin van God” nie met ‘n orkes vergelyk word nie:
http://www.youtube.com/watch?v=Z3j0BWG6n_8&feature=related
Benjamin Zander, verwys na die simfonie as “Sounding Together”.
Hoe maak ons dan seker soos die orkes gebruik ons almal se gawes om God te laat Glimlag en ook Sy gesin te beskerm?
3Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
4Daar is net één liggaam en net één Gees, soos daar net één hoop is waartoe God julle geroep het. 5Daar is net één Here, één geloof, één doop, 6één God en Vader van almal: Hy wat oor almal is, deur almal werk en in almal woon. Eff 4:3-6.
In Die Bybel in Praktyk word die gedeelte as volg vertolk:
4:3 Om eenheid te bewerkstellig is een van die heel belangrikste take van die Heilige Gees. Ons word opgeroep om die eenheid wat Hy gesmee het, te handhaaf. Lees die aantekeninge by Johannes 3:6, Handelinge 1:5 en Efesiërs 1:14 vir meer inligting oor die persoon en werk van die Heilige Gees.
4:4–6 Hoekom die eenheid gehandhaaf moet word. In hierdie verse word dit duidelik waarom die eenheid gehandhaaf moet word, naamlik omdat ons as gelowiges een is in al die opsigte wat hier genoem word. In ons verhoudings met mekaar moet ons blyke gee van hierdie eenheid.
4:6 God is oor ons almal: Hy beheer die heelal. Hy werk deur almal: Hy gebruik elke gelowige om sy werk te doen. Hy woon in almal: Hy is nie verder van party as van ander nie, maar woon in elke gelowige. As jy toelaat dat gelowiges verdeeld raak, misken jy die waarheid van hierdie vers.
Uit die dagstuk is daar ‘n paar riglyne naamlik:
è Fokus op wat ons gemeen het en nie die verskille.
è Wees realisties met jou verwagtinge. Ons is net almal mense.
è Moedig eerder aan as om te kritiseer.
è Moenie skinder of na skinder stories luister nie.
è Besleg konflik volgens God se riglyne.
è Ondersteun die leierskap van Fichardt Kruin.
19Laat ons ons dan beywer vir die dinge wat die onderlinge vrede en opbou bevorder.
Rom 14:19.

Dag 20: Herstel stukkende gemeenskappe
Dag 20: Herstel stukkende gemeenskappe
18As dit moontlik is,sover dit van julle afhang,leef in vrede met alle mense. Rom 12:18
5En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. 6Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. 15:5.
Ek het ‘n paar jaar terug die volgende wyse woorde by ‘n vriend geleer:
“You are 100% responsabile for the response you get!”
Gandi het gese: “Be the change you want in the world.”
Daar word ook gese: “If you want to change somebody, first change yourself.”
So dit is dan duidelik dat ons gebrokenheid, het sy in die gesin of tussen mense sien is dit ons, “my”, plig om betrokke te raak.
Sou ek betrokke raak, is dit belangrik om eerstens die wereld van die ander persoon te verstaan. Om myself spreekwoordelik in hulle skoene te sit. As ek eers verstaan, “then I can really care”. Verder het ek nou ’n diagnose en kan ons saam aan die voorsrif werk.
Paar vedere gedagtes om ingedagte te hou in die sitsuasies:
è Praat eers met God en vra vir leiding.
è Reik altyd eerste uit.
è Gee om, “CARE” met empatie, werklike verstaan.
è As jy deel in die konflik het, erken jou aandeel.
è Spreek die probleem aan en nie die persoon.
è Skryf saam die nuwe storielyn.
è ’n Storie lyn van versoening en saamwees in die Gees.

Dag 19: Bou gemeenskap
17Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Jakobus 3:17-18
Hoe “commited” is ek tot die gemeenskap, God se gesin?
Want ‘n gesin kan slegs ontwikkel met almal se bydrae en “commitment”!
Wat is dan van die sleutel bydraes wat kan bydrae om die gesin te laat groei?
Dit kos eerlikheid om die gesin te laat groei.
Somtyds is dit makliker om weg te kyk as iemand iets verkeers doen. Dan regverdig ons om te se ons wil nie die persoon seermaak nie. Die waarheid is so die terugvoer die persoon op die regte pad bring, dra die seer by tot groei. Ons help met die snoei proses.
15Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe.
Eff 4:15.
Dit kos nederigheid om te gesin te laat groei.
“Nederigheid beteken nie dat jy minder van jouself dink nie; net dat jy minder dikwels aan jouself dink.” Rick Warren.
...Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” 1 Pet 5:5
Dit kos hoflikheid om die gesin te laat groei.
Dit kos vertroue om ’n gesin te laat groei.
Hoe kan ek iemand vertrou en wat kan ek doen dat ander lede van die gesin my vetrou: Deur konsekwent te wees, betroubaar te wees en laastens dit wat ek doen moet ek bevoeg wees om te doen.
Hierdie is ook daardie gedeelte dat my persoonlikheid, dit wat mense sien, en my karakter in harmonie met mekaar moet wees.
Ek sal ook altyd daarop uitwees om myself en ander mense te laat groei, en myself nie met die afbreek van self en ander besig te hou.
Dit kos gereelde bymekaarkom om ’n gesin te laat groei:
Bill Hybels het by geleentheid gesê: “Keep all meetings and interactions memorable”. So wat doen ek as ‘n leier, want ons is almal leiers in ons eie reg, “To keep all meetings memorable”? Want as ons dit regkry sal ons ‘n werklike gesin bou en uitbou.

Thursday, August 21, 2008
Dag 18 : Ervaar die lewe saam
Ek het ander mense in my lewe nodig!!!
2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. Gal 6:2.
Ons as mense is nie bedoel om alleen deur die lewe te gaan. Soos Wilde Honde die beste jagters van alle diere is omdat hulle as ‘n span saam werk, so moet ons as ‘n span optree om Jesus te laat glimlag as deel van God se gesin.
15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Kol 3:15.
Ons kry ook die volgende versekering in God se woord dat waar ons as God se gesin veragder ons Sy teenwoordigheid sal ervaar:
20want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Mat 18:20.
Dit is egter nodig dat ons gefokus as ’n gesin in gemeenskap, as gesin met God verkeer:
Met ware gemeenskap ervaar mens egtheid:
7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 1 Joh 7-8.
Met ware gemeenskap ervaar mens gemeenskaplikheid:
12Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne. Rom 1:12
In ware gemeenskap ervaar mense meelewendheid: “Empatie”.
As gesin moet ons die volgende onthou en uitleef: “People do not mind what you know, but how much you care”.
12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Kol 3: 12-14.
In ware gemeenskap ervaar mense genade:
7En wat julle betref, het ons ’n vaste verwagting. Ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het. 2 kor 2:7

Wednesday, August 20, 2008
Dag 17: " A place to belong".
Dag 17: “A place to belong”
19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. 20Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. 21In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ’n heilige tempel vir die Here, 22in wie julle ook saam opgebou word as ’n geestelike huis waarin God woon.
Eff 2:19-22.
Die Bybel in praktyk verklaar die stuk as volg:
2:19–22 Die eenheid van die nuwe mensheid. Met verskillende beelde beklemtoon Paulus dat die nuwe mensheid ’n eenheid is: almal is burgers, almal is lede van die huisgesin, almal maak saam die geestelike huis uit waarin God woon. Gelowiges moet dus besef dat daar nie so iets soos eersteklas en tweedeklas Christene is nie. Alle gelowiges is gelyk, en hulle vorm ’n eenheid soos wat ’n gebou ’n eenheid is.
2:20–21 Ons heg dikwels te veel waarde aan ’n kerkgebou, amper asof dit die “huis van God” is. Die gelowiges is die huis van God, en die gebou is maar net hulle vergaderplek. As ons die vergaderplek ’n mooi plek wil maak, moet ons des te meer moeite daaraan bestee om die “huis van God” (die gelowiges) ’n besondere eenheid en ’n sieraad vir die oog te laat wees. Dit doen ons as ons so leef dat dit duidelik is dat die Here in ons leef.
As lede van God se gesin is elke lid se eie gawes nodig om optimaal te werk:
4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Rom 12:4-5.
12:4–5 Paulus gebruik die menslike liggaam as beeld om vir sy lesers te verduidelik hoe Christene saam moet leef en werk. Die verskillende lede van die liggaam het verskillende funksies, en die liggaam werk net reg as elke lid sy eie funksie goed verrig (vgl 1 Kor 12:12–31; Ef 4:1-16). Bybel in Praktyk.
Hoekom het ons ‘n kerkfamilie nodig:
Dit bewys dat ons ware gelowig is
Die kerkfamilie red ons om selfgesentreerd te wees
16Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie—hoe kan die liefde van God in hom wees? 1 Joh 3:16-17
Die kerkfamilie help ons om ons geestelike spiere te bou
Die kerkfamielie het ons bydrae ook nodig
7Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal 1 Kor 12:7
Die kerkfamielie gee ons ‘n anker plek
As ‘n gesin kan ons God se woord en daad aan die wereld uitdra.
10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Eff 2:10

Subscribe to:
Posts (Atom)