17Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. 18Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. Jakobus 3:17-18
Hoe “commited” is ek tot die gemeenskap, God se gesin?
Want ‘n gesin kan slegs ontwikkel met almal se bydrae en “commitment”!
Wat is dan van die sleutel bydraes wat kan bydrae om die gesin te laat groei?
Dit kos eerlikheid om die gesin te laat groei.
Somtyds is dit makliker om weg te kyk as iemand iets verkeers doen. Dan regverdig ons om te se ons wil nie die persoon seermaak nie. Die waarheid is so die terugvoer die persoon op die regte pad bring, dra die seer by tot groei. Ons help met die snoei proses.
15Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe.
Eff 4:15.
Dit kos nederigheid om te gesin te laat groei.
“Nederigheid beteken nie dat jy minder van jouself dink nie; net dat jy minder dikwels aan jouself dink.” Rick Warren.
...Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help, want “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.” 1 Pet 5:5
Dit kos hoflikheid om die gesin te laat groei.
Dit kos vertroue om ’n gesin te laat groei.
Hoe kan ek iemand vertrou en wat kan ek doen dat ander lede van die gesin my vetrou: Deur konsekwent te wees, betroubaar te wees en laastens dit wat ek doen moet ek bevoeg wees om te doen.
Hierdie is ook daardie gedeelte dat my persoonlikheid, dit wat mense sien, en my karakter in harmonie met mekaar moet wees.
Ek sal ook altyd daarop uitwees om myself en ander mense te laat groei, en myself nie met die afbreek van self en ander besig te hou.
Dit kos gereelde bymekaarkom om ’n gesin te laat groei:
Bill Hybels het by geleentheid gesê: “Keep all meetings and interactions memorable”. So wat doen ek as ‘n leier, want ons is almal leiers in ons eie reg, “To keep all meetings memorable”? Want as ons dit regkry sal ons ‘n werklike gesin bou en uitbou.
Saturday, August 23, 2008
Thursday, August 21, 2008
Dag 18 : Ervaar die lewe saam
Ek het ander mense in my lewe nodig!!!
2Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. Gal 6:2.
Ons as mense is nie bedoel om alleen deur die lewe te gaan. Soos Wilde Honde die beste jagters van alle diere is omdat hulle as ‘n span saam werk, so moet ons as ‘n span optree om Jesus te laat glimlag as deel van God se gesin.
15En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Kol 3:15.
Ons kry ook die volgende versekering in God se woord dat waar ons as God se gesin veragder ons Sy teenwoordigheid sal ervaar:
20want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.” Mat 18:20.
Dit is egter nodig dat ons gefokus as ’n gesin in gemeenskap, as gesin met God verkeer:
Met ware gemeenskap ervaar mens egtheid:
7Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 1 Joh 7-8.
Met ware gemeenskap ervaar mens gemeenskaplikheid:
12Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne. Rom 1:12
In ware gemeenskap ervaar mense meelewendheid: “Empatie”.
As gesin moet ons die volgende onthou en uitleef: “People do not mind what you know, but how much you care”.
12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Kol 3: 12-14.
In ware gemeenskap ervaar mense genade:
7En wat julle betref, het ons ’n vaste verwagting. Ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het. 2 kor 2:7

Wednesday, August 20, 2008
Dag 17: " A place to belong".
Dag 17: “A place to belong”
19Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. 20Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. 21In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ’n heilige tempel vir die Here, 22in wie julle ook saam opgebou word as ’n geestelike huis waarin God woon.
Eff 2:19-22.
Die Bybel in praktyk verklaar die stuk as volg:
2:19–22 Die eenheid van die nuwe mensheid. Met verskillende beelde beklemtoon Paulus dat die nuwe mensheid ’n eenheid is: almal is burgers, almal is lede van die huisgesin, almal maak saam die geestelike huis uit waarin God woon. Gelowiges moet dus besef dat daar nie so iets soos eersteklas en tweedeklas Christene is nie. Alle gelowiges is gelyk, en hulle vorm ’n eenheid soos wat ’n gebou ’n eenheid is.
2:20–21 Ons heg dikwels te veel waarde aan ’n kerkgebou, amper asof dit die “huis van God” is. Die gelowiges is die huis van God, en die gebou is maar net hulle vergaderplek. As ons die vergaderplek ’n mooi plek wil maak, moet ons des te meer moeite daaraan bestee om die “huis van God” (die gelowiges) ’n besondere eenheid en ’n sieraad vir die oog te laat wees. Dit doen ons as ons so leef dat dit duidelik is dat die Here in ons leef.
As lede van God se gesin is elke lid se eie gawes nodig om optimaal te werk:
4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. Rom 12:4-5.
12:4–5 Paulus gebruik die menslike liggaam as beeld om vir sy lesers te verduidelik hoe Christene saam moet leef en werk. Die verskillende lede van die liggaam het verskillende funksies, en die liggaam werk net reg as elke lid sy eie funksie goed verrig (vgl 1 Kor 12:12–31; Ef 4:1-16). Bybel in Praktyk.
Hoekom het ons ‘n kerkfamilie nodig:
Dit bewys dat ons ware gelowig is
Die kerkfamilie red ons om selfgesentreerd te wees
16Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. 17Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie—hoe kan die liefde van God in hom wees? 1 Joh 3:16-17
Die kerkfamilie help ons om ons geestelike spiere te bou
Die kerkfamielie het ons bydrae ook nodig
7Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal 1 Kor 12:7
Die kerkfamielie gee ons ‘n anker plek
As ‘n gesin kan ons God se woord en daad aan die wereld uitdra.
10Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Eff 2:10

Dag 16 : Wat die meeste saak maak
Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie,baat dit my niks. 1 Kor 13:3
Die Bybel in praktyk som die gedeelte 1 Kor 13:1-14 as volg op:
13:1–13 Paulus bewys in hoofstuk 12 dat die Korintiërs tot ’n groot mate liefdeloos is deur sogenaamde “hoër” of “beter” gawes na te streef. In hierdie hoofstuk verduidelik hy vir hulle wat ware liefde as die “grootste gawe” eintlik beteken en in hoofstuk 14 sê hy hoe die liefde prakties toegepas moet word. Die liefde is belangriker as al die geestelike gawes in die kerk. Selfs nie ’n sterk geloof of die vermoë om wonders te doen, kan waarlik vrugte afwerp as dit nie met liefde gepaard gaan nie. Die liefde in ons lewens maak dat ons dade en gawes God verheerlik. Dit is wel so dat mense verskillende gawes ontvang, maar álmal kan en moet die liefde hê. Dié liefde moet egter nie verwar word met ons alledaagse toegeneentheid of gevoel vir mekaar nie. Dit is eerder die sigbaarword van die hemel op aarde deur die werk van die Heilige Gees.
Liefde vorm vir ons die kern van menswees:
• Sonder die liefde is die lewe eintlik waardeloos:37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.” Mat 22:37-40.
Die eerste gebod verwys dat ons God met ons totale wese moet liefhê.
In die tweede gebod: Wat word bedoel met naaste? Die konkordansie vertolk dit as volg:
…according to Christ, any other man irrespective of race or religion with whom we live or whom we chance to meet.
Onder die gedeelte is daar ‘n paar vrae wat by my opkom:
• Kan ek ander liefhê as ek nie myself liefhet nie?
• Ek kan myself net liefhê as ek God se doel vir my onvoorwaardelik aanvaar?
• Hierdie liefde van my moet gegrond wees in die God se groot genade en nie my arogansie?
• Die liefde hou vir EWIG:
3En nou:geloof, hoop en liefde bly,hierdie drie.En die grootste hiervan is die liefde! 1 Kor 13:3
Die Bybel in Praktyk verklaar die gedeelte as volg:
13:13 Teen die agtergrond van die sedelike verval in Korinte het die woord “liefde” ’n verwarrende term geword waaraan talle betekenisse geheg is. Mense is vandag nog verward oor dié woord. Ware Christelike liefde is seker die omvattendste menslike eienskap wat daar is. Dit het tot gevolg dat ’n mens onselfsugtige naastediens verrig; dit is dus die bewys dat jy opreg omgee. “Geloof” is die vashou aan God en vorm die fondament en kern van ons bestaan; “hoop” dui op die gelowige gesindheid en verwagting, en “liefde” op die daadwerklike optrede. As ’n mens geloof en hoop het, is jy ook toegerus om waarlik lief te hê, want dan verstaan jy hoe God liefgehad het. Die liefde beskryf trouens hoe God teenoor die mens is (1 Joh 4:8).
Die bybel verklaar verwys dat die gedeelte verwys ...” In die “volledige” toestand sal geloof, hoop en liefde bly staan...verder word verwys dat hierdie die gawes is wat die kerk moet uitleef. So en ons is die kerk.
• Ons sal volgens ons liefde beoordeel word:
40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ Mat 25:40
Die Bybel in Praktyk vertolk die gedeelte as volg:
25:40 Daar word nie dikwels oor die identiteit van die “broers” ge-praat nie. Party mense glo dat dit na die Jode verwys, ander weer dat dit na alle Christene verwys, en ander dat dit verwys na alle mense wat swaarkry. Hierdie meningsverskil herinner ’n mens aan die wetgeleerde wat by Jesus wou weet wie sy naaste is (Luk 10:29). Dit gaan nie in hierdie gelykenis oor wie hier ter sprake is nie, maar oor wat gedoen moet word; dat ons moet werk en dien waar dit ook al nodig is. Hierdie gelykenis sê dat ons almal moet liefhê en ons naaste moet dien net waar ons kan. Daardie soort liefde verheerlik God, want dit weerspieël ook ons liefde vir Hom.
As ons almal 24 uur ‘n dag het, wat bestaan uit oomblikke. Hoe gebruik ons die oomblikke om God en ons naaste liefte hê? Is al die aksies wat ons in die oomblikke neem vol liefde?
Die lewe is ‘n reis, maar ons moet doelbewis so ons oomblikke gebruik om dat ons by die regte eindbestemming uitkom!

Sunday, August 17, 2008
Dag 15: Jy is deel van God se gesin
Dag 15 : Tema 3: Jy is deel van God se gesin
5In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees. Efesiers 1:5
Die Bybel in praktyk vertolk die teks as volg:
1:5 God het jou sy kind gemaak. Deur Jesus se toedoen het ons deel geword van God se gesin, en is ons saam met Christus erfgename van God (Rom 8:17). ’n Aangenome kind het volgens die wette van die Romeine dieselfde regte en voorregte as ’n biologiese kind gehad. Paulus gebruik hierdie beeld dus om te beklemtoon hoe intiem ons verhouding met God is. Daar is meer inligting oor aanneming in Galasiërs 4:5–7.
So as kinders van God, is ons ook deel van sy gesin. Dit bring mee dat al God se kinders een groot gesin vorm.
Om ’n kind van God te wees moet ons in Jesus glo; deur Sy genade gered.
26Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, Gal.3:26
God gee dan ons dan ook ’n belofte dat as kinders van Hom ons ook erfgename sal wees as deel van God se gesin.
7Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak. Gal 4:7.
Paulus bid dan dat ons oë sal oopgaan en bewus sal word van die hemelse erfenis.
18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, Ef 1:18
Wat is hierdie erfenis volgens die bybel:
• Ons sal vir ewig met God wees.
17daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. 1 Tes 4:117
10Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe. 1 Tes 5:10.
• Ons sal volkome soos Christus word.
2Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. 1 Joh 3:2
• Ons sal van alle pyn en lyding verlos word.
4Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.” Openbaring 21:4.
• Ons sal beloon word.
41“Elkeen wat vir julle ’n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”Mark 9:41
• Ons sal in God se heerlikheid deel.
17En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid. Rom 8:17
Die doop identifiseer ons met God se famielie:
26Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, 27want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword Gal 3: 26-27.
In Die Bybel Verklaar word die gedeelte as volg vertolk:
26: Teenoor die onmondige lewe van slawerny onder die toesig van die wet, staan die lewe as kinders van God, met al die voorregte en regte wat dit meebring. Dit is die lewe van vryheid deur die geloof in Jesus Christus (vgl. 4:1v.). Hier kom ’n interessante verandering van die eerste na die tweede persoon voor: die Christene uit die heidene hoor nou dat hulle almal kinders van God is. Die eervolle benaming “kinders van God” was in die gewone gang van sake vir die Jode gereserveer, en selfs hulle sou hierdie status alleen in die laaste oordeel van God self ontvang (vgl. 2 Kor. 6:18; Rom. 9:4,26). Dit is dus baie belangrik dat Paulus reeds nou al hierdie status aan die gelowiges in Galasië toeken (17,29; 4:6,7,22,30; Ef. 1:5).
27: Almal is nou kinders van God, want almal is deur die doop met Christus verenig. Alle soorte mense (vgl. 28) sonder onderskeid, het deel aan die genade van Christus. Hulle is gedoop “in Christus”, soos dit in die oorspronklike staan, wat beteken dat die gedoopte persoon met Christus verenig is en sy eiendom geword het, sy verantwoordelikheid is en deel in al sy weldade.
Groot vraag: Hoe kan ek ander gelowiges soos lede van my eie familie begin behandel?

Preek: Jy is deel van God se gesin.
17 Augustus 2008
Ds Rikus van Zyl
Inleiding:
Om ons roeping na te kom het ons verlede Sondag gehoor gaan daaroor dat ons God met ons lewe moet laat glimlag. Dit gebeur wanneer ek God liefhet met my alles.
“Gee julleself... As offers..”
“lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”...
Ons gaan vandag kyk na Jy is deel van God se gesin.
Paulus skryf in Ef 2: 19: Julle = gelowiges is dus nie meer ver van God af nie… maar… lede van die huisgesin van God.
Gemengde gevoelens oor gesin / familie:
party keer trots, ander kere skaam.
Party dae goed om by hulle te wees, ander dae nie goed om by hulle te wees.
Ek wil fokus op die goeie kant van deel van gesin wees. Want ek dink gesinwees kan ons help om beter kerk van Jesus te wees.
Hoe gebeur dit dat ons deel van God se gesin geword het?
‘n Mens word deel van ‘n groep omdat jy sekere goed gedoen het:
• jy het ‘n persoonlikheid waarvan hulle hou
• jy beteken vir hulle baie
• jy het iets vir hulle gedoen
Nou gebeur dit maklik dat ons dink dit werk met God ook so: Hy het ons lief omdat ons iets gedoen het wat sy liefde verdien. Daarom word ons deel van sy volk, sy gesin.
Kom ons lees Ef 1: 3 – 11. Of dit waar is.
3 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
4. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
5. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.
6. Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.
7. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God
8. wat Hy in al sy wysheid en insig so oorvloedig aan ons geskenk het.
9. Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van sy wil aan ons bekend gemaak
10. en dit deur Christus tot uitvoering gebring op die tyd wat Hy daarvoor bepaal het. Sy bedoeling was om alles wat in die hemel en alles wat op die aarde is, onder een hoof te verenig, naamlik onder Christus.
11. Deur Christus het ons deel geword van die volk van God soos Hy dit vooruit al bestem het. So het Hy Hom dit voorgeneem, Hy wat alles laat gebeur volgens sy raadsbesluit.
Soos ‘n refrein word dit herhaal: God se genade.
Volgens Sy genadige beskikking word ons deel van God se familie.
Ons kan niks doen om God se guns te wen om deel te word van sy gesin, om sy kinders te wees. Genadiglik is dit so. Iets van hierdie genade, sonder dat ek iets van my kant doen om God se guns te wen kom na vore in die verbondsdoop.
Reeds in die OT verbind God hom aan Abraham en sy nageslag en al hulle nageslagte om hulle God te wees. Hy gee vir hulle ‘n teken: die besnydenis. Met Jesus se koms word die teken verander na die doop in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees. Betekenis van verbondsdoop:
• Bevestiging dat God ons in sy verbond insluit: genade
• God se verklaring aan ons, God se statement aan ons.: Ek wil jou God wees. Jy is my kind. Jy is deel van God se gesin.
As families het ons verskillende spesiale maniere van doen:
Groet: Nagsê
Spesiale name: Bokkie, duif,
Hierdie spesiale manier het daarmee te make dat ons vir mekaar omgee.
As deel van God se gesin, sy familie het ons ook ‘n spesiale manier van doen:
dit is om mekaar lief te hê.
Lees Joh 13: 34 – 35
Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê.
35. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is."
Joh 15: 12 – 17.
Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet.
13. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê.
14. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.
15. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want 'n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
16. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.
17. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!"
In die 2 gedeeltes: Nuwe gebod: Julle moet mekaar liefhê. Wanneer ons geleer het om God lief te hê: in die woorde van verlede Sondag om myself vir God te gee, is dit wat daarmee saamloop: dat ons sal leer om mekaar lief te hê.
Hierdie opdrag van om jou naaste lief te hê is veskriklik belangrik. In 1 Joh 5 word die liefde teenoor die naaste die toetsteen van jou verhouding met God, jou liefde vir God. As jy jou broer nie liefhet nie, het jy ook nie die Here lief nie. En hierdie liefhê is soos Jesus ons liefhet.
• Opofferend.
Volgens Joh 13: 1 het Jesus ons tot die uiterste toe lief. Hy word mens en sterf aan ‘n kruis in jou en my plek oor my en jou sonde. Hy gee alles: sy lewe. So moet ons liefde vir mekaar wees. Alles gee vir die nader een.
• Rom 15:7 Mekaar aanvaar soos Christus ons aanvaar het.
Wat beteken dit? Dit beteken dat ek Aanvaar word soos ek is, tsv my tekortkoming en foute. Dit is hoe Christus se liefde lyk. EK hoef nie altyd my beste voetjie voor te sit nie, myself anders voor te te doen as wat ek regtig is. Omdat die gesin van God, kerkmense die liefde van Jesus ken en verstaan, aanvaar hulle mekaar, het hulle mekaar onvoorwaardelik lief.
En dan word die gesin van God ‘n plek wat God dit wil laat wees: ‘n veilige plek om te lewe. ‘n Hawe teen die storms van die lewe.
• Hierdie mekaar liefhê moet natuurlik nie verwar word met sentimentaliteiet nie. Hierdie liefde is nie ‘n oppervlakkige liefde, ‘n gevoel van toegeneentheid nie. Dit is ook nie ‘n opwelling van medemenslikheid nie; dit gaan oor ‘n verbintenis wat ‘n mens maak. Dit beteken dat ons mekaar nie gaan los nie: nie as ons met mekaar verskil oor hoe dinge gedoen moet word nie,
Nie as ons mekaar te na gekom het nie
Ook gaan ons mekaar nie los nie selfs as ons mekaar nie in die oë kan kyk oor die sonde wat ons gedoen het nie.
In hierdie verbintenis is dit die liefde van Jesus wat ons bymekaar hou.
In ons liggaam is daar ‘n molecule met die naam laminin. Hierdie molecule hou al die selle in ons liggaam bymekaar. Dit is die gom van ons selle. Hierdie gom molecule is in die vorm van ‘n kruis.
Die gom van ons verhoudings is ook ‘n kruis: die kruis van Jesus.
Wese van liefde:
• is nie wat ons van ander dink nie / vir ander gee nie.
= hoeveel ons van onsself gee. Eie belange is ondergeskik aan die
belange van die ander een.
Kosbaarste wat ons van onsself kan gee is ons tyd: tyd om daar te wees. Tyd om te luister. Tyd om te doen.
En weet julle wat gebeur in ‘n gemeente wanneer mense vir mekaar leef?
Gemeente word ‘n plek waar ek gemaklik myself kan wees. ‘n Plek waar mense omgee vir mekaar en mekaar bemoedig en mekaar vergewe en mekaar help en daar is vir mekaar. En dan sê die wêreld: Woh! Ons wil deel wees daarvan. Dan word Joh 13: 35 waar: mense kan sien dat ons dissipels van Jesus is.
Ongelukkig ly ons nog te veel aan “ek”sugtigheid. Me, myself and I, dit is al wat saak maak. What’s in it for me? Wanneer ek eksugtig is dan is daar geen liefde nie.
En dan gebeur dit dat die gesin van God as koud en onpersoonlik beleef word. Dit is dan wanneer mense sê: die kerk is nie ‘n lekker plek om te kom nie. Met eksugtigheid verander verskille in geskille. En dan bly mense weg en loop selfs weg.
Watter rol speel jy in die gemeente?
Slot.
My verhouding met God is persoonlik maar nie privaat nie. Daarom maak God ons deel van sy gesin.
Ek en jy is deel van God se gesin; ons is bloedfamilie van mekaar. God se wens; Nee kom ek sê dit sterker: God se opdrag aan sy gesin is: Wees vir mekaar lief!
Liefde bind ons aanmekaar.
Amen.

Friday, August 15, 2008
TEMA 3 : KLEINGROEP
TEMA 3: Jy is deel van God se gesin
(Dag 15 - 21 uit Doelgerigte lewe.)
Deeltyd.
Deel met mekaar die lekker van gesin- en familie-wees.
Wees sensitief want daar kan mense wees wat nie sulke lekker ervarings van gesin of familie-wees het nie. Fokus op die goeie.
Lofprystyd.
Loof die Here oor die feit dat jy nou hier kan wees.
Bespreek die volgende stelling: Ek het ander mense nodig.
Oop vraag. Die belangrike is dat ons mense nodig het, of ons dit wil erken of nie. Selfs in die paradys sê die Here: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. En dan maak God vir hom ‘n maat. Dit is ook waar van ons geloofslewe dat ons mekaar nodig het: God maak ons daarom deel van sy kerk. Verskillende beeld word gebruik vir die kerk: volk van God, huisgesin van God, liggaam van God. Ons gaan fokus op die beeld van gesin of familie van God.
Skriftyd.
Lees Ef 1: 3 – 6; 11; Ef 2: 19.
Vraag: Hier hoor ons dat ons God se kinders is, deel van sy huisgesin, sy volk. Hoe het dit gebeur dat ons dit geword het? Kyk na die woorde en betekenis daarvan in die verse wat ons gelees.
In Christus uitverkies (v4); God het ons lief (v5); Deur sy genadige beskikking (v5); Vrylik aan ons geskenk (v6). Uit al hierdie woorde is dit duidelik dat ons niks kan doen om kind van God te word nie. God het alles klaar gedoen. God het my sy kind gemaak ten spyte van die feit van ek is wie ek is. Ek aanvaar in die geloof dat dit vir my waar is. Wees verwonder daaroor dat dit met jou gebeur het. (Nota: Moenie vasval oor die uitverkiesing nie, dit is ‘n gesprek vir ‘n ander keer.)
Lees Gal 4:5 -7. Hier word van jou as gelowige gepraat. Watter gedagtes kom by jou op as jy dit hoor?
Oop vraag. Die gedagte is dat die lede met mekaar deel oor dit wat dit vir hulle beteken.
Enige gesin of familie het ”reëls”. Wat lees ons in Joh 13: 34 – 35 en Joh 15: 12 – 17 is die reël vir God se gesin?
Julle moet mekaar liefhê!
Wat beteken hierdie liefhê?
Wese van liefde is nie wat ons van ander dink of vir hulle gee nie. Liefde is hoeveel ons van onsself gee. Hierdie liefhê is soos Jesus liefhê. Hoe het Jesus ons lief? (Hier kan ‘n hele aantal voorbeelde genoem word. Ek noem enkeles.)
· Aanvaar mekaar soos Jesus. Onvoorwaardelik.
· Alles opofferend. Sterf aan die kruis.
· Tot voordeel van die ander. Eie belange is ondergeskik aan die belange van die ander.
Gee tyd om stories te deel waar iemand jou so liefgehad het.
Waarom moet ons mekaar liefhê? (Joh 13:35)
Liefde is uiteindelik dit wat ‘n Christen anders maak. Liefde vir mekaar maak die Christendom geloofwaardig. Ons liefde vir mekaar is die belangrikste getuienis in hierdie wêreld. Dit is nou meer as ooit die tyd in ons land om hierdie onvoorwaardelike liefde vir mekaar uit te leef.
Bidtyd.
Bid dat die Here deur Sy Gees ons sal help om mekaar lief te hê soos wat Hy wil hê ons mekaar moet liefhê. Bid vir mekaar se persoonlike omstandighede..
Vrede vir jou.
Rikus

Subscribe to:
Posts (Atom)