Binne hierdie hoofstuk is daar die paradoks van ken ek God net as dit goed gaan, of ken ek dalk net vir God as die aanslae van die lewe my tuister, toets tye. Die teendeel kan wees dat my geloof verdiep in taai tye.
Maar laat ek terugkom na die dagstuk. Bennie Mostert verwys na die tye as Woestyn tye. Waneer dit voel God is nerens en ek is in ‘n vakuum, net ek en “die werêld”. Bennie Mostert vertel dat die tye was dan spesifiek in sy lewe, tye van groei / grootword in die geloof.
Hoe Job sy woestyn tye beleef en oorleef het is vir my ‘n pragtige voorbeeld, en die volgende teks beskryf dit so treffend:
21“Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit.
Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”
22Onder alles het Job nie gesondig of God iets verwyt nie.Job 1:20-21.
Wat moet ons dan doen as ons sulke tye beleef:
Ons moet God vertel hoe ons voel.
Ons moet konsentreer op wie God is en op Sy beloftes: (Kom ons kyk wat Job aan vasgehou het.)
Dat Hy liefderyk en sorgsaam is
12U het my die lewe gegee en my met liefde versorg,
met sorg het U oor my gewaak. Job 10:12
Dat Hy tot alles in staat is
2“Nou weet ek dat U tot alles in staat is
en dat U kan uitvoer wat U besluit.Job 42:2
Dat Hy my omstandighede ken
10Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.
Job 23:10
Dat Hy in beheer is
13Het iemand die aarde aan God toevertrou? Het iemand Hom
oor die hele wêreld aangestel? Job 34:13
Dat Hy ‘n plan vir my lewe het
14Wat Hy oor my besluit het, sal Hy doen, wat sy planne met my ook al is.
Job 23:14.
Dat Hy my sal red
25Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal Hy op die aarde triomfeer!
Job 19:25
Ons moet vertrou dat God sy beloftes nakom.
Ons moet onthou wat God reeds vir ons gedoen het.
Friday, August 15, 2008
Dag 13 : Aanbidding wat God behaag
30Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.’ Markus 12:30
Soos Ds. Rikus se preek gely het, God verwag van ons 100% toewyding. Kyk ons na Mark. 12:30, hele hart, siel en verstand, 100% commitment, soos die vark om Bacon te gee en nie soos die hoender om eiers te gee vir die ontbyt.
Wat sou die kenmerke van die tipe aanbidding wees, sodat God glimlag:
Ons aanbidding moet akkuraat wees:
23Maar daar kom ’n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. Joh 13:2.
Die bybel inpraktyk verduidelik die stukkie as volg: Mense wat die nuwe lewe ontvang het, aanbid die Vader deur die Gees en in waarheid. ’n Geloofskeuse vir Christus beteken dat iemand se aanbidding van God deur die Heilige Gees gerig word.
Ons aanbidding moet opreg wees:
....Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.” 1 Sam 16:7. As ons die vers saamlees met Mark 12:30, vra God van ons opregtheid, ons woorde, werke en gedagtes moet die selfde storielyn hê.
Ons aanbidding moet ook inlyn wees met die mens wat ek is, met my unieke gawes en voorkeure, daardeur kan ek God opreg aanbid.
Ons aanbidding moet nadenkend wees:
Aanbid ek God in ‘n rituel, wat gaan om my gewete te paai, of dink ek na oor my aanbidding tot God.
Ons aabidding moet prakties wees:
En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Rom 12:1
Ons het gesê ons aanbid God in alles wat ons doen, so hoe prakties leef ek dit uit?
Hiermee skakel na die lied van Matt Redman, op Youtube, luister gerus: http://www.youtube.com/watch?v=Tq62ggQKYJY

Thursday, August 14, 2008
PREEK : EK LAAT GOD GLIMLAG
NGK Fichardtkruin 10 Augustus 2008
“Ek laat God glimlag!”
Romeine 12:1-2
Ons TEKS kom uit Romeine 12:1-2... [LEES NIE DADELIK NIE]
En die TEMA...
TEMA is: Ek laat God glimlag!
Soos die hansworse se bedoeling / fokus is om mense te laat glimlag / lag – SO is ons doel om God gelukkig te maak / “om God te laat glimlag”.
Verlede Sondag – inleiding tot die 40 DAE – “Wat op aarde doen ek hier? Begin nadink oor my doel as mens. Hoekom het die Here my gemaak? Hoekom is ek hier?
Teksvers was Kol 1:16, Alles is deur Hom en vir Hom gemaak. En daarom leef ek en jy nie vir onsself nie, maar vir Hom. Gaan die vlgde paar weke na ‘n duideliker omskrywing hiervan kyk – 5 punte.
Vandag dan...
“Ek laat God glimlag!”... M.a.w. Ek maak God gelukkig.
HOE??...
SKRIFLESING...
LET OP:
“Gee julleself”...
“Gee julleself... As offers..”
“op grond van die groot onferming van God” – Hier verwys Paulus na dit wat hy in die vorige 11 hfst’e v Romeine oor God se onvoorwaardelike genade geskryf het... ‘n Genade wat Paulus aan die einde v Rom 11 in ‘n lofprysing teenoor God laat uitbars!
‘n GENADE wat – wanneer mens iets daarvan begryp / dit deel van jou word – jy nie anders kan as om jouself vir God te gee nie!
Kyk na hoe die Boodskap vert dit vertaal...
Lees vers eers... Klem op “omdat julle begryp hoe baie God vir julle omgee”...
Ons het laasweek gehoor dat God het vir my en jou “vir Homself gemaak”... Hy het ons gemaak / geskep omdat Hy ons wou hê! En wanneer die mens (dis nou ek en jy!) alles met sy sonde en ongehoorsaamheid kom opmors, dan los God ons nie sommer net nie! Daarvoor brand sy liefde te sterk (Hos 12). Hy kom gee Homself - hy kom OFFER as’t ware Homself! - in die persoon van sy Seun, Jesus Christus! – sodat ons kan lewe!
Al wat ons kan doen – NEE, die logiese (vgl hier “dis presies waaroor godsdiens gaan”) is om onsself weer aan Hom terug te gee – onsself te offer!
“lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is”...
• Aanneemlik – NIE op my voorwaardes nie – maar soos God dit wil hê
• Offers kos!
Die agtergrond hiervan is natuurlik die offerkultus in oud-Israel, en sekerlik die sg. “dankoffer”. Die dier is lewendig by die tempel aangebring waar dit dan seremonieel aan die Here gewy is (as ‘n dank vir alles wat die Here gedoen het)... Dit is geslag, geoffer, en alles moes geëet word. Vlgs Levitikus moes die dier by só ‘n offer sonder enige liggaamsgebreke wees... Net die heel beste was goed genoeg.
Maar dit het natuurlik nie altyd so gebeur nie... Het gemaklik geraak... In ‘n gemaksone vasgeval... Mal 1: lam en siek diere; priesters wie se harte nie in hulle werk was nie...God maak ten sterkste beswaar!
Ook ons: ons toewyding aan God raak baie maklik leeg... Vertoon... Skynheilig... Gaan nie meer om God nie... Of soos Rick Warren sê: “die offerdier wat maar elke nou en dan van die altaar wil afkruip!”)
DAAROM: NIE ‘n eenmalige gebeure (“gee aan God”) – maar ‘n lewenslange proses; daagliks maar weer en weer die keuse maak... Om as’t ware die beheer v jou lewe oor te gee aan God
Ek weet nie jou nie, maar dit klink vir my redelik erg moeilik... Baie inspanning??? Moet ek dan super-spiritual staan en word?... Ek sal dit nooit op dees aarde kan doen nie!... Sal nie goed genoeg wees nie...
Maar jy weet, die wonder van God is, dat Hy vir jou en my liefhet net soos ons is! Hy kom en stel nie eers ‘n sekere standaard waaraan ons moet voldoen nie... Hy hou ons nie met valk-oë dop om te sien waar en wanneer ons te kort skiet nie.... Hy het ons lief met ‘n perfekte liefde en stel Hom daarop in om ons te geniet!... Om vreugde uit ons te put!... Om saam met ons bly te wees!
[CLICK] , Sefanja 3:17, Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou!
Die Bybel praat nie verniet van God se liefde vir ons as sy “Vader-liefde” nie. Ps 103:13-14, Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien. Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof... Hy verstaan as ons keer op keer met dieselfde ding sukkel... Hy jaag ons nie weg nie... Hy kyk in liefde na ons!
Soos ‘n kindjie weet dat sy pa & ma hom liefhet – en weet dat hulle net die beste vir hom wil sal wil hê, en hulle daarom VERTROU... Net so moet ons ook vir God kan vertrou... As ek myself ten volle aan Hom gee – as “’n lewende en heilige offer wat vir Hom aanneemlik is”... sal Hy my nie skade aandoen nie – Hy wil trouens NET DIE BESTE vir my hê!
Dink aan ‘n liefdevolle ouer wat in sy kind se lewe inspeel, waarhede en wyshede en vaardighede oordra – basies besig is om hom te leer, hom anders te laat dink, hom te vorm... DIT kan slegs gebeur as hulle tyd saam deurbring! – Dis die sleutel!
Soek ons liefdevolle Vader ook tyd saam met ons om ons te vorm.
Vers 2.... Sit jy met die KONTRAS: “sondige wêreld” en “God” – beide wat die vermoë het MY en JOU DENKE te verander. Watter een gaan oorwin? Dié een by wie jy die meeste tyd deurbring! Hoe meer jy met verkeerde goed gaan spandeer (vul jou denke, jou hart... Neem jou wil oor)... Vs tyd by God spandeer: die Bybel, community, omring deur Xten vriende, stiltetyd en gebedstye...
Soos jy Hom beter en beter leer ken... Groter vertroue en voel veilig... Is Hy besig om jou denke te verander... Word jou denke byna outomaties al hoe meer ‘God se denke’!!... Weet jy wat vir Hom “goed, aanneemlik en volmaak is”.
Lukas 10:38ev - Martha & Maria – Martha rondgeskarrel het, het Maria aan die voete van Jesus gaan sit en net eenvoudig “gaan wees”.
Is presies waaroor dit gaan: NIE oor ‘n klomp geestelike dissiplines wat dan nou kwansuis moet gaan staan en doen nie (ofskoon dit glad nie verkeerd is nie en baie waarde het!) – EERDER om net te wees!
Anders as hansworse wat hulleself moet inspan om mense te laat lag... Moet ons ons juis nie inspan met allerhande goeters om God te laat glimlag nie. Ons moet bloot eenvoudig net “wees”... Net jouself wees – net wees die unieke wonderlike ‘JY’ wat God baie spesiaal gemaak het!
Soos ‘n kindjie by sy ma en pa...
Lewenstyl – 24 / 7 – 1 Kor 10:31 / Kol 3:23 / Ef 5:10... Oomblik na oomblik van God bewus! – werk, speel, slaap, eet, ens....
** Eric Liddel (“Chariots of Fire”) – 1906 Olimpiese Spele in Parys... “Ek maak God gelukkig deur te hardloop” – EK LAAT GOD GLIMLAG DEUR NET DIT TE WEES VIR WAT HY GEMAAK HET”
DIT is aanbidding! Dit is waarvoor ons hier is!
Amen.
(Ds De la Harpe le Roux)

Tuesday, August 12, 2008
Dag 11 & 12: Word beste vriende met God. Smile 4&5
29Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul. Johannes 3:29
Die stuk word in die Bybel Verklaar as volg beskryf:
29: Hy verduidelik sy verhouding met Jesus deur ’n kort gelykenis. Die vriend van die bruidegom was een van twee strooijonkers wat by die Joodse huweliksluiting opgetree het. Hy lei net die bruid na die bruidskamer toe en hou wag dat ’n ander haar nie afvat nie. Wanneer hy die stem van die bruidegom hoor, is sy taak afgehandel. Johannes “hoor” figuurlik die stem van Jesus as die Messias en is baie bly. Jesus is die bruidegom en hý net ’n onselfsugtige strooijonker. Bron : Die Bybel Verklaar. Johannes 3:29
Dit laat my met die vraag is ek altyd in afwagting?
God wil hê dat ons Sy vriend moet wees, en so moet optree in ons doen en late:
24Laat hom wat wil roem, daarin roemdat hy insig het en My ken.
Ek is die Here.Ek bewys liefde, reg en geregtigheidop die aarde,
want dit is wat Ek wil hê, sê die Here. Jeremia 9:24.
Daar word dan ses geheime oopgesluit uit die bybel hoe om hierdie met vriendskap met God te ontwikkel:
Deur ’n gedeurige gesprek
17Bid gedurig. 1 Tes 5:17.
Die volgende aanhaling gee vir myself ‘n nuwe konteks aan gedeurige gesprek met God: The key to friendship with God, is not changing what you do, but changing your attitude toward what you do. -Brother Lawrence.
Die volgende gedagtes kom by my op:
Hoe is ek in ’n voortdeurende gesprek met God? Anders as net stiltetyd.
Hoe maak ek skietgebede deel van my dag?
Hoe maak ek gebedstyd waar ek net stil word voor God, om Sy stem te hoor?
Die volgende skakel is na ‘n artikel wat Rick Warren geskryf het oor hoe om ‘n sinvolle stiltetyd te hê: How to have meaningful time with God:
http://www.purposedrivenlife.com/en-US/FreeTools/spiritualGrowth/FirstStepsToSpiritualGrowth.htm
Deur gedurige oordenking.
Oordink God se woord, heeldag. :
97Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by.
98U gebooie gee my meer insig ....
101Ek het my voete van elke verkeerde pad af gehou sodat ek gehoorsaam kan wees aan u woord. ....
103Hoe aangenaam is u woord, soeter as heuning in die mond.
104U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad.
105U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. Psalm 119:97-105
Ek moet eerlik met God te wees.
Nie David, Moses en so kan ons aangaan was volmaak, tog was hulle werktuie in God se hande en Sy vriende. Verder kan ek niks verberg vir God nie.
Job is sekerlik vir my een van die beste voorbeelde van iemand wat met God in gesprek getree het oor hy gevoel het.
Ek moet gehoorsaam wees aan God.
9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.
11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ’n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!” Johannes 15:9-17.
Vers 10 & 14, verwys direk na ons opdrag om gehoorsaam te wees aan God se opdragte en daardeur vriende van God te wees. Ek het egter vers 9-17 uitgehaal aangesien daar soveel waarde vir myself hierin opgesluit lê en weereens ’n integrale tema vorm.
Ek moet let op dit wat vir God belangrik is.
Omdat ek lief is vir my vrou sal, sal ek poog om aandag te gee aan dit wat vir haar belangrik is. Dit laat ons met die geleentheid om elke oomblik te fokus op dit wat vir God laat glimlag.
Laastens ’n gedagte:
There are a saying; “People do not care how much you know, but how much you care”. Do I care enough about other to tell them about God?
Ek moet my vriendskap met God bo alles stel.
10Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood. Fil 3:10
11Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting! 12Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en ek sal julle gebede verhoor. 13Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. Jer 29:11-13.
8Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Jakobus 4:8
Wat is die een ding wat ek van vandag of anders gaan doen om te bou aan my vriendskap met God?

Monday, August 11, 2008
Dag 10: Die Hart van aanbidding : Smile 3
12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. Romeine 6:12-13.
Hierdie gedeelte sluit aan by dag 9, Om te vra stel ek my 100% indiens van God omdat ek ’n hart van blydskap het, omdat ek uit genade gered is?
En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Romeine 12:1
Is dit wat ek doen elke oomblik aanneemlik vir God? (Lewe ek met oorgawe vir God?)
Ek kan God vertrou want Hy het my lief.
Eerstens het God Sy eie Seun gesteur om te sterf vir ons sonde:
8Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Romeine 5:8
Verder gee God vir ons die belofte, deur genade van die ewige lewe:
17Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. 18Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. 19So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry. 1Tim 17-19.
Ek het beperkings, ek is egter ’n werktuig in God se hande.
Let God and let go; die stigter van Campus Crusader for Christ Bill Bright het in ‘n radio onderhoud die volgende woorde gehad toe hy al diep in sy tagtigs was, toe die omproeper hom vra wat bid hy elke dag: Ek bid dat die Gees my lei dat die nuwe Bill Bright deur die dag gaan en nie die ou Bill Bright.
Wat is totale oorgawe aan God?
Die woorde van Jesus in Getsemane is totale oorgawe:
36Hy het gesê: “Abba, Vader, alles is vir U moontlik. Neem hierdie lydensbeker van My af weg. Moet nogtans nie doen wat Ek wil nie, maar wat U wil.”
Die vraag wat ek myself afvra word ek werklik STIL voor God om te hoor wat Sy stem wil spreek.
Die seeninge van oorgawe.
Vrede
21“Onderwerp jou aan God,dan sal jy in vrede leef,en so sal jy voorspoed hê. Job 22:21
Vryheid
Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. 18Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen. Rom 6:17-18.
God se mag in ons lewens
13Josua was naby Jerigo. Toe hy sien, staan daar ’n man voor hom met ’n ontblote swaard in die hand. Josua het na hom toe gegaan en hom gevra: “Is u aan ons kant of aan ons vyande s’n?”
14“Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.”
Josua het diep gebuig en vir die man gesê: “Wat wil u aan my, u dienaar, sê?”
15Toe sê die leëraanvoerder van die Here vir Josua: “Trek jou skoene uit, want die plek waarop jy staan, is ’n gewyde plek.”
Josua het dit gedoen. Jos 5:13-15
Die beste manier om te leef, eerder gestel dit is die enigste manier.
Op die vraag hoekom het die Here Dr. Bill Bright so ryklik deur sy lewe geseen, het hy geantwoord: “As jong man het ek ’n kontrak met God gesluit. Ek het letterlik uitgeskryf en my naam onderaan geteken. Daar het gestaan:’Van vandag af is ek ’n slaaf van Jesus Christus.’”
Onderstaande link na ’n onderhoud met Bill Bright:
http://www.cbn.com/SpiritualLife/churchandministry/Bill_Bright_A_Slave_For_Christ.aspx
Wat is my commitment?
Jesus sê: 23Toe het Hy vir almal gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg, 24want elkeen wat sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.
25“Wat help dit ’n mens as hy die hele wêreld as wins verkry, maar homself verloor of te gronde gaan? 26Elkeen wat hom vir My en my woorde skaam, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom, beklee met sy heerlikheid en die heerlikheid van die Vader en van die heilige engele. 27Ek sê vir julle die waarheid: Daar is party van dié wat hier staan wat beslis nie sal sterf voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.” Luk 9:23-27.

Sunday, August 10, 2008
Dag 9: Wat laat God glimlag ? Smile 2
God glimlag wanneer ons hom volledig liefhet:
6want Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as brandoffers. Hosea 6:6. Ons moet onthou God het ons gemaak vir ‘n doel, Hy het ons lief en wil hê ons moet hom ook liefhê.
37Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. 38Dit is die grootste en die eerste gebod. 39En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Mat 22:37-39.
God glimlag wanneer ons Hom ten volle vertrou:
6As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon. Hebr:11:6
11maar Hy stel prys op dié wat Hom dien,
dié wat hulle hoop vestig op sy trou. Ps.147:11
God glimlag as ons hom prys en dank: Ons geniet wat God vir ons doen, en waneer ons God prys en dank daarvoor, behaag dit Hom.
16Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar:
U het my vry gemaak. 17Ek wil U loof met ’n dankoffer,
ek wil die Naam van die Here aanroep Psalm 116:17
15Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. 16Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is. Hebr 15-16.
God glimlag as ons ons vermoëns gebruik:
15Dit is Hy wat hulle verstand gevorm het, wat al hulle werk deurgrond.
18Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer, vir dié wat op sy mag vertrou
Psalm 37:15/18
I believe God made me for a purpose, but he also made me fast. And when I run I feel His pleasure. Eric Liddell, Olympic athlete.
Vandag los my met die volgende vrae:
Op watter tereine in my lewe kan ek God meer vertrou?
Is my liefde volmaak? Gemeet aan Mat 22:37-39
Is ek dankbaar, ook vir die klein dingetjies in my lewe?
Gebruik ek my gawes tot eer van God?
Lewe ek in alles ten volle?

Saturday, August 9, 2008
Dag 8: Smile 1
Dien en aabid in my paradigma het min of meer dieselfde konteks. Die HAT beskryf aanbid as volg: As God vereer word. Hierdie was toe ek die boek die eerste keer gelees het waarskynlik die grootste openbaring.
Om aanbidding nie net te sien as waneer ek besig is God te “worship”, hetsy in my stiltetyd of tydens die erediens nie maar in alles wat ek doen.
Met eens is alles wat ek doen in ’n ander konteks want of ek is besig om God te dien of anders gestel is ek besig om God te laat glimlag in wat ek doen of nie?
Die psalm digter stel dit as volg:
11maar Hy stel prys op dié wat Hom dien,
dié wat hulle hoop vestig op sy trou. Ps.147:11
Die woorde wat my tref uit die gedeelte is die laaste paar woorde, ...die wat hulle hoop vestig op sy trou, weereens moet ek bereid wees om te “let go”....
*****
31Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God
1 Kor 10:31
23Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Kol 3:25.
God moet só volkome deel word van ons lewens, dat al-les wat ons doen, tot sy verheerliking sal strek.
Die vraag of Hy verheerlik sal word deur dít wat ek wil doen, moet altyd vir my ’n riglyn wees.
Ek vra myself af hoe ek Hom deur my lewe en optrede kan verheerlik.
Wat Sal Jesus Doen?

Subscribe to:
Posts (Atom)