Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge.Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid! Amen. Romeine 11:36
Hoofgedagtes:
Soos reeds bespreek in voorafgaande gedeeltes is ons geskep om God te eer in alles wat ons doen: “elkeen wat na my Naam genoem word,elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het,wat Ek gemaak het. Jesaja 43:7
St. Iraneus se woorde; “God se heerlikheid is ’n mens wat ten volle lewe”, die vraag is seker dan, waneer lewe ek ten volle?
Die skrywer kom dan tot die volgende kern gedagtes, wat ook die kern temas vorm oor die volgende klompie weke:
Ons bring eer tot God deur hom te aanbid. – Ek laat God glimlag.
11Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.
12Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie. 13Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as ’n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil. 14Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.
Romeine 6:11-14
Ons bring eer tot God deur ander gelowiges lief te hê. – Ek is deel van God se gesin.
34Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”Johannes 13:34-35.
Hiermee volg die verduideliking soos in die Bybel in Praktyk:
13:34 Die gebod om mekaar lief te hê, was glad nie nuut nie (lees Lev 19:18), maar om ander mense so lief te hê soos wat Christus hulle het, was beslis nuut! Ons naasteliefde moet gegrond wees op Christus se liefde vir ons, en dit was só groot dat Hy die hoogste offer daarvoor gebring het. Sulke liefde sal nie net ongelowiges na Christus lei nie, maar ook dien tot versterking en vereniging van gelowiges in hierdie vyandige wêreld. Jesus was ’n lewende voorbeeld van God se liefde, net soos ons weer lewende voorbeelde van Jesus se liefde moet wees. Die “soos”-model van Jesus se liefde dien nie net as ’n voorbeeld nie maar is ook die dryfkrag wat al ons optredes moet inspireer.
13:35 ’n Onvoorwaardelike “soos”-liefde vra nie wat dit kan kry of inpalm nie maar wat dit kan gee, “soos” Jesus sy lewe gegee het. Dit is die intensiteit van ware liefde op alle terreine.
Ons bring eer tot God deur soos Christus te word.- Ek word soos Christus.
18Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is. 2 Kor 3:18.
Bostaande wil ek graag in konteks plaas met die omskrywing in Die Bybel in praktyk maar ook kyk vanaf vers 14 –18.
3:14–18 Moses en sy sluier is vir ons simbool van die ou stelsel, waar-in die mense se harte agter sluiers bedek was. Die Jode se herkoms was soos ’n sluier van trots en hoogmoed wat dit vir hulle onmoontlik gemaak het om die verwysings na Christus in die Skrif te verstaan. By elkeen wat gelowig word, moet Christus die sluier van eiewaan en hoogmoed wegneem (3:16). Die Heilige Gees bewerk vryheid vir die gelowiges voor God en die mense, soos die sluier van Moses eers verwyder moes word voor God. Die gelowiges se sluier is verwyder deur die Gees om die heerlikheid van God te kan sien.
3:17 Die Here Jesus het die lewegewende Gees geword toe Hy uit die dood opgestaan het (1 Kor 15:45). Dit beteken nie dat Jesus nou van sy liggaam ontneem is of die Heilige Gees geword het nie, maar wél dat Hy ’n nuwe bestaansvorm aangeneem het toe Hy verheerlik is. Daarom kan Hy gelyktydig in die hemel én in die harte van gelowiges leef. Dit is moeilik om dié dinge te begryp, maar elkeen wat weet dat Christus binne-in hom leef, weet en aanvaar dat Hy in hom teenwoordig is.
3:17–18 Die heerlikheid wat die Gees aan die gelowige gee, is nog beter as dít wat Moses beleef het, en duur ook langer. As gevolg van dié heerlikheid van God wat deur ons as gelowiges raakgesien word nadat die Heilige Gees die sluier gelig het, word ons al hoe meer soos Christus. Dit is ’n proses wat geleidelik plaasvind (vgl Rom 8:29; Gal 4:19; Fil 3:21; 1 Joh 3:2). Hoe meer ons van sy heerlikheid sien, hoe meer sal ons soos Hy word. Dit is die werk van die Gees.
Ons bring eer tot God deur ander met ons gawes te dien.-Ons geskape vir diens.
7Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. 8Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. 9Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla. 10As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ’n genadegawe ontvang het, die ander dien. 11As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid! Amen. 1 Petrus 4:7-11.
Verklaring soos in die Bybel in praktyk:
4:7–11 Die rede waarom Christus klaar staan om te oordeel en die implikasie daarvan. Met hierdie paragraaf wil Petrus die gelowiges daartoe motiveer om te volhard om die oordeel aan God oor te laat en nie die reg in eie hande te neem nie. Sy argument is dat die einde—wanneer die oordeel gaan plaasvind—nie ver is nie. Andersyds wil hy die gelowiges tot ’n spesifieke aksieprogram vir die tyd tot die einde aanspoor, naamlik om mekaar lief te hê, gasvry teenoor mekaar te wees, en mekaar met hulle genadegawes te dien.
Ons bring eer tot God deur ander van Hom te vertel.God stuur my.
Johannes 15:8 vorm vir my ’n verband met om God te dien met my gawes en daardeur ook visser van mense te wees:
8My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”
15Ons doen dit alles om julle ontwil, sodat die genade van God steeds meer mense kan bereik. Dan word die dankgebede ook meer, en God ontvang die eer. 2 Kor. 4:15.
Graag wil ek afsluit met die volgende gedagtes:
· Bostaande is vir my ’n integrale legkaart;
· God en Liefde is sentraal,
· omdat ons deur genade gered is, poog ons om alles te doen tot God se eer, ten spyte van ons sondige natuur,
· ons straal liefde uit omdat ons die Gees in ons het,
· ons groei as kinders in God om meer soos Christus te word, “want God se liefde is so wonderbaar”,
· ons kan nie ons gawes onder ’n maatemmer wegsteek nie, en ons gebruik dit tot eer van God,
· daardeur is ons God se lig in die wêreld tot eer van God.
Bostaande word in nederigheid geskryf met diep afhanklikheid tot God se genade, liefde en leiding.
Saturday, August 9, 2008
Wednesday, August 6, 2008
Dag 5 & 6 : Die lewe uit God se perspektief…
Indie hoofstuk kyk die skrywer deur die bybel, God se oë, na waaroor gaan die tydelike lewe nou eintlik en kom tot die slotsom dat ons lewe op aarde deur drie metafore beskryf kan word naamlik: ’n toets, “trust” en dat die opdrag laastens tydelik is.
Die lewe op aarde as ’n toets, kan ook verwys na beproewing, versoeking en loutering. Dit kom dan ook duidelik uit die gedeelte dat hierdie ervarings in ons lewens eerstens bou aan karakter en tweedens ook ons karakter toets.
So ek kan myself afvra, wat het my vandag getoets en hoe het ek gereageer? As ek so terugdink deur die dag moet ek volgende keur sekerlik op die Heilige Gees staatmaak om my te lei deur die toetse, want deur myself is ek te lig in die broek.
Hoe gebruik ek elke toets om my karakter te laat groei tot verheerliking van God?
12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet. Jakobus 1:12
Die lewe op aarde is ‘n “trust”, wat doen ek met dit wat God aan my toevertrou het my talente, gawes, bates? Die gelykenis van die munstukke is seker ’n goeie voorbeeld van wat doen ons met dit waaroor ons rentmeesterskap het. En Mat. 25:21 is dan ook ’n mooi vers om ons hieraan te herhinner:
21Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is ’n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’
Hoe sien die wêreld my elke dag? As ek die bostaande in my lewe elke dag moet uitlewe, en ek dra die “Brand” van Jesus uit in die wêreld, kan almal sien ek verteenwoordig DIE BRAND?
Die lewe is ‘n tydelike opdrag, die opdrag is egter dat ons ambassadeurs van Jesus moet wees terwyl ons hier vertoef en dat ons eersgenoemde opdragte hier moet uitvoer.
15En Hy het vir almal gesterwe sodat dié wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.
16Ons beoordeel dus van nou af niemand meer volgens menslike maatstaf nie. Al het ons Christus vroeër volgens menslike maatstaf beoordeel, nou beoordeel ons Hom nie meer so nie. 17Iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. 18Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 19Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. Die boodskap van versoening het Hy aan ons toevertrou.
20Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons ’n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het! 21Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees. 2 Kor 5:15-21
Die prys is dis die ewige lewe:
16Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. 17Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly. 18Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
2 Kor 4:18.
Die vraag is sekerlik aan myself, na watter wenstreep is ek elke oomblik van elke dag oppad?

Tuesday, August 5, 2008
Dag 4 : Gemaak om vir ewig te hou
Teks:
God het...die mens ’n besef gegee van die onbepaalde tyd. Prediker 3:11.
“En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly ewig lewe.” 1 Johannes 2:17.
Gedagtes:
“It ought to be the business of everyday to prepare for our final day.” Matthew Henry.
Sou lewe op aarde sewentig of ‘n honderd jaar wees, in verhouding tot ewigheid....
Wat is my keuse?
Ek het baie keuses op aarde.
In my nuwe lewe sal dit egter of hemel of hel wees, so wat is my keuse vandag?

Monday, August 4, 2008
Dag 3 Wat is die dryfkrag in jou lewe?
Teks:
Ek het gesien dat al die moeite wat mense doen vir sukses uit onderlinge afguns kom.
Prediker 4:4.
Hoofgedagtes:
Word jy gedryf deur?
Skuldgevoelens: Beheer ons emosies oor die verlede ons lewens. God het ons reeds vergewe as ons dit toelaat, hoekom dan ons self elke dag kruisig oor die verlede?
Wrewel en woede: Het ons ander vergewe, of is ons besig om gif te drink en te hoop ander sterwe? Wie is ons om te oordeel?
Materialisme: Is alles wat ons het nie in elkgeval God se bates wat hy aan ons toevertrou het nie? Is ons huise, wonings? Gebruik ons dit wat God aan ons toevertrou het om hom te verheerlik?
Vrees: Ek lees die anderdag dat vrees slegs kan bestaan as dit oor ons EGO gaan. Iets om oor na te dink.
Behoefte aan goedkeuring: Ek glo dat ons nie baie ver kan kom om almal te “please” nie. Tweedens moet ons leer om te kan nee sê.
Wat is die voordele van ’n doelgerigte lewe?
As jy weet wat jou doel is, het jou lewe sin: As ons weet wat die eindpunt is, al moet ons soms van ompaaie gebruik maak, in die daaglikse gejaag, bly ons op die eindpunt gefokus.
“Ek weet wat Ek vir julle beplan...voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ’n toekoms gee, ’n verwagting!”Jeremia 29:11
Jou lewe is veel eenvoudiger as jy jou doel ken:
Ons weet dan waarop om te fokus, en vir wat ons nee moet sê.
13Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. 14Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
15Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink—God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.
Filippense 3:12-15 Nuwe Vertaling
Jou lewe het ’n fokus as jy jou doel ken: “It’s better to be blind & have vision – than to be able to see & have none.”, is die bekende woorde van Hein Wagner.
Met fokus kom motivering en energie : Laat ons toe dat God ons opgebruik, dat ons ons enieke gawes uitlewe om Hom te verheerlik? Die volgende woorde is ’n pragtige beskrywing vir my:
This is the true joy in life, the being used for a purpose recognized by yourself as a mighty one; the being thoroughly worn out before you are thrown on the scrap heap; the being a force of Nature instead of a feverish selfish little clod of ailments and grievances complaining that the world will not devote itself to making you happy.
George Bernard Shaw, Man and Superman, Epistle DedicatoryIrish dramatist & socialist (1856 - 1950)
Fokus op die doel, berei ons vir ewigheid voor: Die vraag is seker noodwendig, is ons daaglikse aksies gefokus op ons aardse bestaan, of ons ewigheids bestaan? Het ons Jesus as ons saligmaker en anker aanvaar?

Sunday, August 3, 2008
Dag 2: Jy is geen ongeluk...
Teks:
So sê die Here wat jou gemaak het, Hy wat jou gevorm het in die moederskoot...
Jesaja 44:2
Hoofgedagtes:
Hoe ons lyk, ons geboorte en ons lewe op aarde, is reeds voor ons geboorte deur God bepaal. Ps 139: 15-16
God is Liefde en ons is deur sy liefde geskep. 1 Joh 4:8
God het ons geskep vir ’n doel, so ons lewe het werklike sin.
Ons moet egter God as verwysings punt gebruik. Romeine 12:3 in die engelse weergawe beskryf dit vir my pragtig: “The only accurate way to understand ourselves is by what God is and by what he does for us.” The Message.
Die volgende is die verklaring in; Die bybel in Praktyk:
Hierdie vermaning kom met nadruk kragtens die genade wat aan Paulus gegee is (vgl. dieselfde term in 6), dit wil sê op grond van sy apostelskap en alles wat dit inhou. Hy praat hier as die charismatikus by uitnemendheid, die man aan wie baie genadegawes gegee is. Sy opdrag word eers negatief (3b) en dan positief (3c) gestel. Dit gaan daarom dat God aan elke gelowige bepaalde geestelike vermoëns toebedeel het. Die uitdrukking maat van geloof dui op die grense wat kragtens hul spesifieke aard en bedoeling aan hierdie geestelike vermoëns gestel is. Die Christen moet beskeie en dankbaar binne die maat van hierdie vermoëns optree, en nie onbeskeie aansprake maak nie. Die enigsins polemiese toon wat Paulus aanslaan, wek die indruk dat daar van die Romeinse gelowiges was wat buite hierdie maat getree het. [1]
So gefokus op God en nie die self nie.
Sluit of met die gedig van Russel Kelfer wat mens opsigself met ’n paar gedagtes tot nadenke laat:
You are who you are for a reason.
You're part of an intricate plan.
You're a precious and perfect unique design,
Called God's special woman or man.
You look like you look for a reason.
Our God made no mistake.
He knit you together within the womb,
You're just what he wanted to make.
The parents you had were the ones he chose,
And no matter how you may feel,
They were custom designed with God's plan in mind,
And they bear the Master's seal.
No, that trauma you faced was not easy.
And God wept that it hurt you so;
But it was allowed to shape your heart
So that into his likeness you'd grow.
You are who you are for a reason,
You've been formed by the Master's rod.
You are who you are, beloved,
Because there is a God!

Saturday, August 2, 2008
Dag 1: Dink oor my doel na
Vers om te onthou:
Kolossense 1
16God het deur Hom alles geskep
wat in die hemel en op die aarde is:
alles wat gesien kan word
en alles wat nie gesien kan word nie,
konings, heersers,
maghebbers, gesagvoerders.
Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Die Bybel : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (electronic ed.) . Bybelgenootskap van Suid-Afrika: Cape Town, South Africa
Die verduideliking van die teks soos omskryf in, "Die bybel in praktyk";
1:16 Volgens die dwaling is die tasbare wêreld boos en daarom kon God nie die wêreld geskape het nie. Hierdie gedagte word deur Paulus verwerp en hy beklemtoon dat God deur Christus sowel die geestelike as die tasbare wêreld geskape het. Christus word hier pertinent as die preëksistente (dié Een wat vóór alles al bestaan het) Christus voorgestel wanneer Hy as die “Eerste” aangedui word. Daarmee word nie bedoel dat Christus eerste geskape is en dus eerste in die ry van die geskapenes staan nie, maar dit dui op die besondere posisie wat Hy beklee in die skepping, soos sal blyk in die volgende verse. Iets dergeliks word oor die Wysheid gesê in Spreuke 8:22. Dit gaan hier nie oor kronologiese volgorde nie, maar oor rangorde. Hierdie titel vir Christus is uitdrukking van sy prioriteit én soewereiniteit.
Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. 1997, c1993. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) . Christelike Uitgewersmaatskappy: Vereeniging
Slotsom : Dit gaan nie oor my nie?
Vraag : Hoe hou ek my lewe te alle tye op God gefokus?
Hoe hanteer ek dinge wat my fokus van God wegneem?
Hoe hanteer ek mense wat my fokus van God wegneem?
Hoe hanteer ek gedagtes wat my fokus van God wegneem?

Subscribe to:
Posts (Atom)